Sharon Bester se liggaam is 28 Oktober in haar bed aangetref in die huis op die plaas waar sy alleen gewoon het.
Alles deur die skrywer Morné van Rooyen
Fransman moet Jode verskoning vra oor uitlatings
Die MRK het Fransman opdrag gegee om verskoning te vra en beskryf sy aanmerkings as “ongevoelig, disrespekvol en nie daarop uit om die eenheid wat hy kwansuis voorstaan, te bevorder nie”.
Motorverkoopsman gevonnis vir bedrog
Mark Donovan Bezuidenhout (45), ʼn werknemer van Imperial Toyota, het die bedrog tussen Januarie 2011 en Junie 2014 gepleeg.
Bejaarde (95) se liggaam in bad aangetref
Die bejaarde se liggaam is in die bad gekry, maar dit is nog onbekend of sy verwurg is of verdrink het.
Twee metrobeamptes op een aand vermoor
Die SAPD en JMPD het gesamentlik gereageer en danksy die hulp van twee inwoners ʼn verdagte opgespoor nadat hulle sy wegkruipplek in ʼn oënskynlik gekaapte gebou uitgewys het.
Nog ʼn terugslag vir DA in die Baai
“Dit was ʼn Jerry Springer-affêre, daai hele raad. Ons het nie op ononderbroke dienslewering gekonsentreer nie.”
DKD-minister wil hof toe oor geslote gebou
Dit is veral kommerwekkend dat die departement en bestuur aangehou het om mense se lewe in gevaar te stel deur van hulle te verwag om in ʼn gebou te werk wat, so het hulle self erken, net deels aan veiligheidsvereistes voldoen.
Polisie slaan toe op dwelmfabriek; 3 vas
In dié geval is 2 900 heroïenkapsules, 720 mandraxtablette, 500 g heroïenpoeier en 70 000 leë kapsules sowel as toerusting gevind. Die straatwaarde van die dwelms en toerusting is sowat R600 000.
Polisieman skiet sy vrou, swaer en toe homself
Hy het toe glo tuis in die informele nedersetting Nompumelelo by Beaconbaai sy vrou, dié se broer en toe homself met sy dienspistool geskiet.
Betogings oor water vlam op in Noordwes
“Tydens dié oproer het die insittendes van ʼn wit Mercedes-Benz wat in die rigting van Brits onderweg was, na bewering willekeurig op oproermakers begin skiet.”
‘Fopdokter’ by praktyk aangekeer
Toe Mumina tydens die optrede om haar praktykkaart gevra is, kon sy na bewering nie aan die versoek voldoen nie. Haar besonderhede ontbreek ook glo van die HSPCA se register.
Vyf vas vir moord op egpaar van KZN
Gesteelde goedere, waaronder selfone en ʼn motor asook huishoudelike items, is teruggevind ná ʼn uitgebreide soektog in onder meer Inanda, Ndwedwe en Cottonlands.
Verdagte vas ná man se skietdood op plaas
“Die polisie sal nie rus wanneer mense in hul eie huis deur gierige misdadigers om die lewe gebring word nie.”
Hou op paniek saai oor kinderontvoerings, vra polisie
“Tot dusver dui geen bewyse daarop dat dié voorvalle in Suid-Afrika gebeur het nie en ook nie dat dit werklik plaasgevind het nie.”
Egpaar op kleinhoewe aangeval ná honde vergiftig is
“My ma het gesmeek dat hulle versigtig moet wees omdat sy rugprobleme het. Hulle het haar toe aan haar arms kamer toe gesleep, waar hulle haar en my pa op die bed met kabels vasgebind het.”
Wes-Kaapse ouers het ʼn week om skole te kies
“Ons doen ʼn beroep op die ouers van leerders wat by meer as een skool aanvaar is en wat nog nie hul kinders se plekke by een van die skole aanvaar het nie, om die skole teen Woensdag 19 September te laat weet van hul keuse.”
Herrie oor beweerde ‘ontlasting’ in Wimpy-kos
Die restaurantgroep Wimpy sê hy het ʼn volledige ondersoek begin ná bewerings in die sosiale media dat ʼn klant ontlasting in sy kos van dié…
Twaalf van Klerksdorp in hof ná onluste
Die polisie sê die geweld het ontstaan nadat polisiebeamptes Sondagoggend op patrollie in Pienaarsdorp op ʼn plaaslike taxibestuurder se lyk afgekom het. Hy is twee keer met ʼn mes gesteek.
Video: Besetters op Gauteng-plaas ná 2 weke verwyder
“Hulle het ʼn paar buitebande aan die brand gesteek en een of twee petrolbomme gegooi, maar besef hulle het nie ʼn kans teen die Rooimiere nie.”
Talle bring hulde aan ‘die troepe se generaal’
“Ons sal weer eendag saam in die veld middagete eet, Generaal.”