Kinders maak in hierdie opwindende gids kennis met 36 van Suider-Afrika se interessantste en mees algemene slange.
Alles deur die skrywer Louise Viljoen
Boekresensie: Ware spookverhale van Suid-Afrika
Lees “Ware spookverhale van Suid-Afrika” liefs gedurende die dag, verál as jou verbeelding maklik op loop gaan en die geringste geritsel of skaduwee jou hartkloppings gee …
Boekresensie: Klein kook en geniet
Jy kan jou maar reghou vir baie ure se pret in die kombuis wanneer jy Klein kook en geniet sou inspan om jouself of jou kinders te leer oor kosmaak en bak. Dié kookboek staan nie ’n tree terug vir meer gevorderde resepteboeke net omdat dit gemik is op die onervare kok nie.
Boekresensie: Kook en geniet (Volledig hersien)
Talle Suid-Afrikaners het ’n emosionele verbintenis met “Kook en geniet” omdat dit al geslagte lank deel van ons ryk koskultuur en -erfenis is.
Leesstof vir die winter
Daar het die afgelope tyd wonderlike leesboeke in Afrikaans by verskeie uitgewers verskyn.
Boekresensie: Floreer
Die inhoud is inspirerend en wys daarop dat dit wel moontlik is om bo terugslae uit te styg en te leer hoe om teenspoed makliker te oorkom.
Boekresensie: Verhale van hoop
Pieter van Zyl het by onder andere psigiaters en sielkundiges gaan kers opsteek oor wat mense te doen staan wanneer hulle met psigiese siektes te doen kry – hulle eie of dié van hul geliefdes.
Boekresensie: Pippie Langkous-omnibus
Danksy die bekroonde kinderboekskrywer Jaco Jacobs sprankel die teks nou in ’n hupse Afrikaans waarmee hedendaagse kinders kan identifiseer.
Boekresensie: Nêrens veilig – Twee eeue van Suid-Afrikaanse rampe
Weetgierige lesers wat ’n lewendige belangstelling het in die effens meer makabere sy van ons Suid-Afrikaanse geskiedenis, sal in dié boek baie interessante leesstof vind.
Boekresensie: Hekel en word heel 2
Die aangrypende stories – wat wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte en dood tot mishandeling – vertel hoe hekel 21 mense gehelp het om deur moeilike omstandighede staande te bly.
Boekresensie: Hoe groot is ons God
Net mooi 100 dagstukkies vertel van God se handewerk, van reusagtig groot tot mikroskopies klein. Dit sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, plante en klimate, die menslike liggaam, emosies en verbeelding, diere en nog vele meer.
Boekresensie: Die Familiebybel
Hierdie Bybel dra jy gerieflik met jou saam. Só kan jy en jou gesin altyd toegang hê tot die Woord en kan julle jul enige tyd en plek daarin verdiep.
Fantasieboeke vir die jongklomp
Fantasie is nog ’n grootliks onontginde genre in Suid-Afrika, maar te oordeel aan internasionale verkope wag daar ’n mark wat beslis die potensiaal het om te groei.
Boekresensie: Gangster
Die boek gaan oor méér as net misdadigers en slagoffers. Dit gaan ook oor diegene wat hulle lewens omdraai en die gemeenskap begin dien. Dit gaan oor helde wat opstaan en ’n verskil probeer maak.
Boekresensie: Jy kan die wêreld verander
Ek is baie beïndruk met hierdie broodnodige en baie welkome toevoeging tot literatuur wat kinders opvoed om omgewingsbewus te wees en die aarde te beskerm.
Boekresensie: Ai, Abraham
“Een lag, selfs net ’n glimlag, is beter as al my medisyne.”
Boekresensie: Die kind se naam is Anneke
“Vandag weet ek: toe ek tot op die uiterste uitgedaag is deur my kind, het ek die liefde op sy sterkste gevoel.”
Boekresensie: Armand kook kaal volume 2
Al suggereer die titel en die voorbladfoto stuitig dat Aucamp nakend kook, beteken dit eintlik dat hy verkies om met vars, onverwerkte en onverfynde bestanddele sy ding in die kombuis te doen.
Boekresensie: Leef voluit en vreesloos
Leef voluit en vreesloos aan vir elke vrou wat ’n hupstoot nodig het wat haar selfvertroue betref.
Boekresensie: Evie Erdvark en haar natuurvriende
Die boodskap van elke storie is dat “elke dierspesie, van ’n aasvoël tot ’n krokodil, jou hulp nodig het om in die toekoms nog te bestaan”. Die boek het ’n waardevolle les en hoort op elke kind se boekrak.