“Ek besin al die afgelope agt jaar op hierdie dag oor wat menseregte nou eintlik is.”
Alles deur die skrywer René Roux
Die Biebers sing psalms en die Malemas sê hulle is Jesus
In hierdie video stel Malema nie net die standpunt dat hý verantwoordelik is vir die sukses van homself en sy party nie, maar dat hyself Jesus is. Ek weet baie ander Christene lees hier en ek is seker hierdie absolute nonsens wat Malema praat, maak jou ook warm en kriewelrig.
Koshuiskamervensterdrome
Reinhard ken die krag wat daarin lê as mense begin saamstaan en opstaan vir jou, hy het dit gesien en beleef. Alles het begin by die Helpende Hand-tannie by die sentrum wat haar hand vir hom uitgesteek het. Hy weet dat Helpende Hand se Bemagtig-ʼn-kind-projek die rede is waarom hy vandag met dankbaarheid en toekomsvooruitsigte by sy koshuiskamervenster kan uitkyk.
‘Hier is my hand’
In Helpende Hand leef ons hierdie woorde uit en steek ons hand uit en getuig dat ons wil dien en dat ons ʼn daadwerklike verskil wil en kan maak. Die lied herinner ons ook aan die krag wat mense het as ons saamstaan.
Moederskap, ’n edele roeping
Waar staan die gelowige Afrikanervrou ten opsigte van moederskap?
Katelyn se wens vir Kersfees
“Wanneer ek in Katelyn oë kyk en luister hoe sy wens sy het ʼn plekkie om te behoort, weet ek dat sy ons nodig het; ek weet dat sy gehelp kan word. Haar soeke na veiligheid, privaatheid, ʼn tuiste en fisieke welstand is iets waarmee ons kan help, iets waarmee ons móét help. Sy laat my dink aan duisende ander dogters en seuns wat ook hierdie wens het.” Kom vind uit hoe Katelyn gehelp is en waar sy haar nou bevind.
Dogtertjie met Downsindroom: ‘Ek kies haar weer en weer’
“… alles waarvan jy gedroom het vir jou ‘normale’ kind, is skielik aan skerwe. Maar, dan word jy dankbaar vir jou baba waarmee Hy jou toevertrou het en jy bou nuwe drome. Jy hoop vir ’n toekoms waarin almal aanvaar word as individue, want jy as ouer sal nooit ophou veg vir jou kind nie.” Gaan lees meer oor die pad wat Gysje se mamma gestap het van geboorte tot nou.
Daar is altyd lewende hoop
Ek wil graag met julle vandag ’n getuienis deel. My pa is sewe jaar en sewe maande gelede skielik oorlede in die see op vakansie.
Om ’n kind te help om kind te wees
Ons sal nooit die pappa-rol in Nathan se lewe kan inneem nie, maar ons kan saam met hom die pad stap. Sy lewe, sy opvoeding, sy kindwees en die wete dat hy nie alleen is nie, is vir die Bemagtig-ʼn-Kind-projek belangrik.
Afrikaanse konsert wil hoop saai
Ons het geluister, en nou hou ons konsert. Dit is nie sommer net enige konsert nie, dis ʼn hoopsaaikonsert, ʼn simboliese tree van hoop.
Om ’n bruggie te bou vir ’n kind
Vandag lê Linka se aansoekvorm om hulp deur die Bemagtig-ʼn-kind-projek op die raadsaaltafel voor my, saam met talle ander blou, groen en bruin ogies wat skree vir hulp. Hoe help mens al hierdie kinders?
Van wankelrige begin tot toekoms vol hoop
Klara ken nie haar pappa nie en met ʼn mamma wat haar agtergelaat het as baba, kon Klara ʼn heeltemal ander lewe kies – een van hartseer en sonde. Sy het egter ʼn ander lewe gekies: Sy is ’n absolute pilaar van hoop en ʼn bewys dat ongeag die verlies wat jy deurmaak, daar altyd ʼn pad van hoop is.
Life Esidimeni, een van SA se grootste menseregteskendings
Die staat het versuim om die kwesbaarste lede van die samelewing te beskerm en het ʼn aktiewe rol in 144 psigiatriese pasiënte se dood gespeel.
#AlumniVirAfrikaans: Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!
Ek is vandag geseënd en gelukkig in my grootmensskoene, maar ʼn mens se hart hunker na jou alma mater. My hart verlang soms na die aande wat ek saam met my koshuisvriendinne op die dak gesit het, ook na die vroegoggendure se geskarrel om al ons eksamenantwoorde deur te werk.
Die Sonneblomsussies: ’n Storie van hoop
Daar waar die ouers nie is nie, moet ander hoopdraers van God intree om vir hierdie kinders ‘n bruggie te wees. Die Sonneblomsussies van ‘n klein dorpie in die Vrystaat se verhaal is so ‘n storie van hoop.
Van hopeloos na hoop
ʼn Tienerseun, ʼn tienerdogter, ʼn ma en ʼn pa in een tent, met niks nie; net die klere aan hulle lywe en ʼn pot, ʼn bord, verwaarloosde skoolklere en weereens geloof. Hoe hard moet die lewe jou nie ruk om hier te beland nie? Hoeveel vrae en hartseer moet daar nie in jou hart wees nie?
Helpende Hand sê dankie
Helpende Hand glo daarin om in dankbaarheid te ploeg, dan om hoop te saai, en om daarna in geloof te oes. Helpende Hand het in 2020 werklik geploeg, gesaai en geoes. Maar ons het nie al drie alleen gedoen nie. Hierdie jaar wil ons spesifiek die laaste twee maande van 2020 opsysit om net dankie te sê.
Om hoop te gee met ’n jaggeweer
“My senuwees is klaar, maar dan onthou ek die toonbeeld van die hedendaagse vrou – fyn en klein soos wat sy soms voorkom, het sy die hart van ’n leeu.”
Is jy die houer vol hoop?
Wie se houer is jy? Wat het jy binne jou om aan ander te bied? Jy kan ook ’n Johnny of Kroggie vir iemand wees van wie hy of sy eendag sy of haar kinders kan van vertel.
Covid-19: Ons land se dokters praat
Ek het enorme respek vir die hart en ywer wat hierdie vroue steeds behou in ’n staat van afsondering, oorval met ’n dodelike virus. Nadat jy hierdie artikel gelees het, is jy welkom om jou wit strik tuis te maak en te dra, plaas dit op sosiale media met die hutsmerk #WitStrik en wys jou ondersteuning.