Die soorte hoofwerkwoorde wat ons in Afrikaans onderskei, val uit in twee oorhoofse groepe: koppelwerkwoorde en leksikale hoofwerkwoorde. Hier is ‘n bondige oorsig.
Lees meerAlles deur die skrywer Sophia Kapp
Tel jou woorde: Wetenswaardighede oor die werkwoord I
Hierdie eerste aflewering handel oor die herkenning van werkwoorde in die sin, en die eerste groot onderskeid wat ʼn mens ten opsigte van werkwoorde moet kan maak: ʼn Mens moet kan bepaal watter werkwoorde in die sin hoofwerkwoorde en watter niehoofwerkwoorde is.
Tel jou woorde: Die bykomende bywoord
Hierdie blog handel oor die adjektief se flambojante neef, die bywoord, wat dikwels as nagedagte by die partytjie opdaag, maar dan die hele geaardheid van die byeenkoms kan verander.
Tel jou woorde: Die aangrypende adjektief
Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak.
Woordsoorte: lidwoorde
Dit is gewoonlik betreklik maklik om lidwoorde in ʼn sin te herken, omdat daar maar ʼn paar van hulle is, maar daar is tog ʼn paar interessanthede om na op te let wanneer ʼn mens oor lidwoorde gesels.
Soorte naamwoorde in Afrikaans
Hierdie blog is deel van die reeks blogs oor woordsoorte, en is gebaseer op die afdeling oor naamwoorde soos vervat in die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG).
Woordsoorte: Hoekom?
Dit is altyd in ʼn leerproses nodig om te weet hoekom ʼn mens ʼn ding moet weet. Nie net gee dit ʼn mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir ʼn mens sinvol. En nuttig.
ʼn Visie vir onderwys in die digitale era
Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, het tydens die bekendstelling van VivA se Taalportaal en Taalonderrigportaal gesels oor die AON se visie vir onderwys in ‘n digitale era.
ʼn Afrikaanse pyplyn: Die toekoms van Afrikaans in die onderwys
Die TAO se oogmerk is om die pyplyn vir Afrikaanse onderwys in stand te hou. Dit kom daarop neer dat ʼn leerder van kleuterskool af tot op tersiêre vlak in Afrikaans opgelei moet kan word, want as hierdie pyplyn iewers breek of lek, verloor ons sprekers aan Engels.
Wat is VivA se grammatikawêreld?
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) skep met Taalportaal en Taalonderrigportaal ‘n eerste taalkundepyplyn vir Afrikaans, wat boonop uniek in die wêreld is.
VivA stel Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend
Toegang tot kennis is nou van die allergrootste belang, en VivA werk nou dubbel so hard om hierdie kennis tot die beskikking van die hele taalgemeenskap te stel.
Woordsoorte: Konteks is koning
Dit is ons taak, as studente van die taal, om self te bepaal wat met woorde in ander sinskontekste gebeur, skryf Sophia Kapp.
Woordsoorte: ʼn Inleiding
As jy spelreëls wil verstaan, moet jy woordsoorte kan herken, skryf Sophia Kapp.
Afskeidsode aan die aanvoegende wyse
Ek het sedert die begin van die jaar ‘n hele paar navrae oor die sogenaamde “aanvoegende wyse” gehad. Ek vermoed die ding het iewers in ‘n vraestel sy verskyning gemaak, want ek kom agter daar is so ‘n ligte aggressie in die formulering van die vrae wat na my kant toe geslinger word, skryf Sophia Kapp.
Moedertaaldag: Die oorlewing van Afrikaans is my oorlewing
Die oorlewing van Afrikaans is nie vir my ʼn akademiese of ideologiese argument nie, die oorlewing van Afrikaans is my oorlewing.
ʼn Geseënde ? en voorspoedige ?
Sophia Kapp van VivA kry heelwat navrae oor die skryfwyse van Kersdag, Kersfees, Nuwejaarsdag en Nuwejaar en al die samestellings en afleidings wat ʼn mens met dié woorde kan maak.
Vloek met flair (en voorbehoud)
Die gesprek oor die saak het dus nie die oogmerk gehad om ʼn gevloek goed te praat of om kru taal en taboe-onderwerpe te normaliseer nie, maar juis om vas te stel waar die grense lê in ʼn samelewing wat dikwels wil maak asof daar geen grense meer is nie.
Die bloedjies se bekers
Dis jaarbladtyd, en ek verneem daar is vriendskappe wat in die proefleesproses sneuwel. Dit is gans onnodig; die jaar is nog uitmergelend lank, en die AWS is ook hiermee behulpsaam.
Is ʼn skip nou ʼn vroumens? Verkeerde voornaamwoorde vir regte dinge
Daar is ʼn paar kwelkwessies met voornaamwoorde wat nou en dan kop uitsteek. Die een handel oor vaartuie, voertuie en wapentuig waarna daar in Engels met vroulike voornaamwoorde verwys word.
Tel jou woorde: Die ellendige e-
Hierdie week is ek dapper en ek durf dus die “e” aan. Ja, daardie e, soos in “e-handel”, “e-boeke”, “e-bankwese” en “e-leer”. En in “e-pos”.