“Geen onderneming kan in hierdie omstandighede oorleef nie.”
Alles deur die skrywer Megan Swart
Binnelandse sake weer aanlyn
Siya Qoza, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, sê die stelselprobleme is Donderdag reeds opgeklaar.
Reuse-stelselprobleme laat binnelandse sake stilstaan
“Ons hoop dat dit nie lank sal vat om die probleem op te los nie.”
Beurtkrag oor nuwe jaar? Ja, dit ís nou nodig – kenner
Die einste kenners wat verbaas was oor die jongste beurtkragaankondiging so vroeg in die nuwe jaar sê dit is nou duidelik waarom dit ʼn noodsaaklike stap deur Eskom was.
Weermag verwerp oudoffisier se dreigemente
Sylvester Mangolele het gedreig om pres. Cyril Ramaphosa uit sy amp te verwyder indien hy nie by die vlootkollege op Gordonsbaai aanmeld om self te bedank nie.
Bykans 2 000 noodoproepe in Gauteng op Oujaarsaand
Die Gautengse noodkommunikasiesentrum het van vroeg Oujaarsaand tot in die vroeë oggendure van die nuwe jaar byna dubbel die aantal oproepe ontvang wat gemiddeld per dag sedert 15 Desember 2023 aangeteken is.
Koeberg slaag gehaltetoets ná opknapping
Volgens Eskom dien die suksesvolle voltooiing van die toets op Koeberg se eenheid 1 “as motivering om soortgelyke stoomgeneratorvervangingsaktiwiteite op eenheid 2 te onderneem”.
Nuwe jaar skop af met goeie nuus by brandstofpompe
Reisigers wat nog huiswaarts moet keer ná ʼn somervakansie kan met ʼn glimlag by brandstofpompe intrek, aangesien die prys van petrol en diesel Woensdag daal.
Veilige vesting bied hoop vir weggooibabas
Dit is onmoontlik vir Kim en Wayne Allen om met vier biologiese en drie aangenome kinders alleen die land se weeskinders te huisves, maar tog het dié paartjie ingetree om ʼn verskil te help maak.
Fynproewers van Pretoria hiér welkom
Plaaslike fynproewers hoef nie ver te reis om internasionale kookkuns deur ʼn bekroonde sjef, wat boonop deur die wêreldbekende Gordon Ramsay opgelei is, te proe nie.
Onwettige myners dorp se ‘reddingsboei’
Verskeie inwoners het aan Maroela Media gesê die hordes onwettige myners wat in en om Pelgrimsrus bedrywig is, is nie die dorp se ondergang nie, maar eerder die reddingsboei waarop talle ondernemings al jare lank hoop.
Kyk: Derde grootste Geloftedagviering by Voortrekkermonument
Nagenoeg 185 000 mense op 279 plekke in die land en in 24 lande oor die hele wêreld het vandag Geloftedag gevier.
Seismiese opnames verjaag dalk haaie aan SA kus
“ʼn Ontsagwekkende bedreiging in die vorm van seismiese opnames staar die natuurlike balans van seelewe in die gesig.”
Beplande snelweg deur Mbombela ‘moet heroorweeg word’
Die beplande snelweg gaan nie net ʼn uitwerking op inwoners en hul private eiendom hê nie, maar ook op groot vleilande met brose fauna en flora in die omgewing.
Jacob Zuma stem nie ANC in 2024
“Dit sal verraad wees om ʼn veldtog vir die ANC van [pres. Cyril] Ramaphosa te dryf.”
Ondersoek gelas ná polisieman op taverne losbrand
ʼn Polisiesersant het glo Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn taverne in Limpopo losgebrand en toe die vuurwapen op homself gerig.
Hof verwerp appèl oor verkoop van Mango
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het die minister van openbare ondernemings se versuim om ʼn besluit oor die verkoop van die lugredery Mango te neem as “onwettig en grondwetlik ongeldig” verklaar en dit tersyde gestel.
Kopgekrap oor Zuma se ‘groot aankondiging’
Die aankondiging beloof dat almal teenwoordig “getuies gaan wees van die begin van ʼn nuwe hoofstuk in die politiek”.
Genade vir kleinboere ná verwoestende oorstromings
ʼn Klein genade in die vorm van ʼn mark vir organiese produkte in Kaapstad het die afgelope naweek talle kleinboere in staat gestel om die oorblyfsels van hul oeste wat tydens oorstromings verwoes is, te verkoop.
Veeljaar-salarisooreenkoms by Unisa bereik
Unisa sê dié ooreenkoms is “ongekend” vir die universiteit, aangesien dit die eerste van sy soort is.