ʼn 66-jarige vrou van die Oos-Kaap het glo ʼn gedeelte van haar vermeende verkragter se tong afgebyt.
Lees meerAlles deur die skrywer RDM News Wire
ANCVL besoek Reeva se ouers
Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), het Sondag die ouers van die vermoorde model Reeva Steenkamp in Port Elizabeth besoek.
SA op rand van rommelstatus
ʼn Ekonoom het gewaarsku Suid-Afrika is op die rand van rommelstatus nadat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valutakredietgradering van stabiel na negatief hersien het.
Vier polisiebeamptes sterf in ongeluk
Vier polisiebeamptes is Vrydagaand in ʼn ongeluk op die N2 in Harding, KwaZulu-Natal, dood.
SAL mag nie Airbus-ooreenkoms wysig nie
Nhlanhla Nene, minister van finansies, het ʼn stokkie gesteek voor die Suid-Afrikaanse Lugdiens se omstrede aanbod om sy ooreenkoms met Airbus, wat vroeër vanjaar aangegaan is, te wysig.
[Video] Pikitup-staking is verby
Die Gautengse regering en Samwu onderteken Donderdag ʼn ooreenkoms om ʼn einde te bring aan die staking wat die stad Johannesburg in ʼn vuil toestand gelaat het. ‘n Video van hoe die strate tans in Johannesburg lyk, volg onderaan die berig.
Man skiet vrou, neem eie lewe
ʼn Vrou van Port Elizabeth veg vir haar lewe in ʼn plaaslike hospitaal nadat sy Woensdagaand glo deur haar man geskiet is.
Nehawu-staking uiteindelik verby
Die parlement het die aankondiging verwelkom dat lede van die Nehawu-vakbond uiteindelik hul onwettige staking opgeskort het.
Panayiotou-verhoor uitgestel
Christopher Panayiotou, die man wat beskuldig word van die moord op sy vrou, Jayde, het Woensdagoggend vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.
SA weermag deel van aanvalle op rebellemagte in DRK
Die Suid-Afrikaanse weermag se Rooivalk-aanvalshelikopters het Dinsdagmiddag talle aanvalle op Islamitiese rebellemagte in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo uitgevoer.
Skywise se vlerke vir eers geknip
Die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy (Acsa) het vlugte van die laekostelugdiens Skywise onbepaald opgeskort.
Waterbeperkings word in Kaapstad gehef
Inwoners van Kaapstad sal óf minder water moet gebruik óf meer moet betaal vir water nadat nuwe waterbeperkings Dinsdag goedgekeur is.
Panayiotou wil polisiedossier sien
Christopher Panayiotou, wat van die moord op sy vrou beskuldig word, sal volgende week hoor of sy prokureurs gedeeltes van die polisiedossier mag sien.
Top-sportadministrateur doodgeskiet
Die voormalige uitvoerende hoof van Atletiek Suid-Afrika en Suid-Afrika se Sportkonfederasie en Olimpiese Komitees (Sascoc) is Dinsdagoggend vroeg tydens ʼn rooftog by sy huis in Johannesburg doodgeskiet.
Vigs-tienersterftes het verdriedubbel
Die aantal tieners wat weens vigs sterf, het die afgelope 15 jaar verdriedubbel, met 26 nuwe besmettings elke uur, het die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, gesê.
F- vir Zuma
Die DA se jaarlikse “rapport” oor pres. Jacob Zuma en sy kabinet is deurtrek met die simbool F-.
‘Onvanpas’ vir Noakes om raad op Twitter te gee
Dit was onvanpas vir prof. Tim Noakes om raad op Twitter te gee, het die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA) gehoor.
Malema het weer houtwerk gedop, sê Mandla Mandela
Mandla Mandela het ʼn striemende aanval op Julius Malema, leier van die EFF, gedoen.
Gay predikant verloor saak in konstitusionele hof
Die konstitusionele hof het beslis Ecclesia de Lange, ʼn voormalige predikant in die Metodistekerk, mag nie as predikant dien terwyl sy met iemand van dieselfde geslag getroud is nie.
‘Reeksverkragter’ beweer polisie het saamgesweer
ʼn Vermeende reeksverkragter, wat op 152 aanklagte teregstaan, beweer die polisie het saamgesweer teen hom aangesien hy ʼn “leek” is.