Nou dat ek ʼn ma is, besef ek al meer hoe waar die sêding is: “Daar is niemand wat so ʼn goeie ouer is soos die persoon wat nog nie ʼn ouer is nie”.
Alles deur die skrywer Marianne Styan
Toe uiteet nog ʼn ontspanne ervaring was
Ek onthou toe uiteet nog ʼn rustige, ontspanne ervaring was. Iemand anders het vir jou gekook, jou bedien en skoongemaak, Jy kon agteroor sit en ontspan. Nie meer nie…
Hoekom reis ons?
Ek wonder dikwels: waarom reis daar deesdae so baie mense? Nie baie lank gelede nie, was dit ʼn luukse. Vandag is dit amper ʼn gegewe dat almal reis. Wat is die dryf agter almal se soeke na iets êrens anders?
Om in die oomblik ma te wees
Ek dink die moeilikste ding wat mens kan doen is om in die oomblik te lewe. Deesdae lees mens gereeld van ʼn nuwe manier van lewe: om bewustelik te lewe; in die oomblik te lewe.
Wanneer die grond meegee…
Vandat ek ma geword het, ervaar ek enige geweld teen of hartseer ten opsigte van kinders baie meer intens. Dis asof ʼn hand my hart vasdruk…
Ma-kansies is nodig om ʼn beter ma te wees
Die belangrikste besef was dat ek eie-tyd broodnodig het. Ek kan nie ʼn goeie ma wees as ek nooit tyd vir myself het nie. Dit gaan oor die wegkom, waar ek weer net myself kan wees en my eie siel voed. Anders kan ek nie drie ander mense se siele help voed nie… Ek moet eie-tyd skép.
Alles-ingesluit-vakansies is sommer baie maklik
Dis maklik om jouself êrens op die stand te gaan tuismaak onder ʼn grasdaksambreel met ʼn goeie boek en ʼn mengeldrankie (wat gratis ingesluit is) en heeldag in die warm son te lê en bak. Dis maklik om jouself te gaan afkoel in die koel Indiese oseaan…
Waardeer elke oomblik
Waardeer dus elke oomblik hierdie jaar. Luister. Proe dit. Voel dit in jou lyf. Beleef dit. Mens weet nooit hoeveel daar nog gaan wees, en hoe, sonder dat jy dit besef, jy dit gaan mis wat reeds verby is nie.
Wat ouerskap my geleer het oor God se hart
Dis egter vandat ek kinders het dat die werklikheid van wat Hy regtig vir ons kom doen het, my baie meer waarde aan hierdie tyd laat heg. Miskien is dit omdat ek nou eers werklik begin besef hoe sy Vaderhart werk.
Haal die stres uit oorsese gesinsvakansies
As jy dan al ʼn ruk lank ʼn geldjie weggesit het en jou voete begin jeuk vir avontuur, is dit lekker om te loer na oorsese opsies wat dalk nie elke jaar moontlik is nie. Dis weer daardie tyd van die jaar wat mens amper kan sê jy het ʼn lisensie om te begin droom oor sulke vakansies.
Agter elke goeie ma…
Hierdie maand wil ek dankie sê vir elke man wat werklik ʼn “pa” geword het. Al sê ons as ma’s dit nie altyd nie, beteken dit nie ons sien nie julle pogings raak nie… Ons het dalk net nie altyd tyd in ons dol dag om dit te kan sê nie.
Van die eerste oomblik tot vol oomblikke
Die eerste oomblik toe ek ons eerste seuntjie gesien het, was dit nie soos almal gesê het dit gaan wees nie… baie mense sê jy is onmiddellik verlief. Gaan enige iemand my oordeel as ek sê dit was nie die geval met my nie?
Die trane wat ʼn ma net agter ʼn toe deur kan huil
Die dag as jy ʼn ma word, ontvang jy ook hartchirurgie. Soos wat die babatjie in hierdie lewe inkom, of dit nou natuurlik of met keiser is, gaan jou hart saam met hom/haar, skryf Marianne Styan.
Selfoonverslawing en ek
My naam is Marianne en ek is verslaaf aan my selfoon… Hierdie is ongelukkig ʼn waarheid waarmee ons almal moet saamleef, maar niemand van ons wil dit erken nie.
Agter die donker gordyn van voor-en nageboortedepressie
Daar is baie vroue wat óf nie weet dat hulle voor- of nageboortedepressie het nie óf te skaam voel om dit te erken, en dis vir hulle wat ek hierdie artikel wil skryf, sê Marianne Styan.
ʼn Brief aan ma’s: Hou op skuldig voel
Saam met die geboorte van jou kind is daar iets anders wat ook gebore word … die skuldgevoel-feetjie.
Die koste om ʼn baba groot te maak
Net so ongelooflik oulik en opvreetbaar pienkvoete kan wees, net so vreet die onkostes om hulle groot te maak ongelukkig aan jou sak.
Hoe om met kinders te reis
Hier is ʼn paar wenke hoe jy die vreugde in reis kan behou, selfs met kinders.
Al wat mens kan doen is lag
As ek nou terugdink aan sekere tye sedert my twee kinders hulleself stewig in ons lewens kom inwikkel het, lag ek stilletjies in my mou vir van die amper onbeskryflike dinge wat ons al moes doen …
Die dag toe ons meer word
Niks en niemand kan jou voorberei vir die dag as jou gesin uitbrei nie. Daar is baie dinge wat mens daardie dag besef en wat verander …