Die land se moordsyfer en dié van ernstige misdade het afgeneem in die eerste gedeelte van die 2016/17 finansiële jaar in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/ANA
Parool ná ‘apartheidsmoord’ op wit beampte
Kenny Motsamai, ʼn lid van die PAC se gewapende vleuel Apla, is Woensdag ná 27 jaar agter tralies op parool vrygelaat.
Inwoners ontruim oor brand
Inwoners van verskeie buurte naby Simonstad word ontruim weens ʼn groot brand wat in die omgewing woed.
Ondersoek vind diskriminasie by Kaapstad-skool
ʼn Ondersoek oor ontwrigtings in September by die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, is afgehandel en het bevind dat “diskriminerende praktyke” by die skool bestaan.
[Foto’s] Wes-Kaapse brande woed voort
Verskeie spanne brandbestryders het hul hande vol met twee verwoestende wegholveldbrande wat die Wes-Kaap teister en reeds duisende hektaar plantlewe verwoes en miljoene rande se skade aangerig het.
Skoksyfers oor padsterftes bekendgemaak
Die departement van vervoer het Dinsdag gesê die afgelope feestyd was een van die uitdagendste nog wat die departement se hulpbronne tot die maksimum beproef het.
Brad en Angelina tref egskeidingsooreenkoms
Dié verklaring, wat aan The Associated Press uitgereik is, is die eerste gesamentlike kommentaar van die akteurs sedert die aankondiging dat hulle gaan skei.
Metroraad ontken dat hy groot rekening vereffen
Die rekening is vir onder meer ses bottels Veuve Clicquot-sjampanje teen R5 940, Hennessy-konjak en 21 jaar oue Glenlivet-whisky.
Golden Globes 2017: Só het die sterre gelyk
Ligpienk, helderpienk, roospienk, babapienk – dié kleur was vanjaar ʼn gunsteling onder bekendes tydens die 74ste Golden Globe-toekennings wat die afgelope naweek in Beverly Hills in Kalifornië, VSA, uitgedeel is.
Zuma: ‘Radikale ekonomiese transformasie is die kern’
“Beslissender stappe moet en sal geneem word om groter ekonomiese insluiting te bevorder en swart mense se eienaarskap, beheer en ware leierskap oor die ekonomie te bevorder.”
Bootdrama haal ‘wind uit die seile’ van akteur, skrywer
Die bekende sanger Gerrie Pretorius en skrywer Johan Bakkes was onderweg na ʼn afgeleë eiland.
Matriekuitslae met gemengde gevoelens ontvang
Die minister van basiese onderwys se aankondiging, dat die matriekslaagsyfer vir 2016 hoër is as in 2015, is met gemengde gevoelens ontvang.
Eskom-interdik: Krag nie nou gesny; hof lewer dan uitspraak
Eskom het Woensdag onderneem om eers later vandeesmaand die kragtoevoer na agt munisipaliteite, wat agterstallig is met hul kragrekenings, te begin afsny.
Kommer oor ‘naweekpas’ vir ANC-vieringe
Die Gautengse Drankraad het ʼn sogenaamde “naweekpas” aangekondig vir drankverkope in die provinsie ter wille van die ANC se 105de verjaardagviering.
Drie in hof oor Kaapstad-polisieman se moord
Twee vroue en ʼn man wat in hegtenis geneem is in verband met ao Dion Dumas (57) se moord, het Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn.
Vliegtuigkapers gee hulself oor
Die twee persone wat Vrydag ʼn Libiese handelsvliegtuig gekaap het, het alle passasiers en bemanning vrygelaat en hulself oorgegee.
Publiek oor feestyd-slenters gewaarsku
Die owerhede het waarskuwings aan die publiek uitgereik oor verskeie slenters wat nou weer die ronde doen en poog om niksvermoedende mense te mislei om persoonlike inligting te verskaf of onregmatige betalings te maak.
Video: Vyf sterf toe vliegtuig neerstort
Dramatiese beeldmateriaal, van ʼn vliegtuigongeluk in die ooste van Colombia, waarin vyf mense dood is, het Woensdag aan die lig gekom.
Nege vas ná betoging by DRK se ambassade in Pta
Nege mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige betoging Dinsdag by die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se ambassade in Pretoria.
WP Rugby finaal gelikwideer
WP Rugby (Edms) Bpk, die sakevleuel van die Westelike Provinsie Rugbyunie wat by Nuweland gebaseer is, is Dinsdag finaal gelikwideer.