Die reëls wat op die skryfwyse van straatname in Afrikaans van toepassing is, is so ‘n bietjie verstrooi, selfs in die AWS, en dit is dalk nuttig om dit in een dokument byderhand te hou.
Alles deur die skrywer Sophia Kapp
Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde
Is dit “ge-” of is dit “ge- ge-“? Sophia Kapp ondersoek die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies.
Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?
Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: “As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde”? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees.
ʼn Kopkrappery oor koppeltekens
Skrywers wat onseker is of ʼn woord vas of los moet wees, gebruik die koppelteken as ʼn soort goue middeweg met die hoop dat die spellingnazi’s hulle onkunde oor die hoof gaan sien. Les: Die gekrap op my wiskundeantwoordstelle het nie vir my op skool gewerk nie. Die koppeltekenkamoeflering gaan ook nie nou werk nie…
Druk in die drukte – hulp met homonieme
Hier is alles wat jy nodig het as jy al ooit moes kopkrap oor die verskil tussen homonieme en poliseme.
Direkte en indirekte rede: ’n gedwaal in die duister
As daar nou een onderwerp is waarmee daar in Afrikaansonderrig kleigetrap word, is dit die direkte en indirekte rede. Die redes daarvoor is veelvuldig én veelvoudig, maar die oerdwaling het gekom, vermoed ek, by die behoefte om “maklike” reëls te skep waarmee kinders “maklik” onderrig en “maklik” geassesseer kan word.
Tel jou woorde – Tweedetaaltoffies
Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of …) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal aanleer, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Hierdie lys bevat ʼn paar sulke strikke.
Tel jou woorde – Brekende nuus
Net om ‘n finale spyker in die anglisisme-doodskis te kap: Die Nederlanders gebruik ook “brekend nieuws” om na brekende nuus te verwys. ‘n Mens kan dus eintlik ewe maklik sê dis Hollandse erfgoed eerder as Engelse leengoed wat in die AWS opgeneem is.
Tel jou woorde – Begryp lettergrepe
Een van die groot kopkrappers vir onderwysers, leerders en dié se gefrustreerde ouers, is lettergreepverdeling. Dit het ʼn doolhof, ʼn martelinstrument en ʼn uitvangparade geword waarmee jong sprekers geterroriseer word, sonder dat enigeen werklik weet waarom hulle moet weet hoe om woorde in lettergrepe te verdeel.
Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop
Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak. Hier is die oplossing.
Nog los-en-vassery: privaat, gunsteling en reuse
“Gunstelingliedjie”, “reuseverhoging” en “privaat skool”. As daar nou een manier is om taalgebruikers se lont aan te steek, is dit om ʼn plasing op VivA se Facebookblad te maak wat inhou dat hulle opvattings oor wat reg is verkeerd is.
Tel jou woorde – Die tentoonstelling, die skape en die predikantsvrou
Gebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip “samestellende afleiding”. Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou.
Eerstes, tweedes, sewes en onderes – nog een vir die jaarblaaie
Die jaarbladjuffrouens bel VivA se foon warm. Hoe gemaak met die sportspanne waarin die beste spelers speel? Moenie laat dié taaltoffies jou pootjie nie.
Tel jou woorde – Het jy mudita, of moet jy manja vir jou merak?
Daar is ‘n paar “onvertaalbare” woorde – woorde waarvoor ons in Afrikaans nie ‘n ekwivalent het nie.
Tel jou woorde – ʼn Trap vir ʼn sprokie
Afrikaans het ons nie in die steek gelaat nie, ons kan ook in Afrikaans grasieus in ons wagtende helde se arms instap. Ons moet net die regte trap kies om dit mee te doen, skryf Sophia Kapp.
Die toppunt van top: vas of los?
Een van die samestellings in Afrikaans wat gebruikers groot hoofbrekens besorg, is die een met top waar dit beste beteken. Is dit nou los, vas of met ʼn koppelteken? Vas! Sophia Kapp stel verder ondersoek in.
Tel jou woorde – Wat’s in ʼn naam?
Wat’s in ʼn naam? vra die stomme Juliet. Dalk meer as wat jy dink.
Tel jou woorde – Watter soort blink is jou medalje?
Is dit nou ʼn “silwermedalje” of ʼn “silwer medalje”? En wat maak ʼn mens met die kinders wat iets gouds gekry het? Is dit ʼn “goudmedalje”, ʼn “gouemedalje” of ʼn “goue medalje”? Woordeboeke se raad is nie eenvormig nie, en die verwarring kring wyd. Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Tel jou woorde: ʼn Vergiettes is koel
Staan vanaand en kosmaak. Die student is by en ek sê: “Gee asseblief vir my die vergiettes aan.” Stilte. Beweginglose stilte. “Wat is ʼn vergiettes?” vra hy.
Tel jou woorde: Daardie verpestelike Australiane
Ek het al geleer: Gebruikers se verontwaardiging oor ʼn taalreël is direk eweredig aan die kans dat hulle die reël verkeerd toepas, skryf Sophia Kapp.