Masooa het buite die hof gesê hy is gelukkig met die ondersoek van die toneel omdat dit met die verdediging se beskouing saamstem dat Pandy nie duidelik kon gesien het wat gebeur het nie.
Alles deur die skrywer RDM News Wire
Lasbrief vir Ramaphosa oor Marikana-skietery
ʼn Lasbrief is op adjunkpresident Cyril Ramaphosa bedien wat spruit uit die Marikana-tragedie, het die presidensie bevestig.
Vuurwerk beseer twee, veroorsaak glo brand
Twee mans is Woensdag in afsonderlike gevalle in KwaZulu-Natal deur vuurwerk beseer.
Een miljoen mense gebruik gratis WiFi in Pretoria
Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van die stad Tshwane, het gesê die gratis WiFi-projek in Pretoria het reeds meer as 1 miljoen registrasies.
Malibongwe-padwoede: ‘Polisie was nalatig met bewyse’ sê beskuldigde
Die motoris wat na bewering verlede jaar ʼn motorfietsryer tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, beskuldig die polisie van nalatigheid.
Vangwa-sleep: Polisiebeamptes gevonnis
Die agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is aan die moord op Mido Macia in Februarie 2013, is Woensdag gevonnis.
Polisiebeampte skiet glo juffrou, homself
ʼn Polisiebeampte van Mthatha in die Oos-Kaap het homself glo doodgeskiet ná ʼn onderonsie met ʼn juffrou in Qumbu.
Panayiotou sê hy sal enkelband dra
Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, se regsverteenwoordigers gaan glo opnuut probeer om hom op borgtog vrygelaat te kry.
Vervoerdepartement bestee glo miljoene aan geskorste werkers
Die departement van vervoer en sy onderskeie entiteite het glo oor die afgelope drie jaar nagenoeg R24 miljoen bestee aan salarisse vir geskorste werknemers.
SA man in Jordanië doodgeskiet
ʼn Suid-Afrikaner is een van die drie mense wat doodgeskiet is by ʼn polisieopleidingsentrum in Jordanië.
Moontlikheid ondersoek dat meteoriet in Oos-Kaap val
ʼn Rampbestuurspan van die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap is na die Baviaans-area ontbied om die moontlikheid te ondersoek dat ʼn meteoriet in die gebied geval het.
Skors SAL-voorsitter, sê DA
Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), met onmiddellike effek te skors.
Hupstoot vir elektrisiteit in Mpumalanga
Eskom het ʼn nuwe transformator by die Acornhoek-substasie in Bosbokrand geïnstalleer as deel van sy planne om die elektrisiteitsinfrastruktuur op te gradeer en kragtoevoer in die noorde van Mpumalanga ʼn hupstoot te gee.
Supermark-rowers nog op vrye voet
Ses gewapende mans wat Donderdagaand op die Pick n Pay by Montana Crossing in Pretoria toegeslaan het, is nog op vrye voet.
Agoa sal ‘oukei’ wees, sê Davies
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Vrydag gesê die Amerikaanse handelsverteenwoordiger het hom verseker dat die dreigende opskorting van Suid-Afrika uit Agoa-voordele opgehef sal word sodra ʼn ooreenkoms op uitstaande sake bereik word.
Twee skuldig aan Sithole-moord
Twee van die vier mans wat tereg gestaan het op aanklag van die moord op die Mosambieker Emmanuel Josias Sithole, is skuldig bevind.
Maak dit maklik vir wittes om terug te keer na SA, sê Phosa
“Kom ons maak die deur oop en verwelkom die goed opgeleide en ervare Afrikaners en ander wit mense terug wat hul geliefde land verlaat het op soek na sekuriteit, stabiliteit en erkenning van hul bydrae tot die ekonomie. Kom ons maak dit maklik vir hulle om terug te kom en te bly.”
Grond vir plaasarbeiders
Plaasarbeiders in Bathurst en Oudtshoorn is van die begunstigdes wat vandeesweek onder die landelike ontwikkeling en grondhervormingsplan plase ontvang het.
Sithole-moord: ‘Ek was kwaad’, sê beskuldigde
Bhengu het gesê Sithole het weggehardloop en hy het agter hom aangehardloop. In die hardloop het hy ʼn mes by een van die stalletjies gegryp. Toe hy uiteindelik vir Sithole inhaal, het hy hom met die mes gesteek in ʼn aanval van woede.
R14 miljoen bewillig om kleinskaal-boere te help
Volgens die departement is die vyf provinsies wat die ergste onder die droogte gebuk gaan die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal. Tot op hede is slegs die Noordwes en die Vrystaat as rampgebiede verklaar.