Dit kom nadat altesame 17 mense, onder wie kinders, dood is ná ʼn gaslek by ʼn informele nedersetting by Boksburg aan die Oos-Rand.
Alles deur die skrywer Megan Swart
Probleme weens watertekorte in Tshwane kring uit
Sommige gesondheidsfasiliteite moes reeds hul deure tydelik sluit, aangesien die watertekorte dit onmoontlik maak om higiënestandaarde te handhaaf of selfs medikasie toe te dien.
Aasvoël-ambulans tot die redding
Met dié dat wild meer gereeld in die Limpopo-oorgrensbewaringsgebied vergiftig word, is daar besluit om ʼn pasgemaakte aasvoëlambulans te ontwikkel om die suksesvolle redding, behandeling en veilige vervoer van hierdie wilde voëls te verseker.
Só lyk nuwe Bok-truie
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag die Bokke se nuwe herbedinkte hooftrui, asook die gewaagde alternatiewe trui bekend gemaak.
Graan SA se hoof bedank
“Persoonlik, wat ek in die lewe gesien en ervaar het, is dat wanneer so ʼn geleentheid aan ʼn mens se deur kom klop en spesifiek die manier waarop dit gebeur het, is dit bedoel om te wees, dit is van God daarbo.”
Agoa: SA regering moet begin oop kaarte speel – BLSA
As die regering enigsins omgee dat die Agoa-ooreenkoms tienduisende werkgeleenthede skep, is dit nodig om aan die VSA te verduidelik dat Suid-Afrika nie sy veiligheidsbelange bedreig deur sy verhouding met Rusland nie.
Vrystaat Landbou gaan veediefstalsake help takel
“Ons kan nie verder terugsit en kyk hoe boere skade ly nie.”
SA skaapskeerders seëvier by wêreldkampioenskap
Vanjaar se oorwinning in Edinburg, Skotland, is maar een van die vele handskeerkampioenskappe wat Suid-Afrika sedert die 1990’s die een ná die ander gewen het.
Vier vas ná aanval op Carolina-hospitaal
Die aanval is uitgevoer kort nadat ʼn man by die hospitaal aangebring is vir behandeling nadat hy geskiet is, maar dit nie oorleef het nie.
Stappe beplan ná o.16’s rugbytoernooi-finaal kwyt is oor ‘raskwotas’
Die Westelike Provinsie is sy plek in die hoofwedstryd van die o.16- Grant Khomo-rugbyweek in Paarl kwyt nadat ʼn noodgedwonge onttrekking van twee van sy spelers veroorsaak het dat hy te veel wit spelers op die veld gehad het.
DA wil opruk oor ‘raskwotas’ in werkplek
Volgens die DA gaan die beplande protesaksie poog om voort te bou op die sukses wat Solidariteit behaal het in die vorm van ʼn skikking met die regering oor die toepassing van regstellende aksie.
Toe nie tornado wat Durban tref
Op grond van beeldmateriaal wat oor die weervoorskynsel gedeel is en ander ooglopende bewyse, is dit vir die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) duidelik dat dié verskynsel nie ʼn tornado was nie.
Nog ʼn Stellenbosch-skool groet beurtkrag
Die hibriede sonpanelestelsel waarmee Laerskool iKaya binnekort gaan spog, gaan die skool, wat nie skoolfondsbetaling vra nie, help om R50 000 op sy jaarlikse elektrisiteitsrekening te spaar.
Nelson Mandela-stigting se hoof kry trekpas
“Die raad het tot die gevolgtrekking gekom dat Sello Hatang se optrede onbetaamlik en onaanvaarbaar was vir iemand in sy posisie en dat hy summier ontslaan moet word.”
SA se bek-en-klouseer-entstof nou twee keer duurder
Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê daar is ʼn goeie rede waarom die hemelhoë pryse betaal moet word, maar die DA voer aan dat voorsorg dié ekstra uitgawe sou kon verhoed.
Rowers swaar gestraf wat boer aanval, ontvoer
Vyf jaar later is die drie mans wat die landbougemeenskap in Addo geterroriseer het, agter tralies.
Vrugte, groente goedkoper; uie, aartappels bly duur
Hoewel broodnodige voedselitems wat dikwels geprioritiseer word steeds uitermatig duur is, het die prys van die meeste groente en vrugte wel gedaal.
Reusetekort aan speurders
Provinsies soos die Wes-Kaap het Cele reeds gevra om sekere polisiëringsmagte af te wentel sodat daar beter beheer oor die getal speurders by elke polisiestasie is.
Dié handelsmerk kos Sseta R302 000
Die maatskappy wat verantwoordelik was vir die ontwikkeling en druk van die handelsmerk op die betrokke tenderboks het glo die prys met ʼn yslike 8 000% opgeblaas.
SA gʼn bedelaar, kort net geld vir klimaatsverandering
“Die feit bly staan dat die industrialisasie en ekonomiese ontwikkeling van die globale noord bereik is ten koste van die globale suid. Ryker lande het dus ʼn verpligting en ʼn belang om ontwikkeling en klimaatoptrede in armer lande te ondersteun,” meen pres. Cyril Ramaphosa.