`n Oulap se rooi maak mooi, lui die spreekwoord, en dis ewe waar wat rugby, en dalk veral Superrugby, betref.
Alles deur die skrywer Piet Ebersohn
Swart Kersfees nie net Cheeky se skuld
Dis nie net die verguisde Cheeky Watson wat die skuld daarvoor moet dra dat `n klompie belowende Oos-Kaaplandse rugbyspelers deur `n swart Kersfees in die gesig gestaar word nie.
Vlymskerp kritiek teen ‘kleinlike politiekery’
Vlymskerp kritiek teen wat as ‘kleinlike politikery’ by die aanstelling van `n afrigter vir die Springbokke bestempel word, word deur die internasionale webwerf Planet Rugby uitgespreek.
Media verdien rooi kaart vir flagrante oorsig
Die media wat die benoemings vir die SA Rugbyunie (Saru) se span van die jaar gedoen het, verdien `n rooi kaart vir `n flagrante en ontstellende oorsig in dié opsig.
Olimpiese Spele kan rugbydwelms op spits dryf
Rugby se deelname aan die Olimpiese Spele aanstaande jaar kan die sluimerende kwessie van die gebruik van opkikkers in rugby op die spits dryf.
Supertameletjie wag dalk op Argentynse rugby
Dit lyk of daar in die komende jaar `n supertameletjie op die Argentynse Rugbyunie (UAR) kan wag.
Sanzar kan sy Suiderkarakter heeltemal verloor
Sanzar kan sy karakter as beheerliggaam van rugbyreekse in die Suidelike Halfrond geheel en al verloor as mediaberigte `n aanduiding van die pad vorentoe gee.
In hoeverre kan borge transformasie afdwing?
Dit raak `n belangrike vraag in hoeverre borge transformasie in Suid-Afrikaanse rugby sal kan afdwing noudat Absa oënskynlik tou opgegooi het in sy pogings om dit reg te kry.
WR-grootbaas wil Japan in Rugbykampioenskap hê
Die grootbaas van Wêreldrugby (WR) wil hê dat Japan saam met Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië aan die Rugbykamioenskap moet deelneem, berig ESPN Scrum.
Katjiestewelse se kaperjolle alte ‘kommin’
`n Mens wonder soms oor rugby se Katjiestewelse se kaperjolle met hul bonte skoeisel wat by die dag meer aan `n Smartie-dosie op die veld herinner.
Heineke vat nege ‘nuwes’ saam Australië toe
Nege spelers wat nie in die Springbokgroep teen die Wêreldvyftiental was nie, is ingesluit in die 31-tal wat Brisbane toe gaan vir die toets Saterdag teen Australië in die Rugbykampioenskap.
Bismarck sê wéér jammer, maar Sharks straf hom
`n Mens wonder of Bismarck du Plessis se jongste verskoning oor sy wangedrag op die rugbyveld die papier werd is waarop dit geskryf is.
Regering én Saru laat ons rugby in die steek
Dit uittog van jong Suid-Afrikaanse spelers moet `n les vir die regering en die rugbybase wees – anders kan dit allerhande slegte gevolge vir die land se rugby hê en ook tot groot geldverliese ly. Die tyd vir jabroer speel is verby.
‘Superreeks kan in 2016 doodloop’
Daar heers ernstige kommer dat `n gebrek aan spelers van gehalte en `n voortspuitende verwatering in die mededingendheid die Superugbyreeks in 2016 kan laat doodloop.
Heftige ‘skrumstryd’ bars in Wallis los
`n Heftige “skrumstryd” is in Wallis aan’t onwikkel nadat die nasionale voorspelerafrigter, Robin McBryde, kommentators op die TV-kanaal S4C se Clwb Rygbi gekapittel het oor hul kritiek op skrums.
Aanval is die antwoord
Dis die beste aanvallers en nie die beste verdedigers nie wat Superugby wen, is die slotsom waartoe die gerekende tydskrif Rugby World kom ná `n ontleding van die afgelope 19 reekse.
‘Jukskei sal rugby verder verswak’
So teen 1959 was daar ernstige kommer oor die gehalte van SA rugby. Die vorige twee toetsreekse teen die All Blacks (1956) en die Franse Hane (1958) is verloor en die volgende reeks teen die All Blacks was voor die deur. Dit wou-wou lyk of daar nog skande op die Springbokke wag.