Nooddienswerkers het foto’s van die haai op Twitter gedeel met ʼn waarskuwing dat mense uit die vloedwater moet bly.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/ANA
Ondersoek na familielid wat baat by Eskom-kontrakte
Die Eskom-raad het vandeesweek gesê hy sal ʼn forensiese ondersoek van stapel stuur na bewerings dat Matshela Koko, waarnemende uitvoerende hoof van die kragvoorsiener, na bewering R1 miljard se tenders aan ʼn maatskappy, waarvan sy stiefdogter ʼn direkteur is, toegeken het.
Ahmed Kathrada oorlede
Ahmed Kathrada, die ANC-strydros, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Gordhan-terugroeping tref rand soos ʼn slopingsbal
Pres. Jacob Zuma se besluit om die minister van finansies, Pravin Gordhan, terug te roep na Suid-Afrika van hul oorsese beleggingstoer, kom op ʼn uiters ongeleë tyd vir die land se ekonomie wat vir die eerste keer in ʼn lang tyd verskeie positiewe tekens begin toon het.
Polisie ontken Kaapstad-busse is aan die brand gesteek
Die polisie in die Wes-Kaap het in ʼn verklaring gesê gerugte op sosiale media dat busse en voertuie aan die brand gesteek is of dat skote gevuur is, is onwaar.
[Video] Onderwyskongres afgestel toe chaos uitbreek
“Hulle het ook in ons gesigte die kreet ‘one settler, one bullet’ geskree en die ‘Kill the Boer’-liedjie gesing. Daar het ʼn groot bakleiery uitgebreek – mense het mekaar met stoele gegooi en lede van AfriForum Jeug is aangerand.”
Vuurwapens steeds vermis ná inbraak by polisiestasie
ʼn Spesiale taakspan, wat onder andere kenners uit Pretoria bevat, is steeds op soek na verdagtes wat by ʼn Oos-Kaapse polisiestasie ingebreek en talle vuurwapens gesteel het.
Seun (12) dalk gedeeltelik blind ná klapper ontplof
Die twee broers van Port Elizabeth wat na bewering ʼn 12-jarige seun opdrag gegee het om ʼn klapper aan te steek wat daarna in sy gesig ontplof het, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Man gevonnis vir gru-moord op ouma
ʼn Pa van twee is gevonnis vir die gru-moord op sy bejaarde buurvrou.
PE-mesaanval: Man hoor dan oor verhoor
Stevens staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy glo sy vervreemde vrou, Anne-Marie (45), oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek het.
Uber-bestuurders betoog voor dooiemansdeur
Ontstoke bestuurders van die Uber-taxidiens het Vrydag na dié maatskappy se hoofkantoor in Parktown-Noord in Johannesburg opgeruk om antwoorde te eis op die memorandum wat hul drie weke gelede oorhandig het.
Tussentydse SAUK-raad benoem
Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie het vyf name aanbeveel vir die tussentydse SAUK-raad.
Pogings aangewend om Prasa-huis skoon te maak
Dipuo Peters, minister van vervoer, het Woensdag die raad van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) met onmiddellike effek ontbind.
Moord op sakeman: Dié ‘huurmoordenaar’ gesoek
Die Valke het die publiek gevra om te help met die soektog na die man wat daarvan verdink word dat hy die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, in Oktober 2015 doodgeskiet het.
Seun (5) steeds in mynskag, weermag maak verslag bekend
Die Suid-Afrikaanse weermag (SANDF) gaan glo ʼn verslag aan die Ekurhuleni-munisipaliteit oorhandig oor die moontlikheid om reddingspogings voor te sit vir die vyfjarige seuntjie wat verlede maand in ʼn ou mynskag geval het.
[Foto’s en video] Persone steeds vasgekeer onder puin by Jhb-hospitaal
Vermoedelik minstens drie persone is steeds onder puin vasgekeer nadat ‘n gedeelte van die dak Donderdag by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal inmekaargestort het.
Só lyk Wes-Kaapse damme nou
Die Wes-Kaapse minister van omgewingsake het Maandag die jongste inligting oor damvlakke in die provinsie bekend gemaak.
Polisie gereed vir optog oor buitelanders
Geweld het egter alreeds vroegoggend in Atteridgeville opgevlam nadat betogers paaie met brandende bande en ander voorwerpe versper het. Die polisie sê hy monitor die situasie.
Drie sterf in Rustenburg-vloede
Drie mense is in die Rustenburg-omgewing in Noordwes dood ná oorstromings in die gebied.
[Foto’s] Swaar reën in Noordwes
Verskeie paaie in Noordwes is gesluit ná swaar reën die afgelope twee dae in die provinsie.