Die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) kon nie vir `n beter eerste ronde Saterdag in die Oos-Kaapse Super12-reeks vra nie, met al ses sy spanne wat wat hul teenstanders van die Grens-rugbyunie (GRU) getroef het – al was party seges net-net.
Alles deur die skrywer Piet Ebersohn
GLRU-liga: Simmer spring met taai toffie weg
Germiston Simmer (GS) spring vanjaar sommer uit die staanspoor met `n taai toffie in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Senior Uitdaagreeks weg.
Valke: klubs sak in hul 30-talle op Delmas toe
Rugbyklubs sak jaarliks in hul dertigtalle op Delmas toe wanneer dié klub sy gewilde jaarlikse rugbydag aanbied.
Besering dwing herstelde Bok weer van veld
Pas nadat hy van `n siekte herstel het, moes die Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar Saterdag weer die veld met `n besering verlaat.
Assupolreeks: nog `n harde neut wag op Impala
Nog `n harde neut om te kraak, wag Saterdag op Rustenburg Impala in die Noorderbonde se Assupolreeks nadat hy verlede week gelykop teen Pretoria Polisie gespeel het.
RUGBYKUIERPLEK
Rugbylui is altyd op soek na `n kuierplekkie om skouers met ander lede van die broederskap te skuur en die kameraderie van die spel te geniet. Hier is enkele vooorstelle.
Valkeliga: Vereeniging mik vanjaar nog na GB
Vereeniging mik daarna om later vanjaar een van die twee vakante plekke in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker (GB) te vul.
Eshowe-rugbydag vier 70ste bestaansjaar
Waarskynlik die oudste klubrugbydag in die land, Eshowe se toernooi om die Bozasbeker, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.
Ontstoke Despatch dreig met hof oor Goue Beker
`n Erg ontstoke Despatch dreig om die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) hof toe te vat nadat die klub met skok op Facebook verneem het hy neem nie vanjaar aan die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker deel nie.
Oos-Kaapse Super12-reeks ter elfder ure gered
`n Week of wat gelede was die Oos-Kaapse oorgrensreeks, die Super12, van die baan; nou is dit gered en klap die eerste skote in vanjaar se reeks Saterdag wydverspreid in die provinsie.
Goue Beker-groepe deur Saru bekend gemaak
`n Strawwe Wes-Kaapse derby teen Worcester Villagers (Boland) wag op die Goue Beker-kampioen, Durbanville-Belville (Westelike Provinsie), kragtens die bepalings vir vanjaar se oopklubreeks wat Donderdag deur die SA Rugbyunie uitgereik is.
KZN-liga: Rovers beloof skouspel op rugbyveld
Vrypostige voorspellings wil hy nie waag nie, maar een ding is seker, die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Murraybeker-kampioen is vanjaar verbind tot skouspelagtige rugby.
Wanderers wil Goue Beker met RWB-spelers wen
Namibië se verteenwoordiger in die oop klubs se reeks om die Goue Beker (GB), FNB Wanderers van Windhoek, hoop om minstens vier spelers in te span wat die land in die afgelope toernooi om die Wêreldbeker (RWB) verteenwoordig het.
Rugbyspelers red visse vir spanbou en stamina
Moenie lag as Vryheid se rugbyspelers vertel hulle vang vis om fiks te word nie – hulle verwys allermins na hengel!
Namibië, Zimbabwe lig sluier oor GB-deelname
Namibië en Zimbabwe het Dinsdag die sluier gelig oor hul oop klubs se deelname aan die toernooi om die Goue Beker (GB) wat op 10 September in Suid-Afrika afskop.
Assupol se peil hoër; aartsteenstanders val vas
Midde-in aanduidings dat die peil van die Noorderbonde se Assupolreeks hoër as verlede jaar is, het die aartsteenstanders Pretoria Polisie en Rustenburg Impala Saterdag in die eerste ronde teen mekaar vasgeval.
KZN-klubs: Premierliga kry nuwe struktuur
Die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se topliga, die Premierliga om die Moorbeker, kry vanjaar `n nuwe struktuur.
Limpopo se Renosters sak koppe vir GB-stormloop
Limpopo se Renosters is besig om hul koppe te laat sak vir die stormloop na die Goue Beker waarom die land se voorste oop klubs einde hierdie seisoen meeding.
KZN: Piet Retief kry harde neut om te kraak
Piet Retief kry `n harde neut om te kraak in die hoofwedstryd van sy rugbydag op 27 Februarie as hy die wenner van die Pumas se Hoëveldliga die stryd aansê.
Griffonsklubs sal Luiperdspanne gou toets
Die twee klubs van die Luiperds wat vanjaar saam met die Griffons se voorste klubs in die nuwe Griffons-Luiperdsliga meeding, sal sommer met die afskop `n goeie aanduiding kry van wat op hulle wag.