Die mislukte militêre staatsgreeppoging in Turkye oor die naweek onderstreep die ongelukkigheid met die bewind van die Turkse regering. Turkye se president, Recep Tayyip Erdoğan, die diktator van Istanboel, het die afgelope paar jaar die hele magsbalans in Turkye, die Midde-Ooste en Europa versteur deur sy verstommende swak keuses en besluite.
Alles deur die skrywer Nico Stegmann
Wat hou ‘Brexit’ vir die wêreld in?
Die nuusmedia is vol van die referendum wat op Donderdag 23 Junie oor Brittanje se voortgesette deelname aan die Europese Unie (EU) gaan plaasvind. Nico Stegmann neem die gevolge van die besluit onder die loep.
Die verkrummeling van die sosialistiese paradys in Venezuela
Ironies genoeg het die land se agteruitgang begin met die skouspelagtige opgang van Hugo Chavez. Chavez, ʼn rewolusionêre linksgesinde Marxis, het op demokratiese wyse aan bewind gekom in 1998. Sy mandaat van die kiesers was die rewolusionêre verandering van die stelsel in Venezuela.
Brasilië – die karnaval, muskiete en rommelstatus
Die president is in die sop oor korrupsie, die ekonomie gaan drasties agteruit, rassespanning neem by die dag toe, protes teen die regering het reeds ernstige afmetings aangeneem, daar is ongelukkigheid oor sportstadions wat gebou is teen enorme koste en plakkerskampe is misdaadneste. Verkeerd. Dis nie “Zupta” se Suid-Afrika nie, ons praat van Brasilië.
Die nalatenskap van Barack Obama
Die stryd om die kandidate vir die komende Amerikaanse presidentsverkiesing aan te wys het in alle erns begin en dié stryd beloof om sy nie-amptelike naam van “die grootste vertoning ter wêreld” gestand te doen.
Mosambiek: gaan die pôpô die fên tref?
Alfonso Dhlakama, die 63-jarige leier van die Mosambiekse opposisieparty, Renamo, dreig hy gaan in Maart 2016 ses van die sewe noordelike provinsies se regerings oorneem.
Iran nou weer oop vir die Weste, én die ‘Groot Satan’
Die groot nuus, dat internasionale sanksies teen Iran opgehef gaan word, beteken dat dié land oplaas uit sy isolasie gaan ontsnap. Iran se kernooreenkoms met verskeie state wat in Julie 2015 gesluit is, het uiteindelik in werking getree.
Die mistieke Noord-Koreane en die Kim-dinastie
Noord-Korea se aanspraak dat hy vroeg in Januarie 2016 ʼn waterstofbom laat ontplof het, het die wêreld weer laat regop sit. Noord-Korea, ook bekend as die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DVRK), is die een land in die wêreld wat steeds vierkantig vasgevang is in die Koue Oorlog.
Donald Trump speel sy troewe
As Suid-Afrikaners het ons gewoond geraak aan ’n feitlik eenpartystaat met vervelige en voorspelbare verkiesings. Hoe regerings ook al droogmaak, hulle word nie uitgestem nie.
Europa: Die omgekeerde Kruistogte
Die onlangse terreur-aanvalle in Frankryk het die persepsie gevestig dat Moslems uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste nie net stelselmatig die Europese vasteland verswelg nie, maar ook toenemend “binneval”.
Oor Westerse strooipoppe en Islamitiese broedertwis
Dit is insiggewend dat die VSA en Rusland onlangs ooreengekom het om mekaar nie per ongeluk aan te val tydens hul onderskeie bomaanvalle op teikens in Sirië nie.
Probleme kan kom ná die verkiesingsuitslae in Tanzanië
Die Chama Cha Mapinduzi- party (CCM of rewolusionêre party) se presidensiële kandidaat, John Magufuli, is Donderdagaand aangewys as die wenner in Tanzanië se presidentsverkiesing.
Israel geskok oor Hamas-besoek aan Suid-Afrika
Israel het sy ontsteltenis uitgespreek oor die besoek van Hamas se politieke leier, Khaled Mishaal, aan Suid-Afrika op 18 en 19 Oktober.
Wat beteken Suid-Afrika se onttrekking aan die Internasionale Strafhof?
Suid-Afrika se voorgenome onttrekking aan die ISH is onvanpas. Die boodskap is dat die beskerming van sommige despote belangriker vir Suid-Afrika is as om internasionale konvensies te eerbiedig.