Lyfstraf in skole is al vroeër onwettig verklaar, maar daar is nog nie voorheen ʼn regsuitspraak gelewer oor volwassenes wat binne ʼn gesin kinders ʼn pak slae gee nie.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/ANA
‘Kernkrag ʼn groot rede vir kabinetskommeling’
“Die kabinetskommeling het niks daarmee te doen om die regering meer effektief te maak en die mense van ons land te dien nie. Inteendeel, Jacob Zuma steek oënskynlik sy kritici in die pad.”
10111-staking ‘is onbeskermd’
“Ons het na die minister toe gegaan, [maar] hy het nie tyd vir lede nie. Hy is besig om te twiet, hy is besig op Facebook.”
[Foto’s en video] Durban begin omvang van skade bepaal
Sewe mense het Dinsdag in die storm gesterf, onder wie ʼn agtjarige kind wat deur weerlig getref is en ʼn 46-jarige man wat verdrink het toe hy ʼn rivier probeer oorsteek het.
300 skole, 5 hospitale geraak deur KZN-storm
IPSS-nooddienste het in ʼn verklaring gesê ʼn kleuter word ook sedert Dinsdagmiddag vermis nadat hy glo meegesleur is deur ʼn blitsvloed in Umlazi.
[Foto’s] Storm rig reuseskade aan in Wes-Rand
Een mens is dood, minstens vier beseer, verskeie geboue verwoes en talle mense dakloos gelaat toe ʼn hewige storm die Gautengse Wes-Rand Maandagmiddag getref het.
Verskeie waarskuwings vir donderstorms uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Maandag waarskuwings uitgereik vir hewige donderstorms op verskillende plekke in die land.
Coligny-moordsaak: Twee weer in hof
Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans van Coligny in Noordwes wat verdink word van die moord op ʼn 16-jarige seun wat glo sonneblomme gesteel het, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op die dorp verskyn.
Las Vegas-skietery: Terreurgroep beweer betrokkenheid
Daar het intussen ook meer inligting oor die skieter aan die lig gekom.
Berigte oor rocker se ‘dood’ saai verwarring
Daar is glo ook ʼn gedenkdiens by die rocker se ster op die bekende Hollywood Walk of Fame gereël, maar dit is gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat berigte van sy dood nie bevestig kon word nie.
Las Vegas-skietery dodelikste in VSA se geskiedenis
Die dodetal het intussen weer skerp gestyg terwyl die naam van die skieter ook bekend gemaak is.
11 in Kaapstad koelbloedig afgemaai
Altesaam 11 mense is Vrydagaand in ʼn Kaapstadse voorstad doodgeskiet.
Staking oor lone raak gewelddadig
“Ons is binne vasgekeer, in die drankafdeling, en die mense toyi-toyi buite. Hulle het vir ons gesê om na die agterkant van die winkel te beweeg.”
‘Boelie-voorvalle moet reg hanteer word’
Die media het die afgelope paar weke oor verskeie boelie-voorvalle berig, onder meer die dood van Louis de Jonge, ʼn 13-jarige leerder van Benoni wat verlede week gesterf het nadat hy glo by sy skool onder boelies deurgeloop het.
Uiteenlopende reaksie op Khoza se bedanking
“Ons glo alle eerlike lede moet bly en saamstaan met ander wat ʼn einde wil sien aan hierdie nagmerrie wat ons land verswelg.”
Man weer in hof oor beweerde skietery op plaas
Die 24-jarige man word daarvan beskuldig dat hy Tebogo Ndlovu glo op 2 Augustus op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing geskiet het terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans lemoene gesteel het.
[Foto’s] Honderde sterf toe nóg ʼn aardbewing deur Meksiko ruk
Die jongste aardbewing kom op die 32ste herdenking van ʼn rampspoedige aardbewing wat in 1985 die lewe van duisende mense in Meksikostad geëis het.
Pta-gruvonds: Vyf verdagtes in hof
Veiligheidsbeamptes by die Copperleaf-landgoed in die Mnandi-omgewing was besig met ʼn patrollie toe hulle ʼn brand opgemerk het. Hulle het gaan ondersoek instel en op die liggame afgekom. Die mense was vasgebind en hul monde toegebind.
‘Grace jok oor selfverdediging’
Die Pretoriase hooggeregshof is intussen genader om die diplomatieke immuniteit wat aan Grace Mugabe toegestaan is, te heroorweeg.
Jong man in hof oor beweerde skietery op plaas
ʼn 24-jarige man het Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van ʼn man van Majakaneng wat tot gewelddadige betogings in die gebied gelei het.