Dalk moet ons almal, ook ek, meer beskeie wees, meer beweegruimte aan mekaar gun en meer sóék. Dalk vínd ons dan ook!
Alles deur die skrywer Leopold Scholtz
Wat nou gemaak met die bevindinge oor Ahmed Timol se moord?
“Hou op om die struggle voor te stel as ʼn stryd tussen diegene met ʼn pikswart siel (die Timol-moordenaars) en die dapper stryders vir vryheid en demokrasie in ʼn regverdige oorlog. Daardie soort ding bestaan nie. Geweld tas álmal – die goeies én die slegtes – aan.”
Katalonië: Wipplank van emosie en rede
Die afgelope tyd was die Spaanse provinsie Katalonië en sy regering sterk in die nuus met die plan om die streek eensydig te laat afskei. Wat is die samespel van emosie en rede hier, en hoe is dit van belang vir Suid-Afrika en die Afrikaners?
Strewe na selfbeskikking nie verkeerd, maar…
In beginsel is daar met ’n dergelike strewe na selfbeskikking niks verkeerd nie, mits aan sekere vereistes voldoen word.
Suid-Afrika word geregeer deur ’n intens korrupte man
Die laaste paar jaar kan ’n mens ’n interessante ontwikkeling in die openbare politieke debat rondom die ANC – en meer bepaald pres. Jacob Zuma – sien.
Morake-debat: Daar is meer as één waarheid
’n Tipies Suid-Afrikaanse debat het die afgelope tyd in die media gewoed na aanleiding van ’n uitlating van die omroeper Tumi Morake in ’n radioprogram. As ’n mens dit behoorlik ontleed, sê dit nogal iets oor waar ons tans in Suid-Afrika staan.
Geskiedenis: Feite of geïnterpreteerde feite?
Dat Jan van Riebeeck op 6 April 1652 voet aan wal in Tafelbaai gesit het, is ʼn feit soos ʼn koei. Dat Suid-Afrika se probleme toe begin het, is die vertólking wat pres. Jacob Zuma daaraan heg. Die twee is nie dieselfde nie, en as ons die geskiedenis behoorlik wil verstaan, sal ons daardie onderskeid moet begryp.
Hoe voorspel mens Noord-Korea se spel met vuur?
In Oos-Asië pak donker oorlogswolke saam namate Noord-Korea toenemend sy middelvinger vir die internasionale gemeenskap wys. Dis van daardie diktatuur dat die lewe van miljoene mense in Asië – en dalk ook in die VSA – afhang.
Swartsmeerdery met ’n slegte smaak in die mond
In ons land is die regerende ANC in ’n klipharde magstryd gewikkel oor wie pres. Jacob Zuma in Desember as partyleier moet opvolg. Dié naweek het dit egter geblyk tot welke dieptes die bakleiery kan daal met die doelbewuste uitlek van e-posse waaruit ’n … sal ons maar sê … bedenklike lewenstyl by Ramaphosa oopgevlek is.
Moslems hou geen eksistensiële gevaar in vir Europa
Die beste manier om ’n minderheid aan die land te bind, is om diep asem te haal en te ontspan. Laat die minderheid toe om homself te wees.
Linkse en regse ekstremiste: Ooreenkomste spreek boekdele
Die probleem hier by ons in Suid-Afrika is dat die oorheersende deel van die regerende party nog nooit werklik gematig of demokraties was nie.
Zuma: Nkandla, Dubai of Pollsmoor?
Wat presies is die implikasies van die uitslag van die stemmery in die parlement oor die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma?
Help só saam besluit oor die toekoms van ons Grondwet
“Wat is ’n grondwet? Baie antwoorde is moontlik, maar as jy dit tot sy diepste kern reduseer, is dit eenvoudig die basiese waardes en reëls waarop ’n gemeenskap sy kollektiewe organisasie baseer. ’n Sosiale kontrak, as jy dit só wil noem.”
Gaan Mbete haar ware kleure wys?
“Alles hang nou van één persoon af. Gaan sy die moed hê om vir die eerste keer in haar lewe ’n bietjie moed aan die dag te lê?”
Is daar nog beskaafdheid in ʼn internet-era?
As ’n mens iets oor die peil van die hedendaagse openbare gesprek in die internet-era wil sê, moet jy met verskeie inleidende opmerkings begin, skryf Leopold Scholtz.
Zuma-vleuel in die ANC toets water met uitsprake
Die ANC staan die gevaar om die pad te stap wat álle populistiese bewegings wêreldwyd loop, altans dié wat ’n bewind oorgeneem het. Leopold Scholtz kyk vlugtig na ’n paar, want dit kan Suid-Afrika se eie situasie verhelder.
Grondwet ís ʼn wapen teen bedreiging van demokrasie
Met die ANC se beleidskonferensie agter die rug is dit ’n goeie oomblik om te besin oor waar die Suid-Afrikaanse demokrasie tans staan.
Helmut Kohl, ‘kanselier van die eenheid’
Kohl se lewe hou ’n boodskap in vir die wêreld – en vir ons in Suid-Afrika: Dink inklusief.
Dis US en ander politiek korrektes wat Afrikaans ‘laat doodgaan’
Waarom sou diskriminasie teen nie-Afrikaanssprekendes dan verkeerd wees, maar diskriminasie teen Afrikaanssprekendes in orde? Om dit maar reguit te stel: Dit getuig van skynheiligheid.
Zille-twiet: Politieke diskoers ly daaronder
Die waarheid is dus, soos altyd, genuanseerd, veelkleurig en met oneindig veel fasette. Dis in elk geval baie ingewikkelder as wat die ANC/EFF (en Van der Westhuizen, Maimane of selfs Zille) ons wil voorhou.