’n Broer en suster van Centurion het met nie minder nie as vyf medaljes by die Afrika Skermkampioenskap vir kadette en juniors weggestap.
Alles deur die skrywer Marnus Kok
Maties verniel die UJ, Tuks knip die Pukke se lyn
Die Varsitybeker-reeks se laaste rondomtalie-wedstryde het nie net die einde van die Pukke beteken nie, Tuks en die Maties het albei ondubbelsinnig gewys dat hulle oë op die Varsitybeker-kroon gerig is.
Jonges na Bokoefenkamp; maar wat is die plan met Reinach?
Ruan Ackermann, flank van die Lions en Curwin Bosch, losskakel van die Sharks, is vir hulle blink spel in die Superreeks beloon en na die tweede Springbokoefenkamp genooi, terwyl die wenkbroue sal lig oor die uitnodiging aan Cobus Reinach.
Dis maak of breek vir spanne, spelers in laaste ronde
Maandag se laaste ronde groepwedstryde is die Pukke se laaste kans om die halfeindronde te haal, ook die ‘eindstryd’ om die houtlepel en vir spelers wat die Varsitybeker-droomspan wil haal om die oog te vang.
Lions en Stormers dis albei lustelose vertonings op
So gevaarlik soos die Lions Saterdag in die eerste helfte van hulle wedstryd teen die Kings in Port Elizabeth gelyk het, net so versukkeld het hulle in die tweede helfte voorgekom.
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
‘Eise van sewesrugby hoër as in 15-man’
Sewesrugby vat jou psigies na ’n ander vlak toe. Jy is nooit weer dieselfde nie, want jy weet daarmee waartoe jou liggaam in staat is.
Varsitybeker: dit raak ’n naelbyt-affêre
Die Maties, Tuks en die UJ is verseker van plekke in die halfeindronde van die Varsitybeker-reeks, maar die Shimlas en die Pukke staan albei nog ’n kans om die uitspeelronde te haal.
Buurstryd die keur in die pylvak na uitspeelplekke
Twee Johannesburgse universiteite, albei met ’n oog op die die uitspeelronde, is die keur van Maandag se wedstryde, terwyl ’n Bloemfonteinse universiteit moet wen om hulle kanse lewendig te hou.
Bothma lank gestraf; nou vir Quade Cooper …
Die Bulls se vuurvreterflank, Renaldo Bothma, wat Vrydagaand teen die Sunwolves vir ’n hoogvat van die veld gejaag is, is swaar gestraf.
Lions en Cheetahs moet begin spiere bult; Sharks het te veel skietgoed
Die Lions en die Cheetahs sal albei moet uithaal as hulle Saterdag oorwinnings wil behaal, terwyl die Sharks, ondanks ’n ietwat omstrede spankeuse, te sterk vir hulle buurman, die Kings, behoort te wees.
Crusaders ontsnap (weer) teen die einde
Om ’n oorwinning te beklink nadat jou doppie waarskynlik reeds geklink was, gebeur in rugby. Om dit twee wedstryde na mekaar reg te kry, is baie raar en die gevoel sal wees dat jy jou dosis geluk opgebruik het.
Rugby kry ’n ‘globale kalender’
’n Nuwe “globale kalender”, wat onder meer ’n korter seisoen vir spelers verseker, is Donderdag deur Wêreldrugby bekend gemaak.
Bulls moet hulle Vrydagaand regruk na twee keer se gesukkel
Nie ’n enkele oorwinning na twee wedstryde in vanjaar se Superreeks nie is beslis nie die soort getuigskrif waarop die Bulls sal trots wees nie.
Beserings kan Cheetahs teen Sánchez-lose Jaguares kos
’n Cheetahs-groep van 25 spelers het Dinsdag sonder ’n hele aantal beseerde spelers na Buenos Aires vertrek waar hulle Saterdagaand (21:40 SA tyd) teen die Jaguares te staan kom.
Kan Allister ’n uitsondering vir beseerde Marcell Coetzee maak?
Die kans dat die voormalige Sharks-flank, Marcell Coetzee wat vir Ulster in Ierland speel, weer vir die Springbokke sal uitdraf, is na ’n ernstige kniebesering in die gedrang.
Bulls verander agt vir Sunwolves
Agt veranderinge aan die beginspan. Hoeveel daarvan werklik rotering van die spelers is, is onseker, maar dít is wat die Bulls se afrigtingspan hoop die Pretorianers op die wenpad sal plaas
Varsitybeker: Tuks, UJ en Wits marsjeer voort
Shimlas het die tweede opeenvolgende week ’n groot loesing op die lyf geloop, Wits het nog ’n oorwinning behaal, die UJ het skitterrugby opgedis en die Pukke het amper weer ’n pakslae op die lyf geloop.
Varsitybeker: Pylvak sal gestoei vir halfeind-plekke afgee
Ses universiteite het nog ’n realistiese kans om die uitspeelronde van vanjaar se Varsitybekerreeks te haal en met slegs drie rondes se rondomtalie-wedstryde oor, kan geen span ’n neerlaag bekostig nie.
Die Sharks baljaar op eie bodem
Die manier waarop die Sharks Saterdagaand die Waratahs op Kingspark oorrompel het, het ’n duidelike boodskap aan ander besoekende spanne gestuur dat ’n besoek aan Durban vanjaar nie ’n maklike uitstappie gaan wees nie.