Die private ondersoeker wat deur Gavin Watson se familie aangestel is om die oorsaak van die grusame ongeluk te ondersoek waarin hy gister gesterf het, sê daar is baie moontlikhede wat oorweeg en ondersoek moet word.
Alles deur die skrywer Mariné Lourens
Vername SA joernalis sterf
eNCA het Dinsdag bevestig Ben Said, die kanaal se nuusdirekteur, het Maandagmiddag gesterf terwyl hy saam met sy gesin met vakansie was.
Lesufi sluit 20 onwettige skole
Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê die departement het reeds begin met ʼn oudit om te bepaal by watter naburige skole al dié leerders plek kan kry.
Tiener dood in plafon gevind
“Paramedici het in die plafon ingeklim en die beweginglose liggaam van die seun in die plafon aangetref.”
Luister: Johny Klein – Storievertel se hartklop by Aardklop
Volgens Johny Klein het hy hom nog nooit self as ʼn gebore storieverteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die stories byna organies uit sy mond en kan jy nie anders nie as om aan sy lippe te hang en weggevoer te word na ʼn wêreld waar dié stories jou realiteit raak.
Beloning uitgeloof ná moord op 73-jarige vrou
Volgens die polisie lyk dit asof Trudie Grebe met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan is. Sy het ook verskeie steekwonde aan haar kop, nek en hande opgedoen.
Lief vir eet? Só kan jy ook reg eet!
Banting, paleo, keto, laevet, lae GI … Dit is deesdae regtig moeilik om te weet wat ons kan en nie kan eet nie! Om terug te keer na basiese beginsels is dalk net die antwoord. Dié riglyne kan help.
Omstrede Bosasa-hoof dood in motorongeluk
Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, is in ʼn motorongeluk dood.
Soektog duur voort ná seun in see verdwyn
Volgens ooggetuies het die seun Saterdag omstreeks 14:36 saam met maats in die see geswem toe hy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het.
Geliefde broers sterf saam: ‘Hulle was manne van God’
“Die gentlemans van Zeerust. Hulle was nie vooraanstaande mense nie, net gewone manne. Manne wat die Here gedien het.”
Video: Lokprent van Racheltjie de Beer-rolprent bekendgestel
Maroela Media bied jou die geleentheid om saam met ons die première van die langverwagte “Racheltjie de Beer” te kom kyk. Dit gaan ʼn aand op die rooi tapyt wees wat jy nooit sal vergeet nie. Kyk die amptelike lokprent van “Die verhaal van Racheltjie de Beer” hier.
Basaar word gemeenskap se reddingsboei in knellende droogte
Toe Trudie Vermeulen vier jaar gelede na Sutherland verhuis het, kon sy nooit gedroom het hoeveel die droogte haar sou leer van uitreik en omgee nie – al byt die droogte hard aan haar eie lewe.
Ontvoerde man ernstig beseer gevind
“Die polisie se ondersoek het hulle tot by die Mahlabathini-reservaat in Ndwedwe gelei waar die slagoffer met ernstige beserings aangetref is.”
Seun steek glo man dood wat sy ma aanrand
“Hoewel hierdie jong seun aanspreeklik gehou moet word vir wat hy gedoen het, is hy ook ʼn slagoffer aangesien hy moes sien hoe sy ma ʼn slagoffer van geweld word.”
Foto’s: Aangrypende foto’s van kankervegter wyd gedeel
“Sterk vroue word nie bloot gebore nie. Hulle word gemaak deur die storms waardeur hulle moet gaan.”
Video: Robbie Wessels en die rugbylegendes in nuwe musiekvideo
In die musiekvideo sing Robbie vir die Bokke wat volgende maand in Japan in die Wêreldbeker-rugbytoernooi gaan meeding, en hy klop aan by ʼn paar rugbylegendes vir hul raad aan die Bokke.
‘Verlamde’ rugbyspeler wil nou teruggee
“Dokters sê nog steeds dieselfde as vier jaar terug; hy moes glad nie kan loop nie. Waar hy nou is, is net ʼn ongelooflike wonderwerk.”
Luister: Bok van Blerk – ‘As ek Afrikaans sing, gaan mense my hoor’
“Ek dink nie jy moet jou vasstaar teen die verlies wanneer jy iets verloor nie. Dit is dalk die begin van iets nuuts, iets groters.”
Gautengse boere gewaarsku oor varkpes-uitbreking
Honderde varke is reeds van kant gemaak.
Luister: ‘Ander Mens’ propvol aksie met donker humor
“Ander Mens het regtig ongelooflike spesiale effekte. Dit het ʼn klankbaan wat jy nodig het om in daardie kwaliteit klank te hoor. Hierdie is die tipe fliek wat regtig op die grootskerm gekyk moet word.”