Markus Jooste, Steinhoff se uitvoerende hoof, het verlede week inderhaas bedank nadat die maatskappy gevra het dat ʼn ondersoek gedoen word na beweerde rekeningkundige onreëlmatighede en moontlike bedrog.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/ANA
Zuma wil appelleer ná Abrahams sy pos kwyt is
“Terwyl die president vir ʼn volledige oorsig van die uitspraak wag, is hy aangeraai dat daar, met alle respek gesê, talle elemente is wat aandui dat ʼn appèl suksesvol kan wees.”
Shaun Abrahams sy pos kwyt
Die aanstelling van Shaun Abrahams as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) was onwettig en moet ter syde gestel word.
ANC in Gauteng kies hul voorkeurkandidaat
Die ANC in Gauteng het Saterdagaand in Irene in Centurion hul voorkeurkandidaat benoem om pres. Jacob Zuma op te volg.
Video en foto’s: Swart Vrydag-winskopies lei tot vertrapping
Op die video kan gesien word hoe die glaspanele aan die voorkant van die winkel kraak soos die skare vorentoe beur en sommige mense wat val en onder die histeriese inkopiegangers se voete beland.
Talle dood ná bom deur moskee ruk
Die aanval was die dodelikste nog in die streek te midde van ʼn opstand van die Islamitiese Staat waarin honderde polisiebeamptes en soldate reeds vermoor is.
‘Panayiotou moet lewenslank tronk toe’
“Ek word yskoud as ek dink wat deur Jayde se kop moes gegaan het toe sy ontvoer is. “
Panayiotou-saak: Middelman nou moontlik verhoor
Die selferkende middelman in die moord op Jayde Panayiotou het ʼn art. 204-getuie geword, maar gaan nou moontlik vervolg word.
Zimbabwe: Adjunkpresident gaan leisels oorneem
Emmerson Mnangagwa, die adjunkpresident van Zimbabwe wat onlangs die trekpas gegee is, gaan voor Vrydag as waarnemende president beëdig word nadat Robert Mugabe Dinsdagaand amptelik as president van die land bedank het.
Profiel: Die einde van die Mugabe-era
Robert Mugabe se bedanking kom ná ʼn week van onstuimigheid in Zimbabwe.
Zim-weermag glo in beheer; staatsgreep steeds ontken
“’n Weermag-geleide oorgangsfase sal nou die weg baan vir ‘n vreedsame, vry en regverdige demokratiese verkiesing.”
[Foto’s] Iran-Irak-aardbewing dodelikste vir 2017
Die kragtige aardbewing van 7,3 wat die grens tussen Iran en die noorde van Irak Sondagaand getref het, word as die dodelikste aardbewing vir 2017 bestempel nadat die dodetal aansienlik gestyg het.
[Foto’s] Vyf huise in Gordonsbaai-brand verwoes
Inwoners in die gebied het Dinsdag begin om hul huise te ontruim.
Sanco vaar uit teen plaasmoorde én bendegeregtigheid
“Plaasaanvalle moenie verpolitiseer of rassig gemaak word nie. Ons kan dit sien met die aanval van Corbett en Thsotetsi – dit raak almal. Dié wat plaasaanvalle as rasgemotiveerd klassifseer, is opportuniste wat alles deur die prisma van ras sien en gedryf word deur die bitterheid van vergane mag en voordeel.”
NY-terreuraanval is ‘maande lank’ beplan
Volgens mediaberigte het Saipov aan ondersoekbeamptes gesê hy “voel goed” oor die aanval.
[Foto’s] Agt sterf in New York-terreuraanval
“Ek het baie bloed daar gesien. Baie mense het op die grond gelê.”
[Foto’s] Swart Maandag: Duisende trek by Kanonkop saam
Duisende mense het by Kanonkop in Klapmuts naby Stellenbosch bymekaargekom vir ʼn optog teen plaasmoorde.
Zuma laat vaar aansoek oor staatskapingverslag
Pres. Jacob Zuma se regspan het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om die regstellende stappe in die voormalige openbare beskermer (OB) se staatskapingverslag te hersien, laat vaar.
EFF vertraag mini-begrotingsrede
Die EFF het Woensdag probeer om Malusi Gigaba, minister van finansies, te verhoed om sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk te lewer deur hom ʼn “misdadiger” en ʼn “Gupta-seun” te noem.
‘Sekspes’-busbestuurder moet glo vrygelaat word
Die Gautengse departement van onderwys het vroeër gesê die busbestuurder is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 13-jarige leerder op 13 en 16 Oktober seksueel aangerand het.