Alles deur die skrywer Piet le Roux

Afrikaans: wat is die probleem, wat is die antwoord?

Daar is twee bepalende vrae wanneer ons die meen dat ons iets vir Afrikaans doen: wat is die probleem; en hoe gaan ons dit oplos?

Daarom nooi Maroela Media se Die Groot Debat verteenwoordigers van ʼn verskeidenheid Afrikaanse belange-organisasies om hierdie twee vrae aan te raak. Die gespreksreeks heet Probleme en Oplossings vir Afrikaans. ‘n Ope uitnodiging is aan verskillende organisasies gestuur en bydraes word tans ingewag.