ʼn Man is Woensdagoggend in Soweto in hegtenis geneem nadat daar dagga met ʼn straatwaarde van R300 000 in sy besit gevind is.
Alles deur die skrywer Nico
Kwaito-sanger in hof oor verkragting
ʼn Bekende kwaito-sanger het Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.
WP-speler vas oor dronkbestuur
WP Rugby het bevestig dat een van sy spelers tydens ʼn padblokkade vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is.
Mantashe: ‘E-tol nie ‘n gogga nie’
Mense moet die e-tolstelsel nie as ʼn pes beskou nie maar eerder die wêreldklas-infrastruktuur wat daardeur moontlik gemaak word waardeer, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.
Meisie se liggaam in strandmeer gevind
Die liggaam van ʼn jong meisie is Sondag in die Knysna-strandmeer gevind.
Agt sterf in botsing
Agt mense is dood nadat twee motors Saterdagaand reg van voor gebots het op die R618 tussen Vryheid en Nongoma in KwaZulu-Natal.
Bejaarde vrou se liggaam uit see gehaal
Die liggaam van ʼn 66-jarige vrou is Sondagoggend by Bouldersstrand in Simonstad uit die see gehaal.
Zuma moet nog Nkandla-verslag sien
President Jacob Zuma het nog nie Thuli Madonsela, openbare beskermer, se voorlopige verslag oor Nkandla gesien nie, het sy kantoor Sondag gesê.
Nege sterf in Mpuma-botsings
Nege mense is die naweek dood en 15 beseer in ongelukke in Mpumalanga.
Seuns dood op berg gevind
Twee seuns van die Oos-Kaap is Sondag dood aangetref op ʼn berg in Mthatha.
Mthethwa: ‘Phiyega sal nie geskors word’
Nathi Mthethwa, minister van polisie, sê hy sal nie genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, skors nie, berig die Sunday Times.
Vrou vas na motor in plakkershutte inploeg
ʼn Vrou wat sonder ʼn bestuurslisensie haar kêrel se motor bestuur het, is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy in twee plakkershutte ingeploeg het in Katlehong aan die Oos-Rand.
Twee sterf in botsing
Twee mense is Saterdagaand dood nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het in Magaliesburg in Noordwes.
Minister vra meer WVF-voordele vir huishulpe
Werkloosheidsversekeringsfonds-voordele wat huishulpe affekteer moet uitgebrei word, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, gesê.
Ontvoeringsdrama: Musikant ook aangekla
Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord teen die musikant Khuli Chana.
Man deur metropolisie geskiet
ʼn Man is Saterdagaand in Yeoville deur metropolisiebeamptes geskiet en gewond nadat hy en twee makkers op die beamptes losgebrand het tydens ʼn roetine-padblokkade.
Man deur polisiebeampte doodgeskiet
Die polisie het Donderdag ʼn man by die Kwaggasrand-gholfbaan in die weste van Pretoria doodgeskiet.
Medelye ná Eskom-sterftes
President Jacob Zuma het sy meegevoel betuig met die families van die ses mense wat Donderdag dood is toe ʼn steier meegegee het by ʼn Eskom-konstruksieterrein naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.
‘Los Phiyega uit,’ sê ANC
Stone Sizane, ANC-hoofsweep, sê dit is onverantwoordelik om te versoek dat die nasionale polisiehoof, Riah Phiyega, geskors moet word.
Twee in hof vir moord op boer
Twee mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Michael Hampson.