Soos in die verlede, is alles teen Trump gedraai: die massa en sosiale media, die linkses se uitsprake, meningspeilings en demografie. Maar Trump is ’n unieke politieke verskynsel.
Alles deur die skrywer Nico Stegmann
Brexit: Kan BoJo die Britte red?
Ten spyte van skeptisisme oor Johnson, kan hy met sy aanslag en gewildheid by die publiek, asook by opposisiekiesers, wel een van Brittanje se beter eerste ministers word.
Geen einde aan die Brexit-sirkus
Wat ook al met Brexit gebeur, dit lyk of Theresa May se dae as premier getel kan wees. Sy is net daar omdat niemand anders haar swak besluite as gevolg van ’n totale gebrek aan visie en leierskap wil oorneem nie.
Venezuela: Die ANC en EFF se sosialistiese paradys
Die ANC-regering is ʼn jare lange ondersteuner van die werkersparadys wat deur die regering van president Nicolas Maduro beheer word. Maar waarvoor dan die “feitesending”?
Afrika-pessimisme en ’n piesangrepubliek
Lesers kan met reg wonder wat op aarde die knaende Afrika-pessimisme met ons te doen het?
Frankryk se geelbaadjies en die rewolusie van die werkers
Wat ook al in Frankryk gaan gebeur, wil dit voorkom of die Europese bevolkings toenemend in opstand kom teen hul eie verkose leiers se selfsug en hul ignorering van hul kiesers se wense.
Immigrasie, EU: Waarheen nou met Europa?
Die Europese liberale sosialisme is in ’n krisis. Daar is (net soos in die VSA), ’n sterk tweespalt besig om te vorm – tussen die sogenaamde regses (oftewel nasionaliste) en die linkses (die sosialiste en toenemend ook sentristiese Europeërs).
VSA verkiesings: Dis ’n referendum oor Trump
Wat ook al die uitslag: die verdeling in die VSA tussen links en regs gaan toeneem soos nog nooit tevore nie.
Grondonteiening: Nou ook in Namibië
Namibië gaan heel moontlik spoedig (wit) buitelanders se plase onteien, moontlik met verminderde of geen vergoeding. Dit gaan uiteraard Suid-Afrikaners in Namibië direk raak, maar ook Namibië se stabiliteit en beleggingsvertroue beïnvloed. Vroeër of later sal wit Namibiërs se grond ook onder skoot kom.
Theresa May en die Brexit-spook
Die Britse eerste minister, Theresa May, se wollerige uitspraak op haar pas afgelope besoek aan Suid-Afrika, dat sy grondhervorming in Suid-Afrika ondersteun – solank dit net wettig is, was maar erg teleurstellend.
Trump se twiet: Wat nou?
Wat wel waar is, is dat die wêreld in 2018 begin kennis neem van die situasie in Suid-Afrika en dat die belangstelling van die VSA se president dié kennisname in ’n nuwe kategorie plaas.
Australië: waarheen nou met Peter Dutton se uitsprake?
Nico Stegmann neem Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake en immigrasie, se uitsprake oor die humanitêre inname van SA boere onder die loep:
Sirië: Die Weste maak droog
Die militêre betrokkenheid van soveel lande in die Midde-Ooste is sekerlik ’n bron tot kommer. Verder is dit duidelik dat onstabiliteit in die Midde-Ooste gaan voortduur vir etlike jare, soos ons nou reeds generasies daaraan gewoond is. Hoewel: die konflik is nie meer Israel teen die res nie, maar eerder die Soenniete Alliansie (en die Weste) teen die Sjiïtiese Alliansie (en die Russe).
Trump en die komende handelsoorloë
Wat ook al gebeur met die komende handelsoorlog is onseker. Dalk sal Trump nuwe werk skep in die VSA, maar in die proses ander bedrywe soos die landbou skade aanrig. Sommige ekonome verwag ’n kleiner impak aangesien die meeste lande nie hul handel met die VSA wil skaad deur ’n handelsoorlog te begin nie.
Israel se plan met onwettiges
Onwettige immigrasie is naas terreuraanvalle deur radikale Moslems seker een van die grootste vraagstukke van ons moderne samelewing.
Die val van ʼn vredesikoon – Aung San Suu Kyi
Aung San Suu Kyi se son as vredesikoon het egter vir altyd gesak. En Mianmar self is steeds ’n bitter arm land met ’n ernstige probleem: om net een van sy minderhede as ’n minderheid te erken.
Viktor Orbán – Die laaste Kruisvaarder
Is dit moontlik dat ʼn leier van ʼn relatiewe klein landjie soos Hongarye die rewolusie teen ʼn kragtige globalistiese en liberale wêreldorde kan lei?
Wat op aarde gaan in Saoedi-Arabië aan?
Die jong kroonprins Mohammed bin Salman het reeds in drie maande meer gedoen om die konserwatiewe Saoedi’s se hok dramaties te skud as in meer as 80 jaar wat die Saoediese koningshuis dié olieryke koninkryk beheer.
China se groot sprong
“Xi het nou egter die doelpale verskuif. In sy toespraak by die CKP se kongres het hy genoem dat China die middelpunt van die wêreld moet word én dat die Chinese polities-ekonomiese model ’n regeringsmodel vir ander lande moet word.”
Wladimir Poetin – die Russiese kragreus teen die Weste
Tans is Poetin Rusland en Rusland word gedefinieer deur Poetin. In die Russiese mentaliteit wat ʼn sterk leier aan beheer wil sien, kan ʼn mens kwalik insien dat ʼn ander leier Russiese belange beter sal beskerm as Wladimir Poetin.