ʼn Polisievrou is Vrydagaand in Philippi in Kaapstad doodgeskiet.
Alles deur die skrywer Nico
Meisie se lyk op strand gevind
Die liggaam van ʼn jong meisie is Vrydag op Muizenberg-strand in Kaapstad gevind.
Man wat glo 12 vroue verkrag “per ongeluk vrygelaat”
ʼn 28-jarige man wat verhoorafwagtend is op ʼn rits aanklagte wat verband hou met die verkragting van 12 vroue is per ongeluk vrygelaat, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Oupa in hof wat glo met kleinkinders lol
ʼn 58-jarige oupa wat vroeër skuldig gepleit het op twee aanklagte van seksuele aanranding het Vrydag in die Humansdorp landdroshof in die Oos-Kaap verskyn
Chanelle Henning-moord: Beskuldigde borg geweier
Een van die vyf mans wat beskuldig word van die moord op Chanelle Henning is Vrydag borgtog geweier in die Pretoria landdroshof.
Petrolprys hoër as verwag
Die petrolprys sal aanstaande week hoër styg as wat aanvanklik daar ekonome verwag is.
Sikloon Irina kan groot reën bring
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê die naderende tropiese storm, Irina, kan die naweek swaar reën van ʼn “uiterste en buitengewone aard” na die noordoostelike dele van die land bring.
Motala vra vir presidensiële kwytskelding
Die vakbond Solidariteit sê die omstrede voormalige Pamodzi Gold-likwidateur, Enver Motala, se aansoek om presidensiële kwytskelding, gaan die eerste toets wees vir president Jacob Zuma se voorneme om korrupsie te bestry.
Drie renosters van hul horings gestroop
Drie renosters is in die Kariega-natuurreservaat naby Kenton-On-Sea in die Oos-Kaap van hul horings gestroop.
Verdagtes steeds soek wat gesin martel tydens plaasaanval
Die polisie in KwaZulu-Natal sê hulle soek steeds na vyf mans wat glo ʼn gesin op ʼn plaas naby Cramond oorval, beroof en met kookwater gemartel het.
‘Minstens agt gay mans in Gauteng vermoor’
Minstens agt gay mans is sedert 2010 in hulle huise in Gauteng vermoor, het OUT, die ondersteuningsorganisasie vir gay, lesbiese, bi- en transseksuele mense, gesê.
US-studentesentrum wéér ontruim
Die Neelsie-studentesentrum aan die Universiteit Stellenbosch is Donderdagaand vir ʼn tweede keer ontruim weens die “verdagte optrede van ʼn persoon wat die sentrum besoek het”.
Twee wat sterf in straatren se name bekend
Die twee jongs mans wat Donderdagoggend tydens ʼn straatren in Pretoria-Noord verongeluk het se name is bekend.
Studentesentrum ontruim na bomdreigement by US
Die Universiteit van Stellenbosch het bevestig dat die Neelsie-studentesentrum Donderdag ontruim is na ʼn bomdreigement.
‘Renosterhoring’ nie ware jakob
ʼn ‘Renosterhoring’ wat Donderdagoggend in vier mense se besit gevind is nadat hulle in ʼn motorongeluk betrokke was in Bedfordview, is toe nie die ware jakob nie.
Porno-beskuldigdes wil “eksplisiete materiaal” sien
Regsverteenwoordigers van nege familielede wat tereg staan op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie, het aan die Pretoria Noord streekshof gesê hulle wil die “eksplisiete materiaal”, wat in die staat se besit is as bewysstukke, sien en kopieë daarvan hê.
Petrolprys dalk nuwe rekord volgende week
Brandstofpryse sal in die komende maande nuwe rekordvlakke bereik.
Psigiatriese pasiënt sterf na rusie
ʼn Psigiatriese pasiënt is Donderdagoggend in Fort Beaufort dood nadat daar glo ʼn geveg tussen hom en ʼn ander pasiënt uitgebreek het.
Polisie kry renosterhoring na motorongeluk
Vier mense is Donderdag in Bedfordview in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring in hulle besit gevind is.
Motoris soek na ‘padwoede’-moord
ʼn Man is Woensdagmiddag op die M4, naby die Montclair-afrit in Durban, doodgeskiet tydens ʼn beweerde padwoede voorval.