Sou die kragnetwerk ineenstort sal dit Eskom tot twee weke vat om kragtoevoer regoor die land te herstel.
Alles deur die skrywer Megan Swart
Steeds geen antwoorde oor Jhb-ontploffing
Die departement se voorlopige ondersoek dui daarop dat die ontploffing wat Woensdag plaasgevind het, soortgelyk is aan ʼn ontploffing wat in 2010 by die Telkom-gebou plaasgevind het.
Ontploffing: Liggaam onder motor in Jhb gekry
Chaos het Donderdagoggend in die middestad geheers nadat verskeie strate afgesper is. Honderde motoriste en pendelaars moes alternatiewe paaie gebruik om werk toe te gaan en dit het tot verskeie vertragings en verkeersopeenhopings gelei.
Ontploffing in Jhb dalk nié gas
Die onverklaarbare ontploffing wat tydens spitstyd deur Breestraat geskeur het, het altesame 41 met geringe tot ernstige beserings gelaat.
Kommer neem toe oor vertragings by Koeberg
Die opknappingswerk wat die Koeberg-kernkragsentrale weer op dreef sou kry, loop nou ver agter skedule.
Geskorste OB glo sy word ‘geteiken’
Die geskorste Openbare Beskermer sê sy in die posisie waar haar bevoegdheid deur ʼn parlementêre komitee ondersoek word as gevolg van “die doelbewuste waninterpretasie van feite” deur onder meer die presidensie, politieke partye, die howe en die komiteevoorsitter van die ondersoek.
WK-wynplase onder wêreld se top 50
Die top 50 wynplase in die wêreld is vandeesweek in Spanje aangekondig, en drie van die Wes-Kaap se wynplase is by dié lys ingesluit.
Vuurwapenregister moet nóú reg – SAAADA
Die South African Arms and Ammunition Dealers Association (SAAADA) het hom opnuut tot die hof gewend sodat vuur onder die polisie gemaak kan word om eindelik sy sentrale vuurwapenregister (SVR) te laat digitaliseer.
Vloede kos Cederberg miljoene
Die wydverspreide reënbuie wat sowat ʼn maand gelede dele van die Wes-Kaap laat oorstroom het, het veral die Cederberg-munisipaliteit se sak getap met al die herstelwerk wat aan noodsaaklike infrastruktuur benodig word.
Vlieënier sterf ná sweeftuig neerstort
ʼn Vlieënier is dood verklaar nadat sy gemotoriseerde sweeftuig by ʼn vliegveld wes van Gauteng neergestort het.
Regverdige verkiesing in Zim ook in SA se belang
“Solank die ANC-regering die Zanu-PF-regime beskerm, sal Suid-Afrika voortgaan om ʼn duur prys te betaal met die instroming van vlugtelinge uit Zimbabwe,” sê die DA.
Komitee oorweeg om ‘toesig oor presidensie’ te verbeter
ʼn Afvaardiging van die reëlskomitee van die Nasionale Vergadering sal volgende week na die Verenigde Koninkryk gaan om te leer hoe daar beter toesig oor die presidensie gehou kan word.
OB probeer van komiteevoorsitter ontslae raak
Die aansoek kom skaars twee weke voordat Qubudile Dyantyi sy werk in verband met die bevoegdheid van adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer moet afhandel.
Nog twee vas wat glo trokke brand
Tot dusver is vier mense in Mpumalanga in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die aanvalle, terwyl nog iemand in Limpopo vasgetrek is.
Beurtkrag vroegoggend afgeskaal
Die vraag na elektrisiteit vandeesweek het Eskom se verwagting oortref, maar die kragvoorsiener kon intussen van sy noodreserwes weer aanvul.
Petisie geloods om Emfuleni-raad te ontbind
Dié sukkelende munisipaliteit word gekenmerk deur jare se korrupsie, wanbestuur en gebrek aan dienslewering.
RTIA slaggereed om Aarto in te stel
Die VF Plus is van mening dat die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, beter bekend as Aarto, bloot net nie uitvoerbaar is onder die huidige regering nie.
Lug in pype los Johannesburg weer sonder water
Rand Water sê omdat die waterstelsel byna drie dae leeg was, is dit “waarskynlik dat daar lug in die pype is”.
Operasies, keisers gaan voort te midde van waterkrisis
Daar het die afgelope tyd groot kommer geheers toe bewerings die ronde gedoen het dat noodsaaklike operasies weens ʼn watertekort nie by die Robert Sobukwe-hospitaal in Kimberley gedoen kon word nie.
Nog jagluiperds uit SA vrek in Indië
Die jongste vrektes bring die getal Suider-Afrikaanse jagluiperds wat die afgelope paar maande na Indië geneem is en in dié land gevrek het, op agt te staan.