Alles deur die skrywer Pieter van den Berg

Vandag se sportnuus

Jaco Peyper sal Saterdag om 16:00 die skeidsregter wees tydens die eindstryd om die Curriebeker tussen die WP en die Sharks op Nuweland in Kaapstad en in krieketnuus word die tweede Eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande vandag in Indore gespeel.

Vandag se sportnuus

Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks is dié naweek gespeel en al drie wedstryde is deur die besoekende spanne gewen. Saterdag het Bafana Bafana egter ʼn groot oorwinning in hul Afcon-kragmeting behaal.

Vandag se sportnuus

Die eerste van drie T20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is gisteraand op Buffalo Park in Oos-Londen gespeel, in rugbynuus is 13 Springbokke vrygestel om Curriebeker‑diens te verrig en in Formule Een‑nuus het Sebastian Vettel bevestig dat hy nie Ferrari gaan verlaat nie.