Partymaal is ons almal ʼn ongelowige Thomas – maar steeds bou ons ons instelling op Sy rots, steeds bly ons gehoorsaam aan wat ons moet doen al het ons talle foute en tekortkominge.
Lees meerAlles deur die skrywer René Roux
Nooit weer nie
Vandag op 21 Maart raak ek weer stil in gebed vir die families wat iemand verloor het vir wie hulle bitter lief was, vir elke mamma wat ʼn kind verloor het, vir elke gesinslid wat leeg is as gevolg van blatante nalatigheid van die staat.
Die wil om te help
Elke jaar in hierdie maand vier ons die wil om te help, ons vier die maatskaplike werker.
Wees dapper in jou roeping
Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat God ons nie net geskep het nie, maar geskep het met ʼn roeping – en as ons by dit bly, sal ons nie struikel nie.
Geroep om te help
Om iemand te vind wat werklik geroepe is, wat inpas by jou kultuur en geloof is die sleutel tot sukses, maar is nie altyd maklik nie
Ons doodkry is min
Ons nooi die gemeenskap uit om deel te word van die besembos-mentaliteit wat ons het by Helpende Hand Studietrust en nie toe te laat dat ander ons moed breek nie, om steeds te help saai en te bou.
Die gawe van gee
Mag ons geskenke van waardes elke dag van die jaar met liefde, empatie, hoop, vreugde, roeping, geloof, deernis met vir mekaar uitdeel, toegedraai in die sagste van ons menswees sodat ons ander kan help groei.
Die Drakensberg-vroue
Die tema “Die vrou in die gemeenskap – my mense en my rol” is ʼn betekenisvolle een. Hierdie tema bring die gemeenskap nader aanmekaar en beklemtoon die waarde van die vrou in verskeie rolle in die samelewing.
Jakarandas blom vir borskanker
Elke jaar hierdie tyd wanneer ek in die strate van Pretoria ry en die jakarandabome sien blom, weet ek dit is tyd om gebreide borsprostese uit te deel.
’n Erfenis wat klop soos Jopie Fourie se hart
Op ʼn dag soos vandag waar ons ons erfenis vier, maal soveel gedagtes deur my kop. Ek sien die kappiekommando en ossewaens, die Drommedaris, die Reiger en Goede Hoop. Ek hoor “In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou” en hoe Jopie Fourie se Afrikanerhart klop.
ʼn Dag van liefdadigheid
Liefdadigheid maak die wêreld ʼn beter plek en dit bied ʼn platform vir ons as gebroke mense om steeds goed te kan wees vir ander.
Hulle armoede lyk anders lll
Ek besef ook elke land het sy eie uitdagings, vreugdes, hartseer, verlede en staaltjies. Suid-Afrika, ek bly die heel liefste vir jou en jy bly vir my die mooiste.
Hulle armoede lyk anders ll
In die middel van die treinstasie lê ʼn man onder ʼn kombers met reënwater wat verbyspoel en mense met wieletjiestasse wat om hom hardloop om betyds te wees vir die volgende moltrein.
Hulle armoede lyk anders I
Met ʼn lang reis wat nog voorlê gaan slaap ek met ʼn hart wat pyn vir die Duitse Düsseldorf-stasie.
Ek ken ʼn seuntjie …
Klein Dawid het in slegs ʼn bietjie meer as 2 100 dae wat hy al hier op aarde is, meer trauma ervaar as wat ek in my 12 700 dae ervaar het. Trauma wat so ʼn klein mensie glad nie verdien of enigsins moes sien nie.
’n Sokkie kan ’n lewe verander
Ons wil graag hierdie jaar weer 2 722 vroue help, maar ons kan dit nie doen sonder ʼn tannie Marie wat hoop saai, sonder ons gemeenskappe wat saam brei en sonder die gemeenskap wat die sokkies koop nie.
Kom ondersteun ’n konsert gevul met liefde
Dis weer tyd vir Solidariteit Helpende Hand se Liefde In Gestremdheid (LIG)-konsert.
Tuisversorging werklik ’n roeping
Soos ek weer hier lees raak ek hartseer om te dink dat daar bejaarde persone is wat alleen is en wat nie die nodige hulp en versorging ontvang wat hulle verdien na ʼn lewe wat gelei is om ʼn gemeenskap te bevorder nie.
Ons Sentrum – waar kindertrauma gehoor word en aandag kry
Ons Sentrum is daarop ingestel om aandag te gee aan kinders se trauma en behoeftes, maar ook om die kind vanuit ʼn holistiese oogpunt op te bou.
Gebed vir my moeder
My ma sit ver, maar my hart is by haar.