Niemand kan leef sonder om te eet nie. Voedsel moet gesond en vullend wees ten einde aan sy doel te beantwoord. Wegneemetes soos dié wat ʼn mens by kitskosplekke kry, is nie noodwendig goeie waarde vir geld nie.
Alles deur die skrywer René Roux
ToekomsVenster: Ontvang die Heilige Gees!
Daar is verskillende beelde (simbole) wat gebruik word om na die Heilige Gees te verwys. Wind, vuur en olie is van die bekendes.
ToekomsVenster: Ek is die weg en die waarheid
Ons is bekend met hierdie frase: “die weg, die waarheid en die lewe”. Jesus inkorporeer al drie hierdie momente in sy Persoon. Wie in Hom glo, ontdek die weg (pad) na die ware lewe.
ToekomsVenster: Hy bly in beheer
Die lewe is vol uitdagings. Dis nie anders in die lewe van gelowiges nie. Soms gaan dit nie goed met ʼn mens nie. Jy ervaar dalk dat chaos en storms ʼn goeie beskrywing van jou lewe en gemoedstoestand is.
Entrepreneurskap: ‘Ons maak ons eie outentieke wyn’
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Fanie Joubert. hy bedryf ‘n gemengde boerdery met skape en graan en is ook die eienaar van Baleia Wines, ‘n kelder waar hy outentieke wyn maak.
ToekomsVenster: “Dit is volbring”
Vir die res was die allerheiligste teenwoordigheid van God ontoeganklik vir alle mense. Toe Jesus egter aan die kruis sterwe en die woorde “dit is volbring” uiter, het die behangsels wat die verskillende kompartemente van mekaar skei van bo na onder geskeur asof God ʼn pad na sy mense toe oopgeskeur het.
[Entrepreneurskap] My potlode was my eerste modelle
“My potlode was my eerste modelle. Ek het hulle met sneesdoekies aangetrek en modeparade gehou,” vertel Gert-Johan Coetzee, een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle modeontwerpers. Van sy beroemde kliënte sluit die wêreldbekende Kardashian-familie in.
ToekomsVenster: Elkeen moet ʼn geskenk bring
Ons gee somtyds goedbedoelde dog waardelose geskenke. Dit word deel van ʼn versameling van oulike maar lastige rondstaan-items waarvoor daar nie plek is nie. Spreekwoordelik land daardie items op die gemeente se tombola-tafel waar dit as pryse uitgedeel word vir veral kinders wat aan speletjies deelneem.
ToekomsVenster: God is liefde
God is liefde, juig ons harte en bedink wat liefde doen. Dat Hy ons sy Seun gegee het om ons sonde te versoen. Hy wat eerste liefgehad het, het in liefde ons vergeef. Nou kan ons uit God gebore uit die Bron van liefde leef. Uit die Bron van liefde leef.
Luister: Surrogaat-ouers vir kinderlose egpaar
Op ’n dag moes hy vir die gemeente sê dat Teresa weer swanger is en dat dit nie sy kind is nie, ook nie Teresa se kind nie.
ToekomsVenster: Alles het nuut geword
Dit is verrassend dat gelowiges nie verstaan watter betekenisvolle en ingrypende verandering in hul “status” plaasgevind het uit hoofde van hul wedergeboorte nie. Alles het verander.
Entrepreneurskap: Gert-Johan Coetzee mal oor speelgoedbedryf
Jacques Basson gesels vandeesweek met die entrepreneur Gert-Johan Coetzee een van Suid-Afrika se gewildste en mees suksesvolle modeontwerpers. Van sy beroemde kliënte sluit die wêreldbekende Kardashian-familie in.
ToekomsVenster: Die woord van God is lewend en kragtig
Die Woord van die Here (Bybel) is die grondwet van gelowiges. Dit bepaal die regte en verantwoordelikhede van God se kinders binne die konteks van die verbond. Die verbond is die ooreenkoms wat God met mense het in terme waarvan Hy onderneem om vir mense te sorg en hulle te beskerm. Op hulle beurt is hulle Hom lojaliteit, liefde en gehoorsaamheid verskuldig.
ToekomsVenster: Wat wil jy word?
“Francis Chann, stigter van Corner Stone-gemeente in Kalifornië en skrywer van Crazy Love, vertel mense het hom as jongman gereeld gevra: Wat wil jy word? Wat is jou doelwitte? Hy sê: Ek het nie ʼn duidelike visie gehad oor wat ek gaan doen nie. Ek het nie spesifieke beroepsdoelwitte gehad wat ek graag wou bereik nie. Maar ek het geweet wié ek graag wil word!
ToekomsVenster: Vooraand van Jesus se hemelvaart
Aan die vooraand van Jesus se hemelvaart en vertrek van die aarde af, verseker Hy die ontstelde dissipels Sy weggaan is voordelig vir hulle. Na sy mensheid, kon Jesus net op een plek wees. Die Heilige Gees sal egter woning maak in elke ware gelowige en derhalwe Jesus teenwoordig stel, ongeag waar gelowiges hulle bevind.
[Entrepreneurskap] “Ek is opgewonde oor die toekoms”
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle…
ToekomsVenster: Gee die God toegang
Die Heilige Gees wil ons in ons totale menswees beheer en bewoon. Ons word maklik verlei om “geen toegang” bordjies by sekere aspekte (deure) van ons lewe aan te bring. Ons wil nie hê God moet weet waarmee ons besig is nie en verbied Hom effektief toegang.
ToekomsVenster: Maak die mense Sy dissipels
Om te probeer gehoorsaam wees aan die groot opdrag van die Here, sonder die bemagtiging van sy Gees, is futiel en sonder impak. Juis daarom begin Jesus hierdie opdrag met die woorde “alle mag in die hemel en op aarde is aan my gegee”… en sluit Hy hierdie gedeelte af met die woorde “en weet, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”
Luister: “Die swaarste dag van my lewe”
Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending met Sandra Strydom van Polokwane. Sy en haar man is beide Christene wat by die kerk ontmoet het. Maar in hul huwelik het ’n klomp goed dramaties verander, sodanig dat hulle al vêrder van God en mekaar af weggedryf het.
Entrepreneurskap: Telefoniese dienste in Afrikaans
Jacques Basson gesels met die entrepreneur Magdaleen Kleynhans, eienaar van Senbel, wat sy vier jaar gelede begin het nadat sy, haar man en kinders hulle in Orania kom vestig het. Senbel fokus daarop om telefoniese dienste in Afrikaans te lewer.