Die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), Helen Zille, het die redes vir haar party se omstrede u-draai oor hul steun vir die wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming Donderdag aan Kaapse Persklub verduidelik.
Alles deur die skrywer Moira Kloppers
Voornemende Wes-Kaapse verkeersbeamptes bedrieg
Die Wes-Kaapse regering het ’n klag van bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê nadat hy te hore gekom het dat ’n personeelwerwingsagentskap talle mense, onder valse voorwendsels, as voornemende verkeersbeamptes “werf” en boonop geld daarvoor vra.
Elektrisiteitsvoorsiening gaan volgende twee weke onder druk wees
Eskom het kennis gegee dat elektrisiteitsvoorsiening oor die volgende twee weke beduidend laer sal wees omdat Eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap vir langer as sewe weke vir geskeduleerde brandstofinname, inspeksie en instandhouding afgeskakel gaan word.
Tweejarige in Kuruman verkrag
’n Veertigjarige man is gistraand in Kuruman in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n tweejarige dogtertjie die afgelope Saterdag. Die dogtertjie se ma het die man uitgeken.
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.
Vergifnis vir aangenome seun wat moor
Dorothea Brits (59), die weduwee van ds Willem Brits wat in November verlede jaar deur hul aangenome seun vermoor is, het vandag gesê dat sy die seun vergewe het, maar dat hy steeds die gevolge van sy dade moet dra.
Vragmotorbestuurder doen snikkende bekentenis
Die man wat die vragmotor bestuur het wat verlede Julie tussen Malelane en Hectorspruit voor ’n trein beland het, het vandag snikkend in die rondgaande hooggeregshof in Nelspruit skuld erken op 24 klagte van strafbare manslag en nalatige bestuur.
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Regter Frans Kgomo het vandag beslis dat die media wel toegelaat sal word om getuienis deur dr Tromp Els, oor die verkragting van Marthella Steenkamp in die Griekwastad-moordverhoor te hoor.
Twitter-aandele vlieg
Die kletsblad, Twitter, het vandag amptelik op die New Yorkse aandelebeurs noteer en boverwagte openingspryse behaal.
Olimpiese fakkel vertrek op ruimtereis
Die Olimpiese fakkel het vandag, in die aanloop tot die Winter Olimpiese Spele wat volgende jaar in Rusland gehou sal word, vir die tweede keer in die geskiedenis, op ’n ruimtereis vertrek.
Titanic-viool vir miljoene opgeveil
’n Viool, wat vermoedelik aan die kapelmeester aan boord van die Titanic behoort het, is vandag vir 1,45 miljoen Amerikaanse dollar op ’n veiling verkoop.
Diereregteaktiviste bestorm laboratorium
Diereregteaktiviste in Brasilië het Vrydagoggend al skreeuend ’n laboratorium bestorm en 178 Beagles, waarop medikasie vir newe-effekte getoets is, bevry.
Verkragting-verdagte vasgetrek; verbind met nóg misdade
’n Verdagte wat gister in verband met die ontvoering, verkragting en poging tot moord op ’n 34-jarige vrou aangekeer is, is intussen aan nog talle misdade teen vroue en kinders verbind.
Nog twee babas dood gevind, derde kritiek
Skaars dae nadat die twee niggies, Yonelisa Mali (2) en Zandile Mali (3), dood in ’n buite-toilet in Diepsloot aangetref is, is nog ’n baba vandag in ’n plastieksak in ’n stroom in dieselfde area gevind.
Lotto-wenner se geluk gesteel
’n 26-jarige Lotto-wenner is sy gelukkige kaartjie kwyt nadat twee mans, geklee in polisieuniforums, sy Lotto-wenkaartjie by sy huis in Hillcrest in KwaZulu-Natal gesteel het.
Fillipynse- aarbewing: Soektog na oorlewendes afgelas
Fillipynse owerhede het die soektog na nog oorlewendes afgelas vier dae ná die grootste aardbewing die afgelope twee dekades die gebied Dinsdagoggend getref het.
“Barmhartige Samaritaan” red man van treinspoor
’n “Barmhartige Samaritaan” van Gabriola het kitsroem verwerf nadat hy ’n vreemde man van ‘n treinspoor by die Scott Road SkyTrain-stasie in Kanada gered het.
Regstellende aksie: DKD sal sy beleid hersien
Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) gaan die manier waarop hy die Wet op Gelyke Indiensneming toepas, hersien
Dieseldampe laat bye dwaal
’n Studie oor die invloed van dieseldampe op die reuk van blomme wat deur heuningbye besoek word, het gewys dat dié gasse, wat van motors, vragmotors en kragstasies afkomstig is, die reuk van plante só verander dat dit bye op ’n dwaalspoor laat.
Vragskip-matroos stabiel na hartaanval
ʼn Jong vragskipmatroos wat ’n hartaanval gehad en deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) na Oos-Londen gebring is vir mediese hulp, is in ’n stabiele toestand in die St. Dominic Hospitaal in dié stad.