Die man wat die 37-jarige Jaco Pretorius, ’n topbestuurslid van die Protea Coin-veiligheidsmaatskappy, in Irene na ʼn rooftog doodgeskiet het, is vandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Alles deur die skrywer Phillip
President ontken gerugte oor Mdluli-brief
Die presidentskap ontken gerugte dat president Jacob Zuma ʼn brief van Richard Mdluli, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ontvang het waarin Mdluli oor ʼn “komplot” teen hom skryf.
“Modimolle Monster” moet Weskoppies toe
Johan Kotze het moontlik ʼn geestesafwyking en is Vrydag na Weskopies vir sielkundige evaluasie gestuur.
Afdankings – Absa ontken slegte behandeling
Absa het Donderdagaand op aantygings gereageer na hulle deur die vakbond Solidariteit aangevat is oor beweerde e-pos afdankings en het gesê hulle bestuur die uittrede van sommige van hul IT-werkers.
5-jarige seun verdrink
Die liggaam van ʼn seuntjie wat sedert Woensdag vermis is nadat hy gaan swem het, is gister in ʼn kanaal gevind.
Terugbetalings van e-tolskyfies kan Sanral R25-miljoen uit die sak jaag
Terugbetalings van mense wat e-tolskyfies besit, kan die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) R25-miljoen kos.
Polisie moet R70 000 aan ‘dronk’ pastoor opdok
Die hooggeregshof in Pretoria het die polisie beveel om ʼn pastoor R70 000 te betaal ná hulle hom verkeerdelik vir dronk bestuur in hegtenis geneem het.
Kaapse komediant in warm water na hy glo kat se kop met graaf afkap
Die Kaapse komediant Mark Sampson sal na verwagting van dieremishandeling aangekla word nadat hy glo sy buurvrou se kat se kop afgekap het.
Absa-werknemers word per e-pos gepos
Minstens 140 werknemers van Absa is die afgelope week per e-pos in kennis gestel dat hulle op 9 Junie afgedank gaan word.
Vrou in hegtenis geneem na moord op man
‘n Vrou is Donderdagoggend in hegtenis geneem na sy glo haar man in Mdantsane, in die Oos-Kaap, met ʼn mes doodgesteek het.
Baba in buitetoilet gelos
ʼn Baba is Donderdag huilend tussen menslike ontlasting in ʼn buitetoilet in Thembalethu, naby George, gevind.
Jessica Leandra dos Santos en Tshidi Thamana waai die wit vlag
Die twee vroue wat die afgelope week opslae gemaak het ná rassistiese uitlatings, het Donderdag bymekaar gekom om te versoen.
17 beseer tydens stormloop by Pretoriase treinstasie
Altesaam 17 mense is vanoggend beseer ná ʼn stormloop by die treinstasie in Bosmanstraat, Pretoria.
Akademia stel ses onderrigleersentrums regoor Suid-Afrika bekend
Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, het Woensdag ses onderrigleersentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch bekendgestel.
Betogers brand twee voertuie oor toilette
Twee voertuie is Woensdagaand gedurende ʼn diensteleweringsoptog oor toilette in Kwa Thema, in die Oos-Rand, aan die brand gesteek.
Bobbejaan se kind dalk nie só slim
Bobbejane is “opvallend hardnekkig” maar miskien nie so slim soos wat verwag word nie. Dit is die bevinding wat kenners vandag aan die Kaapstadse stadsraad voorgelê het na die stad hulp ingeroep het om ʼn moontlike oplossing vir hul bobbejaan-probleem te vind.
Boewe kom glo weg met slim praatjies
Drie vermeende OTM boewe het glo vandag die polisie ʼn rat voor die oë gedraai na hulle polisie oortuig het hulle was by die bank om die OTM met geld te vul, terwyl hulle eintlik daar was om die geld te steel.
16 Voertuig-botsing in Johannesburg ontwrig verkeer
Verkeer in Johannesburg is erg ontwrig na ‘n swaarvoertuig net na 17:00 geknipmes en ‘n botsing met 15 ander voertuie op die N1-suid naby die Rivonia-afrit veroorsaak het.
Kaper doodgeskiet
ʼn Man is gisteraand doodgeskiet en ʼn ander in hegtenis geneem na ʼn kaping in Midrand.
Brand saai verwoesting by Mitchells Plain-hospitaal
ʼn Brand wat Woensdagoggend by ʼn bouterrein by die Mitchells Plain-hospitaal uitgebreek het, is volgens die Kaapse brand-en-reddingsdienste, onder beheer gebring.