Al vier Ierse rugbyspanne het Vrydag en Saterdag, selfs sonder die meeste van hul Sesnasies-spelers, bonuspuntoorwinnings in die Verenigde Rugbykampioenskap behaal, wat sake vorentoe vir veral die Stormers en Lions kan beduiwel.
Alles deur die skrywer Pieter Kruger
Charl en Louis rooiwarm in die woestyn
Die amperse boomlose Royal Greens-gholfbaan met die lowergroen ruveld in die woestyn in Djeddah in Saoedi-Arabië, pas die vier Suid-Afrikaners (Stinger-span) wat daar in die LIV-toernooi speel soos ʼn handskoen.
Lions se Delano Potgieter kolf WP flenters
Pen maar die naam van die 27-jarige onbesonge Delano Potgieter iewers neer.
Lions brul hard teen vuisvoos Sharks
Die telling was rustyd 19-10 in die guns van die Lions toe dit hard begin reën het met ’n gepaardgaande ʼn elektriese storm wat oor Johannesburg geskuif het.
Gholf: SA gholfspelers bult hul spiere
Die Suid-Afrikaanse vlag het Vrydag hoog gewapper toe van Suid-Afrika se voorste gholfspelers in gholftoernooie oor die wêreld heen hul stemme dik gemaak het.
Soet vir Poemas, suur vir Blitsbokke
Die onweerswolke pak steeds saam om die Blitsbokke; die mans kon slegs negende en die vrouespan maar 12de eindig.
Knap gedaan, Jake
’n Paar jaar gelede was die 29-jarige Amerikaner Jake Knapp nog ʼn uitsmyter by ʼn restaurant en het hy by ʼn nagklub gewerk nadat hy sy spelersregte verloor het, maar Sondagaand op Vidanta Vallarta het sy lewe onherroeplik verander.
Sesnasies: Italië pluk Hane se vere
Die Franse het bra planloos voorgekom sonder hul kaptein en skrumskakel Antoine Dupont, wat nou eerder verkies om sewesrugby te speel.
Gholf: Daar’s ‘n wind wat (in Gqeberha) waai
Wanneer die wind die dag in Gqeberha behoorlik waai, dan waai hy jou weg. Dit was die geval in Saterdag se derde ronde van die Sonskynreeks se NMB-kampioenskap, wat op die Humewood-gholfbaan gespeel word.
Sesnasies: Iere stamp Wallis ook uit hul pad
Soms lyk dit asof die Iere te veel met die bal probeer speel en dit oordoen, maar dis hoe die krake in die verdediging onstaan, dis hoe die Iere en hul grootste voedingsbron Leinster jare lank reeds speel. Wie kan teen drie bonuspuntoorwinnings in drie Sesnasies-wedstryde stry?
Dis Bul teen Bul wanneer Noord teen Suid speel
In die ou dae het die tweestryde ook as nasionale proewe gedien, nuwe helde is gebore en weke lank is daar oor die tweestryd gepraat, gestry en dan ʼn hele paar enetjies met eish geskink terwyl ʼn tjoppie of twee oor die kole gegooi is.
Gholf: Van Rooyen klou vas, maar word kwaai gejaag
Suid-Afrika se Erik van Rooyen is steeds stewig in die wedloop ná die tweede ronde van die Mexikaanse Ope-gholftoernooi wat by Vidanta Vallarta gespeel word, maar hy sal baie diep in die laaste twee rondes moet delf.
Matsuyama se groot deurbraak
Die Japanner Hideki Matsuyama was twee jaar lank in gholf se wildernis voordat hy hom Sondagaand op die Riveira-baan in Los Angeles daaruit losgewikkel het.
Swem: So naby en tog so ver vir Coetzé en Van Niekerk
Twee vierde plekke! Dit was die effense hartseerverhaal van die Suid-Afrikaanse swemspan op die laaste aand van Wêreldswembyeenkoms in Doha.
Só lyk pad vorentoe in VRK-reeks
Suid-Afrikaners gaan op 20 en 27 April ʼn goeie voorsmakie kry van dít wat op die Springbokke wag wanneer hulle in Julie in twee toetswedstryde teen Ierland speel.
Gholf: Vriende se voet in Genesis-toernooi
Die twee Amerikaners Patrick Cantlay en Xander Schauffele is baie goeie huisvriende maar wanneer die laaste ronde van die Genesis-gholftoernooi in Kalifornië egter Sondagaand aanbreek, word die vriendskap opsy geskuif.
Swem in Doha: SA swemmers in die agtergrond
Dit het voorheen ook al gebeur dat ʼn Suid-Afrikaanse swemspan swak op ʼn Wêreldkampioenskapsreeks of belangrike byeenkoms vaar, maar homself dan regruk vir die Olimpiese Spele.
Stormers deel weer slae uit op Kingspark
Die statistiek vertel die verhaal: Die Stormers het nou al ses van hul laaste ses wedstryde gewen.
Gholf: Griep trek Tiger plat
Hy kon in die tweede ronde net tot by die sewende putjie vorder voordat hy halt geroep het nadat hy erg dronkerig gevoel het.
Afrikabekertoernooi: Haller skryf sy eie sprokie
Daar is baie sprokiesverhale in sport. Daarvan kan Sebastien Haller, die held van Ivoorkus se sokkerspan, getuig.