Die African Transformation Movement (ATM) het in ʼn skrywe aan die direktoraat gevra om die bewerings te ondersoek dat grootkoppe in die polisiediens ʼn hand daarin gehad het om die hele voorval toe te smeer.
Alles deur die skrywer Megan Swart
Strande betyds oop vir Durban July
Van die strande aan die kus is verlede maand gesluit nadat gevaarlike vlakke van die bakterie E. coli in die water gevind is.
Egpaar in gegoede woongebied aangeval, beroof
Die vermeende rowers het glo kontant en juweliersware ter waarde van R100 000 gebuit.
Beurtkrag: Fase 6 opgeskort
Die kragvoorsiener het te midde van die welkome nuus gewaarsku dat die verminderde beurtkragfases slegs is vanweë die feit dat die vraag na krag oor naweke aansienlik laer is as deur die week.
Verpleegsters, wagte by kliniek beroof
Drie verdagtes het na bewering om 01:30 oor die kliniek se heining geklim en die wagkamer binnegegaan.
Rhoda Kadalie se lewe in roudiens besing
Die menseregteaktivis en feminis se familie het Sondagmiddag tydens haar roudiens aangekondig dat hulle ʼn beurs ter gedagtenis aan Kadalie gestig het wat beoog om “toekomstige skrywers te ondersteun om Rhoda se voorbeeld te volg”.
Kriminele klagte wink vir Arthur Fraser
Dít kom nadat sy beweerde misdrywe in die jongste aflewering van die Zondo-kommissie na staatskaping se verslag onthul is.
Polisie kry lyk van man wat verdrink het
Die oorledene is glo vroeër vandeesmaand saam met ʼn pastoor na die betrokke rivier om daar te gaan bid.
‘Eskom se lasvermindering onregverdige straf’ – TLU SA
“Boere kan nie sonder elektrisiteit boer nie – saai- en groenteboere ly erg hieronder.”
20 mense sterf in taverne
Die oorledenes is almal tussen die ouderdom van 18 en 20 jaar.
Lyke ontbind glo in kraglose lykshuis
Die Gautengse LUR van gesondheid sê daar is sedert Februarie nie ʼn werkende kragopwekker by die Ga-Rankuwa-lykshuis in Pretoria nie.
Ses sterf in gru-ongeluk buite Tzaneen
Die bestuurder van ʼn Ford-sedan het na bewering beheer oor sy voertuig verloor en reg van voor teen ʼn aankomende motor gebots voordat dit aan die brand geraak het.
Rowers teiken Bloemfontein-inkopiesentrum
Hoewel talle waardevolle items tydens die rooftog gebuit is, is geen sentrumpersoneel of omstanders na bewering beseer nie.
Helfte van GP-hospitale nie gereed vir brande
ʼn Skrikwekkende sewe staatshospitale in Gauteng het in agt jaar in vlamme opgegaan, met drie van hierdie brande wat in die afgelope vier weke plaasgevind het.
Winkelier in sop ná hy voorskrifmedisyne verkoop
Die betrokke winkeleienaar het na bewering voorskrifmedikasie sonder ʼn geldige lisensie aan die publiek verkoop.
Nog dele van Johannesburg sonder water in soeke na seun
Tot dusver was daar nog geen teken van klein Khayalethu Magadla nie, maar dié spanne is daartoe verbind om berusting vir die vermiste sesjarige se familie te bring.
Dag Zero wink vir Nelson Mandelabaai
Die Oos-Kaapse munisipaliteit spook om waterverbruik onder beheer te bring voordat een van sy damme binne die volgende vyf dae leegloop.
N3 gesluit ná skadelike stof mors
Motoriste was teen Vrydag 10:00 reeds langer as 12 uur op die N3 buite Durban vasgekeer, terwyl spanne die stof probeer opruim.
Boer skuldig aan moord op begrafnisganger
Edward Philip Walter Solomon het oënskynlik probeer om die begrafnis stop te sit, aangesien die begrafnisgangers glo nie toestemming gekry het om enigiemand op die plaas te begrawe nie.
Minder bek-en-klouseer-gevalle nou in SA
Hoewel die verspreiding van die siekte nog nie heeltemal onder beheer is nie, word dit skynbaar goed bestuur.