Die drie verdagtes wat aangekla word van die moord op ʼn vrou wie se lyk Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers in haar huis in Limpopo gevind is, het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Jhb-peuter veg om lewe na honde-aanval
ʼn Dogtertjie van 17 maande van Alberton veg om haar lewe nadat haar gesig en kopvel Woensdag deur ʼn hond verskeur is.
Reuse Pta-grondeis gestuit
ʼn Reuse grondeis wat groot dele van Pretoria-Oos, Derdepoort en Cullinan ingesluit het en potensieel duisende mense se eiendomsreg op die spel sou plaas, is in sy spore gestuit.
Swanger Bloem-ma se raaiseldood: ‘Daar lê ʼn lang pad voor’
“Dit is Kerstyd, ʼn tyd wanneer ons altyd almal as familie bymekaar is. In hulle huis staan die geskenke nog wat Adéle al klaar gekoop het, maar nooit toegedraai het nie. Ons weet daar is nog ʼn baie lang pad wat voorlê.”
Verskuilde agenda agter Nene-besluit, sê opposisiepartye
“Zuma het dit baie duidelik gemaak: As jy in my pad staan as minister van finansies en probeer om fiskale omsigtigheid in te stel, sal jy herontplooi en eenkant toe geskuif word.”
Taxi stort by brug af op N3 neer
ʼn Gru-ongeluk Woensdagaand in Durban is deur paramedici as “totale chaos” beskryf nadat ʼn taxi by ʼn brug afgestort en op die N3-snelweg te lande gekom het.
Vermiste pa se lyk in hotel gevind
ʼn Soektog na ʼn vermiste pa van Durban het tragies geëindig toe sy liggaam in ʼn hotelkamer in South Beach gevind is.
Vermiste ‘rower’ in krokodil se maag gevind
Die soektog na ʼn vermeende rower in die VSA het op ʼn verbysterende wyse tot ʼn einde gekom toe sy oorskot in die maag van ʼn krokodil gevind is.
Man doodgeskiet, ma verkrag tydens rooftog
ʼn Man is doodgeskiet en sy bejaarde ma verkrag tydens ʼn rooftog Maandag in Malvern in Johannesburg.
Man gevonnis vir Bfn-tiener se gru-moord
Die man wat die 15-jarige Noeline Koekemoer op 7 April in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor het, is Dinsdag in die plaaslike hooggeregshof gevonnis.
Kleuter van verdrinking gered
ʼn Vyfjarige kleuter is in ʼn ernstige toestand in ʼn Kaapstadse hospitaal nadat hy Dinsdagaand amper in ʼn openbare swembad verdrink het.
Familie in rou ná jong Limpopo-boer se skokdood
ʼn Jong boer van Polokwane is Sondag ten aanskoue van sy vrou en twee kinders op ʼn plaas net buite die dorp doodgeskok.
Boksburg-tiener in plek van veiligheid ná weeklange soektog
Anchené van den Berg (17), die meisie van Boksburg wat Sondag gevind is nadat sy byna ʼn week lank vermis was, is tans in ʼn plek van veiligheid, het haar pa gesê.
Tweelingboeties sterf saam
Die polisie is op soek na ʼn motoris wat 14-jarige tweelingbroers van die Vrystaat Maandagoggend op die N1 doodgery het.
Twee dood, 16 beseer in Wes-Kaapse botsing
Twee mense is Dinsdagoggend dood en 16 beseer in ʼn gru-botsing op die R44 naby Wellington in die Wes-Kaap.
Man vas vir Limpopo-dosent se moord
ʼn 29-jarige verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem vir die moord op ʼn landboudosent van die Universiteit van Limpopo.
Limpopo-dosent se liggaam op kampus aangetref
Die polisie ondersoek die raaiselagtige moord van ’n universiteitsdosent van Limpopo nadat sy liggaam Maandagoggend voor sy huis in sy rolstoel aangetref is.
Vrou se lyk onder matras in Limpopo-plaashuis gevind
Die liggaam van ʼn Limpopo-vrou is Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers van haar huis op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied naby Tzaneen gevind.
Limpopo-plaasmoord: Boervrou se liggaam gevind
Die liggaam van Una Lötter (64) is Maandagoggend gevind nadat sy sedert Sondagaand vermis was toe sy en haar man op hul plaas naby Modimolle aangeval en vermoor is.
Man aangekla ná kameel se dood
ʼn Inwoner van ʼn kleinhoewe buite Bloemfontein het verlede week op ʼn hartseer gesig afgekom nadat hy een aand ʼn dier in die omgewing se harde hulpkrete gehoor en gaan ondersoek instel het.