ʼn Man is Saterdagaand in Yeoville deur metropolisiebeamptes geskiet en gewond nadat hy en twee makkers op die beamptes losgebrand het tydens ʼn roetine-padblokkade.
Alles deur die skrywer Nico
Man deur polisiebeampte doodgeskiet
Die polisie het Donderdag ʼn man by die Kwaggasrand-gholfbaan in die weste van Pretoria doodgeskiet.
Medelye ná Eskom-sterftes
President Jacob Zuma het sy meegevoel betuig met die families van die ses mense wat Donderdag dood is toe ʼn steier meegegee het by ʼn Eskom-konstruksieterrein naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.
‘Los Phiyega uit,’ sê ANC
Stone Sizane, ANC-hoofsweep, sê dit is onverantwoordelik om te versoek dat die nasionale polisiehoof, Riah Phiyega, geskors moet word.
Twee in hof vir moord op boer
Twee mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Michael Hampson.
Skokvideo-polisieman beboet oor aanranding
ʼn Vrystaatse polisiebeampte is met R10 000 of ses maande tronkstraf beboet nadat hy op kringtelevisie vasgelê is terwyl hy ʼn vrou slaan en skop.
Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar
Die staat sal vandag versoek dat Johannes Kana lewenslank tronk toe gestuur word nadat hy gister skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op Anene Booysen.
Zapiro in sop oor Hindoe-spotprent
Suid-Afrikaanse Hindoe-organisasies is woedend oor ’n spotprent van die kunstenaar Zapiro oor die Hindoe-god Ganesh.
Twee doodgeskiet tydens rooftog
Twee mense is doodgeskiet tydens ʼn rooftog in Nelspruit, Mpumalanga.
Trifecta-saak in Noord-Kaap uitgestel
‘n Bedrogsaak van drie ANC-hoës in die Noord-Kaap en die Trifecta-groep is Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof uitgestel.
Vrou doodgeskiet ná rooftog
Susan Nel (47) van The Reeds in Centurion is Saterdagaand langs haar man in hul motor in die kop geskiet en is later die aand in die hospitaal oorlede, berig die Centurion Rekord.
Twee sterf toe motor in rivier beland
Twee mense is Sondag dood nadat hul motor in die Amanzimtoti-rivier in KwaZulu-Natal gestort het.
Ses vas oor dwelms
Ses mans is die naweek in Alberton vir dwelmhandel in hegtenis geneem.
Twee beseer in tref-en-trap-ongelukke
Twee mense is in onderskeie tref-en-trappe-ongelukke in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal beseer.
Jaagduiwel teen 240km/h vasgetrek
Die bestuurder van ʼn Mercedes Benz het Sondagoggend beheer oor sy motor verloor waarna dit verskeie gerol het terwyl hy glo van die polisie probeer wegjaag het.
Nóg bewerings teen Phiyega
The Sunday Independent berig vandag dat opgeneemde telefoongesprekke tussen die nasionale polisiehoof Riah Phiyega en ʼn provinsiale polisiekommissaris aan die lig gekom het waarin sy hom glo ingelig het dat hy ondersoek word.
‘R29 miljoen ingesamel op ANC-gholfdag’
Leiers van die ANC in Gauteng het meer as R29 miljoen ingesamel vir die party se verkiesingsveldtog tydens ʼn enkele gholfdag, berig die City Press.
Koper kan glo nie Malema-huis betaal nie
Die koper van Julius Malema se luukse huis in Sandown, Johannesburg wou nie kommentaar lewer op berigte dat hy glo nie die huis kan bekostig nie, berig die Sunday Times.
Polisie op soek na Fourways-skieter
Die polisie is op soek na ʼn man wat glo betrokke was by ʼn skietery buite ʼn kuierplek in Fourways, noord van Johannesburg, waarin een persoon dood en twee ander beseer is.
Agliotti skei glo om bates te versteek
Die veroordeelde dwelmhandelaar Glen Agliotti het glo van sy vrou geskei om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verhoed om volle toegang tot al sy bates te kry, berig die Sunday Independent.