Daar word vertel hoe Ollie le Roux, net voordat hy sy buiging vir die Vrystaat gemaak het, teen Bester moes sak.
Alles deur die skrywer Pieter Kruger
Fairy Heatlie kies die groen truie van die nasionale rugbyspan
As kaptein kon Heatlie die truie gekies het waarin Suid-Afrika gespeel het en hy het op donkergroen besluit, wat die kleure van sy skool/klub, Old Diocecans, was.
Gavin Johnson verdien ook ʼn ereplek in Springbok-annale
Johnson, nou 53, het in sewe toetse tussen 1993 (onder Ian McIntosh as afrigter) en 1995 vir die Bokke gespeel en was nie een keer in ʼn verloorspan nie.
Bokke pronk teen Samoa, ook toe ná die tyd
Die Bokke het nege glansdrieë gedruk, die Samoane van hul doellyn af weggehou en 13 spelers was in die opdrafspan wat slegs ʼn rapsie meer as twee maande later die All Blacks in die WB-eindstryd met 15 – 12 geklop het.
Klubrugby was eens ook voor in die tou
Die klubtoernooi was een van die groot hoogtepunte, wat deur die agt top-klubspanne van die toetsunies beslis is.
Kapteinskap kan ’n meulsteen om die nek word
Die oud-Springbok-losskakel Joel Stransky het altyd gesê ʼn mens kies eerste jou kaptein en dan die span, maar ander kenners was van mening dat jy eers die span kies en dan die kaptein daaruit aanwys.
Skrum, skrum, skrum – en die grondslag is gelê
Daar is sekere dinge in rugby wat nooit sal verander nie, soos daardie eerste skrum. Jy kan nog met ʼn swak lynstaan wegkom, want jou haker kon die bal skewerig ingegooi het.
Bokke se droewige terugkeer in 1992
Twee drieë teen die einde deur Danie Gerber en Pieter Müller het ewe skielik ʼn paar rimpelings in die All Black-kamp veroorsaak en die duisende Suid-Afrikaanse ondersteuners moed gegee vir die Wallaby-toets.
Die lojale Lem het diep in Springbokrugby gesny
Honiball, wat in 35 toetse vir die Springbokke tussen 1993 en 1999 gespeel het, verdien baie meer lof as wat hy gekry het.
Van rompe, handtekeninge en ʼn Bybelversie
Nadat hy die foto gesien het, het Serevi sy handtekening met groot oë uitgedeel, ʼn boodskappie aan my seuns geskryf en ook ʼn Bybelversie onderaan geheg, net soos die verwysing na die teksvers wat hy om sy gewrigsbandjies op die veld met die kruisie daarby gedra het.
Die Saterdag toe Suidoos-Transvaal die WP laat bloos het
Draai die horlosie terug na 4 Junie 1983 toe Suidoos-Transvaal die Westelike Provinsie met 24-19 in die Lionbeker-reeks geklop het. Dit sal steeds in die annale van Suidoos-Transvaal en later die Pumas as hul roemrykste oorwinning bekend staan.
So byna was ’n All Black en ’n Leeu Bokke
Van die bekendstes was die Ierse en Britse Leeus-skrumskakel John Robbie, die All Black-senter Grahame Thorne en die veelsydige All Black-voorspeler Alan Sutherland.
Gaan Jake White Loftus weer blou maak?
White is sedert sy aanstelling by die Bulle meer in die kollig as die meeste ander huidige afrigters, hoewel hy nog nie eens op Loftus Versfeld ingeval het nie.
Die gort was gaar oor die Nieu-Seelandse Kavaliers
Só is die saadjie dan gepant vir ‘n Nieu-Seelandse span wat in 1987 die eerste Wêreldbekertoernooi (sonder die Bokke) gewen het.
Bokke en Amerikaanse toets in 1981, voor 30 toeskouers
Daar was net 30 toeskouers en beamptes – die minste nog vir enige toetswedstryd; nie eens die volle Springbok-toerspan het van die afskop geweet nie en ook nie die media nie.
Jy word nie maklik ’n Springbok in rugby én atletiek nie
Dis hoekom daar nog net drie Suid-Afrikaners was wat vir die Springbokke rugby gespeel het en ook die land op die atletiekbaan verteenwoordig het.
Oud-Bok Johan le Roux se een sekonde van waansin
ʼn Mens wonder steeds wat in 1994 kon gebeur het as die gewese Springbokstut Johan le Roux nie destyds aan die All Black-kaptein Sean Fitzpatrick se oor geknibbel het nie.
Die Bokke en die berugte polisiekoppie
Elkeen van die 13 rugbyafrigters wat die Springbokspan sedert 1992 afgerig het, sal sekere dinge vir altyd koester, en ander dinge so gou moontlik wil vergeet.
In rugby was staanplekke die beste sitplekke
Dink maar aan Nuweland, waar staanplekke, al was dit soms in die koue en reën, amperse erestatus beklee het.
Soet en suur van Springbok Brent Russell
ʼn Mens wonder steeds in hoeveel toetse Brent Russell sou gespeel het as hy nie die blote klimtol van die Springbokspan tussen 2002 en 2006 was nie.