In ʼn afsonderlike voorval is die bestuurder van ʼn BMW X5 Vrydagmiddag op die N4 naby Schoemanskloof in hegtenis geneem nadat hy die spoedgrens met 90 km/h oorskry het.
Alles deur die skrywer Mariska Nanni
‘Geen student sterf’ tydens NWU-betoging
Volgens die universiteit is twee studente glo deur ʼn motor raakgery en vir mediese evaluering gestuur. Niemand is egter dood of ernstig beseer nie.
TikTokker hét geteister; moet video’s verwyder
Njabulo Madlanga het verlede jaar beweer dat Reece Lopes (20), Milan Kruijer (20) en Jude Fraser-Grant (21) “aapgeluide” gemaak het in ʼn ry by die Gold Reef City-pretpark.
President skors Dipuo Peters
Die besluit volg op ’n sanksie teen Peters wat deur die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en ledebelange aanvaar is.
Marokane begin amptelik by Eskom
Eskom se raad verwag minstens twee belangrike goed van Dan Marokane en sy bestuurspan, waarvan een die beëindiging van beurtkrag is.
‘Red SA, stem DA’
DA-leier John Steenhuisen sê vanjaar se verkiesing bied ’n laaste kans om die land uit die ANC se wurggreep te red, en ’n algehele ineenstorting van die land te voorkom.
507 dae later, steeds geen geregtigheid vir vermoorde Bokgabo (4)
“Meer as 80 moorde word elke dag in Suid-Afrika aangeteken, maar weens ʼn DNS-agterstand word slegs 14,5% daarvan opgelos.”
Kaapstad help soek na vermiste Joslin
Saldanhabaai se burgemeester het by die Stad Kaapstad om hulp en hulpbronne gepleit nadat die polisie sy soektog na die sesjarige dogtertjie afgeskaal het.
SA landbou-uitvoere behaal nuwe rekord
Sitrus, mielies, appels en pere, neute, wyn, sojabone, suiker, wol, druiwe, bessies, avokado’s en vrugtesap het die uitvoerlys verreweg oorheers, ondanks talle logistieke uitdagings wat die landboubedryf bly teister.
Canal+ moet Multichoice ʼn oorname-aanbod maak
Suid-Afrika se Oornamereguleringspaneel het beslis dat die Franse uitsaaireus Canal+ verplig is om onmiddellik ʼn aanbod te maak om ander MultiChoice-aandeelhouers uit te koop.
Soektog na vermiste Joslin afgeskaal
Die polisie sê hul ondersoek duur egter voort, en dat mense hulle daarvan moet weerhou om fopnuus en gerugte oor die soektog en saak te versprei.
Sobey is ActionSA se premierskandidaat vir WK
“Ons mense ly. Dis ʼn werklikheid wat nie deur enige betaalde openbare-betrekkinge-veldtog verbloem kan word nie,” het Angela Sobey Dinsdag in haar tuisdorp, Manenberg, gesê.
Bekende branderryer sterf by Port Alfred
David Macgregor, ʼn oudjoernalis en branderplankryer van die Oos-Kaap, het vermoedelik ʼn mediese noodgeval in die water beleef.
SA beesvleis nou op winkelrakke in Saoedi-Arabië
Die Beefmaster-groep sê ʼn verhoging in beesvleisuitvoere sal baie voordelig vir die landboubedryf in Suid-Afrika wees.
Malema-toespraak ‘opdrag om te moor’ – deskundige
Volgens ʼn forensiese taalkundige sou EFF-lede Julius Malema se toespraak op 16 Oktober 2022 – waarin hy lede glo opgesweep het om Danté van Wyk leed aan te doen – letterlik opgeneem het.
Begroting steun groei, ontwikkelingsdoelwitte – Ramaphosa
Volgens Ramaphosa sal die 2024-begroting ekonomiese groei op minstens drie maniere ondersteun: die vermindering van staatskuld, die beskerming van maatskaplike toelae en noodsaaklike dienste, asook maatreëls om groei te bevorder en werk te skep.
Oud-onderburgemeester gevonnis oor seksuele aanranding
Dit is die tweede keer dat Mlandeli Nyuka aan seksuele aanranding skuldig bevind is.
Gelykheidshof moet sê oor doodsdreigemente ná Brackenfell-debakel
Julius Malema, EFF-leier, word daarvan beskuldig dat hy aanleiding tot die duisende doodsdreigemente gegee het wat Danté van Wyk en sy gesin glo ontvang het.
Beloning uitgeloof in soektog na Joslin Smith (6)
André Truter, Saldanhabaai se burgemeester, sê dis verblydend om te sien hoe die hele land saamtrek om na die dogtertjie te help soek.
Jong sierskaatser droom van Olimpiese Spele, Disney on Ice
Philip Malan is een van agt Suid-Afrikaanse kinders wat gekeur is om ʼn gesogte sierskaatsoefenkamp in Italië by te woon.