Heyneke Meyer het na Saterdag se toets die gewone dinge gesê, maar diep binne-in was hy seker ook bra teleurgesteld oor ‘n paar aspekte van die Bokke se spel.
Alles deur die skrywer Org Potgieter
Bokke skraap deur in reën en hael
‘n Toets wat in hael en vir lang tye gietende reën gespeel is, maak dit haas ontmoontlik om vier drieë te druk en uiteindelik was die Springbokke ietwat gelukkig om Argentinië 13-6 te klop.
Bonuspunt is `n moet vir Bokke
`n Bonuspunt-sege moet bo-aan die Springbokke se agenda wees wanneer hulle die Poemas Saterdag in Pretoria die stryd aansê. Die Argentyne wil ook hardloop, en dit kan beteken dat `n puik toets op ons wag.
Wallabies peuter met reëls vir mooier rugby
In ‘n land waar rugby ‘n minderheidsport is, moet jy alles doen om die belangstelling te lok. Dit is hoekom die Aussies proefreëls gaan inspan in hulle nuwe Nasionale Rugbykampioenskap (NRK).
Meyer ‘onrustig’ oor Bokke se agterlyn
Heyneke Meyer is “opgewonde, maar onsrustig” oor die agterlyn wat die Poemas Saterdag aanvat.
De Allende uiteindelik `n Springbok
Damian de Allende sal sy Springbokdebuut Saterdag teen Argentinië op buitesenter langs Jean de Villiers maak.
Juan opgeroep om Bok-krisisse te besweer
Behalwe Victor Matfield se besering is Jean de Villiers ook nog nie fiks verklaar vir die toets teen Argentinië nie. Intussen is Juan Smith vir die oefengroep opgeroep. Dit is ook moontlik dat Matfield glad nie in die Rugbykampioenskap sal kan speel nie.
Matfield se besering groot terugslag vir Bokke
Victor Matfield is beseer en sal minstens die eerste toets teen Argentinië op 16 Augustus misloop. Lood de Jager sal sy plek op nr.5-slot vul.
Meyer stel drie mikpunte vir die Bokke
Kondisionering, skrums en taktiese skopwerk is die drie areas waarin die Springbokke vanjaar moet verbeter as hulle ‘n kans in die Rugbykampioenskap wil hê.
Meyer se twee grootste kopsere
Die twee grootste probleme wat Heyneke Meyer in die gesig staar is nr.5-slot en skrumskakel.
Reinach, De Allende haal Bokgroep van 30
Heyneke Meyer het die Sharks se skumskakel Cobus Reinach vir sy vorm beloon deur hom in te sluit in die groep van 30 spelers vir die Rugbykampioenskap. Daar is sewe oorsese Springbokke in die groep, en Jean de Villiers keer terug as kaptein.
Program vir 2015 gunstig vir die Bokke
Die waarskynlike loting vir aanstaande jaar se verkorte Rugbykampioenskap lyk gunstig vir Suid-Afrika, wat twee van net drie toetse op tuisbodem sal speel.
Nuweland kry weer ‘n Aussie-toets
Vir die mense wat vrees dat Nuweland as rugbyveld se dae getel is, is daar minstens tydelike goeie nuus: Aanstaande jaar se Rugbykampioenskaptoets teen Australië is vir 27 September op die historiese veld geskeduleer.