Die Proteas se kaptein, AB de Villiers, het erken hy het hom misgis dat ʼn mens, ondanks beserings, net kan aanhou speel.
Alles deur die skrywer P K Deysel
Leeus maak indruk, Bulle maak skande
Net soos die Blou Bulle verlede naweek teen die Westelike Provinsie straf uitgedeel het, só het die Vrystaat Cheetahs dit Saterdag in Bloemfontein met húlle gedoen en 43-20 gewen. En op Ellispark het die ‘nuwe’ indrukwekkende Goue Leeus die Pumas ook flenters gehardloop, 68-28.
Leeus se titelverdediging begin
Die wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle Saterdagmiddag (17:10) sal waarskynlik die taaiste in dié week se Curriebekerreeks wees, maar daar sal ook heelwat fokus op die vertoning van die Goue Leeus wees.
Kings en Boland het albei heelwat te bewys
ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.
Beyers en RG Snyman terug vir die Blou Bulle
Ulrich Beyers, wat in 2014 laas vir die Blou Bulle gespeel het, is Saterdag in Bloemfontein hulle heelagter in die Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs.
Vrystaat se goue kwartier knak Kavaliers
Die Vrystaat Cheetahs was Saterdag in veral die tweede helfte van die Curriebekerwedstryd in Wellington goed, en die Boland Kavaliers sou geleer het ʼn wedstryd word oor 80 minute beslis. Die Vrystaters het 44-16 gewen.
Sharks klop Pumas met vaart en ondersteuning
Ná Vrydag se eerste twee Curriebekerwedstryde wil dit ál lyk of Suid-Afrikaanse spanne besluit het om meer te hardloop. Die Sharks het dit met rukke uitstekend in Nelspruit gedoen en die Pumas 33-10 geklop.
Bulle hardloop, klop die WP oortuigend
Ondanks ʼn lakse vertoning van die Blou Bulle na rustyd en die Westelike Provinsie wat na ʼn uur se spel effens reggeruk het, het die tuisspan die Curriebekerbotsing op Loftus maklik 45-26 gewen.
Nuwe Curriebekerborg net voor die reeks begin
Uiteindelik is ware Curriebekerrugby net om die draai. En daar is ook sommer uiteindelik die goeie nuus dat ʼn nuwe borg vir die reeks gevind is.
Dis ʼn week vir rekords op Wimbledon
Elke dag of toernooi is seker op sy eie manier ʼn soort rekord of geskiedkundige gebeurtenis, maar op Woensdag en Donderdag is daar sommer ʼn hele paar hoogtepunte op Wimbledon.
Wallabies skok All Blacks, wen titel
Australië is die Rugbykampioenskap se 2015 wenner nadat die Wallabies die All Blacks welverdiend 27-19 in Sydney geklop het.
Cheika verander vir ‘regstel’-toets
Vir die Wallabies is hulle tweede van die drie wedstryde in vanjaar se Rugbykampioenskap Sondagoggend in Mendoza meer as die gewone belangstelling werd. Die punteleer speel dié keer miskien selfs `n minder belangrike rol.
All Blacks benoud voor Poema-toets
Moenie dink dit is net Suid-Afrikaners wat benoud is oor die komende Wêreldbekertoernooi nie. Die All Blacks is baie benoud dat die tyd hulle gaan inhaal voor die groot toernooi in September in Engeland begin.