Dis terug tekenbord toe, al word jy beskou as die beste eendagkrieketspan ter wêreld.
Alles deur die skrywer Pieter Kruger
Nou moet die Blitsbokke opstaan en terugveg
Daar is geen rede vir paniek nie, maar die Blitsbokke se vertoning in dié naweek se sewestoernooi in Hamilton, Nieu-Seeland, kan die rigtingwyser vir die res van die reeks wees.
As jy nie wen nie, word jy gepos, behalwe in SA
Ulster se rugbyspan sukkel effens en wat gebeur? Die afrigter Les Kiss word gepos. Die Ospreys raak die pad byster en wat gebeur? Steve Tandy word gepos. Die Springbokke ploeter en wat gebeur? Allister Coetzee klou vas aan sy pos.
Sou die huidige Bokke dit in 1981 reggekry het?
ʼn Mens het begrip vir Allister Coetzee se gebrom dat die Sprinbokke se toer aan die einde van verlede jaar op ʼn heel verkeerde noot begin het toe daar van die spelers verwag is om in ekonomiese klas na Londen op pad na Dublin te vlieg.
Die wonderwêreld van stutte
Wanneer die son begin water trek en die kole begin gloei, is dit die regte tyd om oor rugby te praat.
Die handskoene is afgehaal; nou gaan die geveg éérs begin
Dit gaan nog baie lank duur voordat die vuil wasgoed in Suid-Afrikaanse rugby klaar gewas is.
Australiese Ope: Roger Federer, tennislegende
Daar word deesdae alte maklik na goeie sportmanne as legendes verwys, maar wanneer iemand Roger Federer se naam noem, kan dit maar in die oortreffende trap gebruik word.
Australiese Ope: Wozniacki nie meer die strooimeisie nie
Vergeet van Serena Williams, vergeet van Maria Sharapova. Saterdag se eindstryd van die vroue-enkelspel van vanjaar se Australiese Ope-tennistoernooi het al die bestanddele van ʼn riller gehad.
Die bekgeveg word al hoe feller
Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, moet pasop dat hy nie dieselfde paadjie as Peter de Villiers stap nie.
Australiese Ope: blink Federer bo ná blase Chung kelder
Hoe klop jy ʼn teenstander wat net 17 stelle nodig gehad het, en nie een in sy opmars om tot die eindstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne deur te dring afgestaan het nie?
Hoort Willie le Roux nie in die Springbokspan nie?
Willie le Roux is een van daardie rugbyspelers wat Dok Danie Craven ʼn voetballer sou noem.
Waar het krieket vir SA verkeerd geloop?
Eers Nuweland, toe Supersportpark en nou die Wanderers.
Australiese Ope: Čilić stamp Edmond uit sy pad
Die Kroaat Marin Čilić staan vierkant in Roger Federer, of dalk nog die Suid-Korean Hyeon Chun se pad in Sondag se eindstryd van die Australiese Ope-tennistoernooi.
Japan is dalk ʼn opsie vir Rudy Paige
Die deure word die een ná die ander in Rudy Paige se gesig toegeklap.
Australiese Ope: dis die meester teen die jong Turk
Die Switserse tennislegende Roger Federer se pad is uitgestippel om die Australiese Ope-toernooi te wen nadat hy die Tsjeg Tomáš Berdych Woensdag in die kwarteindronde met 7-6 (7-1), 6-3, 6-4 uitgeskakel het.
Australiese Ope: beseringspook trek Nadal plat
Eers Novak Djokovic en nou ook Rafael Nadal.
Keer daai skaduwee, hy’t die bal!
Dit gebeur deesdae al hoe minder dat rugbywedstryde in Europa weens die ongure weerstoestande afgelas word.
Australiese Ope: ʼn dag van skokke
Daar is ʼn ou en ware sêding in sport dat jy nie met ʼn besering kan speel of dit wegsteek nie.
Het Munster die boerpot met Chris Cloete geslaan?
Chris Cloete is een van die trekvoëls van rugby, want waar hy ook al gaan, word sy talente nie na behore geskat nie – of só kom dit altans voor.
Australiese Ope: hou jou in toom, Kyrgios
Alle tennisspelers floreer wanneer die adrenalien vloei, en as hulle boonop in staat is om kop te hou, hul humeure kan beteuel en beskeie kan bly, is die stryd meer as halfpad gewonne.