ʼn Groep soldate, meeste van hulle onbekend aan die publiek, het op nasionale televisie aangevoer dat hulle Niger se regering omvergegooi het ná ʼn skynbare staatsgreep.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/AFP
Toeskouer laat helfte van Tour de France val
Die Tour de France het Sondag skaars die 15de been van dié wêreldbekende wedren afgeskop toe ʼn toeskouer glo sy arm uitgesteek het net toe die peloton verbygekom het.
SA’ner sterf in heli-ongeluk in DRK
“Rus sag my liefste jongseun. So trots op jou.”
Semenya wen appèlsaak in Europese hof
Caster Semenya weier om medikasie te neem wat haar testosteroonvlakke verlaag, soos deur Wêreldatletiek vereis word.
Brics-beraad gaan ‘in persoon’ voort ondanks Poetin-lasbrief
Pres. Cyril Ramaphosa het benadruk volgende maand se Brics-beraad sal in persoon plaasvind.
OceanGate staak alle ekspedisies
Toeriste en verkenners kon vir 13 jaar onder meer na onderwaterwrakke soos die ‘Titanic’ gaan kyk.
Dís hoekom daar minder beurtkrag is
Suid-Afrikaners krap steeds kop oor die skielike afname in die erge kragonderbrekings wat die land en ekonomie die afgelope paar maande lamgelê het.
Zuckerberg se ‘Twitter’ raap oornag 10 miljoen verbruikers op
“Ek dink daar moet ’n openbare gesprek-app wees met meer as ʼn miljard mense daarop. Twitter het die geleentheid gehad om dit te doen, maar het dit nie reggekry nie. Hopelik sal ons.”
Kunsmatige intelligensie help om katte se pyn te herken
Hulle het 6 000 foto’s van katte versamel waarin hulle die posisies van die diere se ore, neuse, snorbaarde en ooglede noukeurig bestudeer het.
VSA-hof verbied ras as faktor vir universiteitstoelating
“Nou sal studente kan meeding gebaseer op gelyke standaarde en individuele meriete.”
Titan-tragedie: Wrakstukke, ‘menslike oorskot’ uit water gebring
“Daar is nog ʼn aansienlike hoeveelheid werk wat gedoen moet word om die faktore te verstaan wat tot die katastrofiese voorval gelei het.”
Parys-beraad soek internasionale finansiële hervorming
Ekonomieë moes die afgelope paar jaar verskeie skokke te bowe kom: die Covid-19-pandemie, Rusland se inval van Oekraïne, stygende inflasie, skuld en die toenemende koste van omgewingsrampe wat deur aardverwarming vererger word.
Prins Harry maak geskiedenis met Britse hofgetuienis
Indien hy Dinsdag in sy regsgeding teen die uitgewer van die “Daily Mirror” getuig, sal hy die eerste lid van die Britse koninklike familie wees wat sedert die laat 19de eeu in die hof getuig.
Brics-beraad sál in SA gehou word
Die minister van buitelandse sake het bevestig dat die Russiese president, Wladimir Poetin, inderdaad na die beraad genooi is, en dat die regering na “regsopsies kyk”.
Regstappe begin om Poetin-inhegtenisneming in SA af te dwing
Die DA se regstappe kom kort nadat die regering diplomatieke immuniteit aan amptenare verleen het wat vandeesweek ʼn vergadering van Brics-ministers van buitelandse sake bywoon. Dié immuniteit geld ook vir die Brics-ministers se staatshoofde wat later die land gaan besoek.
Oud-SA’ner, nog 11 sterf vanjaar reeds op Everest
Dr. Pieter Swart (64) het siek geraak in die gebied bo 8 000 m wat as die “doodsone” bekend staan weens die dun lug en lae suurstofvlakke.
Rusland plaas Internasionale Strafhof-aanklaer op gesoekte lys
Russiese owerhede het die Internasionale Strafhof-aanklaer Karim Khan op ’n “gesoekte” lys geplaas nadat die hof in Maart ’n lasbrief vir president Wladimir Poetin se inhegtenisneming uitgereik het.
GROOTfm gooi gewig agter renosterbewaring
Die GROOTfm-span het in Aprilmaand as deel van hul #Lositbeter-projek die kollig op renosterbewaring geplaas.
Soedan besig om in te plof – VN
Intussen word ʼn groep Suid-Afrikaners wat inderhaas uit die geweldgeteisterde Soedan geneem is, Sondagoggend terug op tuisbodem verwag.
Soedan: SA’ners dalk Vrydag terug by die huis
Suid-Afrikaners wat in Soedan vasgekeer was, sal na verwagting Vrydag van Egipte na Suid-Afrika terugkeer.