ActionSA sê dit sal katastrofies wees vir die land se ekonomie as Transnet se nuwe bestuur op grond van hul verbintenis met die ANC eerder as hul bevoegdheid om die instelling te bestuur, aangestel word.
Alles deur die skrywer Megan Swart
Administrasie dreig vir sukkelende Ekurhuleni
Die metro skuld altesame R4 miljard aan sy krediteure. Dit sluit in R1,5 miljard aan Eskom, R2,5 miljard aan uitgekontrakteerde arbeid, R174 miljoen aan Rand Water en R117 miljoen aan die Ekurhuleni Water Care Company.
Digital Vibes-beskuldigde se borgtogvoorwaardes verslap
Die nasionale departement van gesondheid se direkteur van kommunikasie word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van R15 000 aanvaar het om ʼn tender van meer as R141 miljoen in Digital Vibes se guns te beïnvloed.
Richardsbaaibrand ‘van die grootste rampe’
Die rookwolk wat byna permanent oor die houtspaandermeule hang, hou nou ʼn risiko in vir kwesbare inwoners van die gebied.
Man vermis op see ná hy van seiljag val
Reusebranders het Dinsdag in die vroegoggendure oor die seiljag gebreek en die man meegesleur.
Kommer heers oor aanvalle op vullistrokke in Moederstad
Daar is al hoe meer gevalle waar misdadigers daarop aandring dat die Kaapstad-metro “beskermingsgeld” betaal sodat sy personeel nie aangeval word nie.
Cele sê hoë misdaadvlakke ‘nie net polisie se skuld’
Die minister van polisie sê die polisie kan weinig doen aan sommige sosio-ekonomiese omstandighede wat aanleiding gee tot misdaad.
Wetsontwerp oor selfbeskikking kry momentum
ʼn Wetsontwerp wat poog om die inwoners van die Wes-Kaap as ʼn eiesoortige nasie te laat verklaar wat die reg op selfbeskikking het, is besig om momentum te kry.
Bejaarde man vermoor terwyl hy tuinwerk doen
John Frank Sergeant het 59 jaar lank in die huis in Rynfield, Benoni, gewoon waar hy vermoor is.
Nuwe pyn by brandstofpomp
Die prys van diesel styg met amper R2 per liter en gaan verbruikers wat reeds noustrop trek, veral swaar tref.
Transnet se Mzimela moet ook trekpas kry
Die DA eis die kop van die hoof van spoorvragvervoer by die sukkelende Transnet en sê as Siza Mzimela nie self wil bedank nie, moet sy in die pad gesteek word.
Richardsbaai spook om brand by meule te blus
Stormsterk winde en hemelhoë temperature het daartoe gelei dat ʼn brand by ʼn houtspaandermeule al vir dae lank woed en in ʼn stadium gedreig het om na woongebiede te versprei.
Private sektor se sakehand help SA
“Die kenmerk van die vergadering was die gees van betrokkenheid en samewerking wat die regering getoon het. Dit was ʼn opregte poging om oplossings vir die land se probleme te vind.”
Uitmergelende wedren eerste keer in SA
ʼn Wedren wat deelnemers tot hul uiterste druk, nege dae lank duur en oor meer as 700 km strek word vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied – iets wat waarskynlik nooit weer sal gebeur nie.
Só vorder Guptas se uitleweringsproses
Die departement van justisie en korrektiewe dienste voer aan dat hy eers sekere inligting van die Verenigde Arabiese Emirate benodig voordat hy ʼn “ingeligte besluit” kan neem oor hoe om met die uitleweringsaansoek vir die Gupta-broers voort te gaan”.
Sensus-uitslae gou bekend
Die jongste uitslae kom meer as ʼn dekade ná die land se laaste sensus in 2011 gedoen is.
Herstelwerk vorder fluks ná ‘Cabanas’ brand
Die Sun City Cabanas-hotel was byna twee weke gelede in ʼn rookwolk gehul toe ʼn deel van die hotel aan die brand geraak het.
Vasgekeerde skoolgroep verlaat oord ná water sak
ʼn Groep van 72 skoliere en tien volwassenes was sedert Sondag by die Kango-bergoord naby Oudtshoorn vasgekeer nadat swaar reën tot wydverspreide oorstromings in die Wes-Kaap gelei het.
‘Klagtes oor Bela-wet val op dowe ore’
Volgens die DA het die regering miljoene rand spandeer aan openbare deelnameprosesse vir die wetsontwerp, maar in hierdie stadium blyk dit nutteloos te gewees het.
Bedryf bekommerd oor staat minder aan reis, verblyf gaan bestee
ʼn Lid van die gasvryheidsbedryf sê hoewel die nasionale tesourie se aankondiging ʼn positiewe een is om fiskale verantwoordelikheid te bevorder, is dit slegte nuus vir dié sektor.