Dit is verblydend dat poësie ’n definitiewe terugkeer gemaak het. Dit is ook weer die inding om vir iemand ’n digbundel as geskenk te gee.
Alles deur die skrywer Louise Viljoen
Boekresensie: Ontdek-reeks
Die titels is ideaal vir skooltake en om tuis meer oor die onderwerpe te leer. Leernotas motiveer die kind om onafhanklik te lees, brei hulle woordeskat uit en prikkel hulle om nuuskierig te wees oor die wêreld waarin hulle leef.
Boekresensie: Dink nuut leef nuut
Dr. Arnold Mol verduidelik ingewikkelde menslike gedrag op maklik-verstaanbare maniere en bied ook praktiese oplossings aan.
Boekresensie: Na verre hawens
Hennie van Deventer, ’n gesoute wêreldreisiger, se “Na verre hawens” is een van daardie boeke wat jy lees as jy noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie moet ry.
Boekresensie: Duinhuis
Ek geniet dit vreeslik baie om deur kookboeke te blaai – nie net vir die smullekker resepte en aptytwekkende foto’s nie, maar beslis vir die heerlike kuier wat tussen die bladsye vasgevang word …
Boekresensie: Identiteit: Wie God sê jy is
Die boek, geïnspireer deur die fliek “Overcomer”, is daarop gemik om die leser te lei om sy of haar identiteit in God te ontdek.
Boekresensie: Geure
Die lekkerte van die boek, behalwe die mooi foto’s, besondere kunswerke en die verruklike resepte, lê vir my in Lientjie se persoonlike mymeringe wat sy deel.
Boekresensie: ’n Ster in haar sak en ander kortverhale
Indien jy belangstel in die verhaalkuns en dalk self jou hand aan skryfwerk waag, sal jy ook baie waarde uit hierdie bundel put.
Boekresensie: Jou natuurgids
Skaf gerus hierdie boek met groot vrymoedigheid aan indien jy ’n natuurliefhebber is, hetsy amateur of ervare, en graag meer wil leer oor die diere en plante van Suider-Afrika.
Boekresensie: Die Claude-reeks
Ek het baie lekker aan hierdie boeke gelees en verstaan waarom dit so gewild is. Dis voorwaar vet pret!
Boekresensie: Dit proe soos huis
ʼn Kookboek tjokkenblok vol nostalgiese koesterkos en pragfoto’s met Herman Lensing se herinneringe aan sy ma.
Boekresensie: Iemand wat verdrink en ander verhale
Tieners wat van lees hou maar nie altyd genoegsame tyd op hande het om gedurende skoolkwartale dik boeke te verslind nie, sal baie opgewonde wees oor dié boek. Die verhale is kort genoeg dat mens dit saans voor slaaptyd kan kafdraf.
Boekresensie: Leef jou emmerskop-lys nóú
’n Emmerskop-lys moet eintlik ’n lééf-lys wees. Die lewe is ’n geskenk wat elke dag ten volle geniet en gebruik moet word.
Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.
Boekresensie: Grilgrypers-reeks
Kinders hou van bangmaakstories, maar natuurlik binne perke. DeWet Hugo se Grilgrypers-reeks behou ’n fyn balans deurdat dit kinders laat ril en gril met die wete heeltyd in die agterkop dat dit net ’n storie is.
Boekresensie: Huis van gruwels
Die boek lees soos ’n riller wat jou wind uitslaan. Mens sukkel om te glo dat dit ’n ware verhaal is en nie grieselrige fiksie nie.
Boekresensie: 101 Nagmerries
Ek gaan eerder nie sê of ék dapper genoeg was om die boek van voor tot agter deur te lees nie. Selfs Imile Wepener, die illustreerder, se illustrasies het die bloed laat stol in my are …
Boekresensie: Leierskap 101
Nadat ek dié inspirerende boek, wat ’n onapologetiese geestelike strekking het, neergesit het, het ek my verstout deur te wens dat elke persoon in ons land wat ’n leierskapposisie beklee (verál ons parlementslede!) gedwing kon word om ’n kopie daarvan te lees.
Poenankies: Bekendes se kinderstories
“Poenankies” bied heerlike leesstof en kan as ’n versamelaarsitem beskou word.
Boekresensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
In hierdie aangrypende én skokkende verhaal open Christine Barkhuizen-Le Roux haar lesers se oë onder meer vir hoe slinks ’n pedofiel sy slagoffers manipuleer sodat van hulle selfs dekades ná die misbruik soms nog sukkel om die “goeie” oom wat hulle onskuld gesteel het te sien vir wie en wat hy werklik is – ’n monster wat op kinders teer.