ʼn Donderstorm Vrydagmiddag het tot gevolg gehad dat die geleentheid waar pres. Jacob Zuma sy Versoeningsdagtoespraak gelewer het, gekanselleer is.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie/ANA
Pikkewyn-diefstalsaak weer in hof
Die saak teen twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Buddy, ʼn driejarige pikkewyn, uit die Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gesteel het, is Dinsdag in die plaaslike landdroshof voortgesit.
Appèlhof sê oor genadedood in SA
Die hoogste hof van appèl het Dinsdag sy uitspraak gelewer ná ʼn laer hof ʼn terminaal siek pasiënt toestemming gegee het dat ʼn dokter hom kan help om selfmoord te pleeg.
Verslag oor Riah Phiyega bekend gemaak
Die uitslag van die ondersoek of geskorste nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega geskik was om haar amp te beklee, is Sondag bekend gemaak.
Hof beslis teen SAUK-raadvoorsitter
Die SAUK-raadvoorsitter se dringende aansoek om LP’s te verhoed om met ʼn ondersoek oor sake by die openbare uitsaaier voort te gaan, is Vrydag met koste in die hooggeregshof in Kaapstad van die hand gewys.
Enkele oorlewendes ná vliegtuig neerstort
Die omvang van die oorlewendes se beserings was egter nie onmiddellik bekend nie.
Vliegtuig stort neer in Colombia
ʼn Vliegtuig met minstens 80 mense aan boord het in Colombia neergestort.
ANC sê vandag oor NUK-uitkoms
Terwyl die ANC se nasionale uitvoerende komitee voortgegaan het om oor Jacob Zuma se lot te besin, het hy gister sy amptelike pligte as president voortgesit en vanoggend na Kuba vertrek.
ANC-vergadering verleng, Zuma se lot onseker
Die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is met ʼn dag verleng.
Hof sê oor aansoek om Abrahams en Kie te skors
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer oor die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law se aansoek om pres. Jacob Zuma te verplig om Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, te skors.
Tokai-moord: Beskuldigde wil borgtog vra
Die 16-jarige Franziska Blöchliger se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie weer teruggekeer het nie.
Twee dood, drie beseer in Jhb-skietery
Twee persone is Vrydag dood en drie beseer tydens ʼn skietery in Jeppestown, Johannesburg.
‘Wits-verkragter’ uit koshuis geskuif
ʼn Man wat van die verkragting van ʼn student aan die Universiteit van die Witwatersrand beskuldig word, is na ʼn ander plek op die kampus geskuif, het ʼn woordvoerder vir die instansie Vrydag gesê.
De Kooning-skildery haal rekordbedrag op veiling
ʼn Skildery van die Nederlands-Amerikaanse kunstenaar Willem de Kooning, bekend vir sy abstrakte ekspressionistiese werke, is Dinsdag vir ʼn rekordbedrag op ʼn veiling in New York verkoop.
Ondersoek geëis oor sekuriteitsminister se ‘renoster-bande’
Volgens die berigte het ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar, wat in Suid-Afrika woon, foto’s van homself en die minister op sy selfoon aan die joernalis gewys. Hy het in die onderhoud gesê hy ken die minister goed en dat die minister al by hom aan huis gekuier het.
Eskom sal binnekort tydelike leierskap aankondig
“Die waarnemings wat in die staatkaping-verslag gemaak word, is onakkuraat, gegrond op gedeeltelike feite of doodeenvoudig onwaar. Madonsela was vasbeslote om hierdie waarnemings in die verslag in te sluit, sonder om enige skadelike uitlatings eers aan my te openbaar soos sy wetlik verplig was om te doen.”
Soektog na driejarige duur voort
Haar pa het haar Woensdag gedra en in ʼn boom geklim om van die stormwater weg te kom, toe die tak gebreek het en sy in die water meegesleur is.
Mantashe: ‘Geen rede waarom Zuma moet loop’
Die ANC se topleierskap het Dinsdag gesê daar is geen grondige redes waarom pres. Jacob Zuma moet uittree na aanleiding van die bevindinge in die staatskapingverslag nie.
[Foto’s] Clinton en Trump paai kiesers laaste keer
Hillary Clinton en Donald Trump het tot op die laaste nippertjie hul verkiesingsveldtogte gedryf in ʼn poging om as Amerika se 45ste president aangewys te word.
Gesin in huis vermoor
ʼn Gesin van De Aar in die Noord-Kaap is dood in hul huis aangetref. Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Glenwill Makaleni…