Vir my is taal soos klere – dit is (lank, lank gelede) in die eerste plek geskep as ʼn instrument waarmee ons in hierdie wêreld moet oorleef. Ja, dit is presies hoe belangrik die twee goed is: Sonder klere is ons aan die elemente uitgelewer; sonder taal het ons geen manier om met mense te skakel nie, skryf Sophia Kapp.
Alles deur die skrywer Sophia Kapp
Afrikaans oor die nuwe eter
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het ʼn simposium aangebied oor “Afrikaans oor die nuwe eter” waarin daar besin is oor die posisie, rol en moontlikhede van en vir Afrikaans in die uitsaaiwêreld
Tel jou woorde – Die bulle se boeke
“As jy steeds gefrustreed is, word deel van ‘n betroubare taalforum op die internet of kry jou taaladvies gratis by VivA se Adviesportaal. Maar moenie op sosiale media kerm oor jy nie korrekte inligting in woordeboeke kan kry nie,” skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde – Kleinletterchristene
Name word almal met hoofletters geskryf, ongeag wat ons van hulle dink en hoe ons oor hulle voel. Dis die eienaam wat die hoofletter noodsaak, nie eerbied nie. Op dieselfde manier het eerbied niks te make met die afleidings van eiename nie, skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde – Trap versigtig as jy nie kan sien nie
“Die internet is ‘n fantastiese plek, in die ware sin van die woord. Maar daar woon ook in die taalgrot trolle wat my elke nou en dan ernstig ontstig. Dalk herken jy hulle ook …” Lees Sophia Kapp se “Tel jou woorde”-rubriek om te sien of jy ook al dié trolle raakgeloop het.
Tel jou woorde: Die vers is ‘n refrein en die gesang ‘n requiem
Daar is ‘n verskil tussen ‘n opinie en ‘n feit. Daar is ‘n verskil tussen ‘n persoonlike voorkeur en ‘n taalreël. Daar is ‘n verskil tussen raad en goeie raad. Daar is ‘n verskil tussen ‘n betroubare bron en Facebook… skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde: Versamelname, vers 2
Gister is weer ‘n vraag: Wat is die versamelnaam vir dolfyne? Hierdie keer is die antwoord darem effe meer voor die hand liggend, skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde: Intensiewe vorme, Noag en die kanon
“Ek maak daarom vir my eie verwysing ‘n lys intensiewe vorme bymekaar sodat ek kan help as iemand vra. Dis indrukwekkend, hoor. Bladsye lank, uit verskeie bronne saamgestel – papier en digitaal – sommige ouer as my ouers, ander eergister nog bygewerk,” skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde – Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert
“Dis mos nou heiligskennis om so met rugbyterme te ketter. Ou Dok Craven sal mos in sy graf omdraai,” skryf Sophia Kapp in haar weeklikse rubriek.
Tel jou woorde – Die juffrou wil ʼn antwoord hê
So word ek een aand laat deur ʼn bitter knorrige ma gekonfronteer met “Wat is die versamelnaam vir skilpaaie?” Ek soek. Ek vra kollegas. Almal grawe in obskure bronne en boeke waarvan die blaaie vol bruin spikkels is. Nee, niks … skryf Sophia Kapp.
VivA se Skolekompetisie maak deure oop
“Vra julle oumas en oupas watter sêgoed hulle gebruik het. En natuurlik, geniet dit!”
Tel jou woorde: Oor beddens en Boervrouens
“Ek moet vinnig besluit. Ek is vir die res van die week en naweek uitstedig en my kind moet ‘n matras onder sy bas kry. Ons kan seker lap aan die bed, maar dit gaan weer breek…” skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde: Van varke en verraaiers
“Afrikaans het lug nodig, en son en reën en die vrugbare aarde waaruit hy gevoed word. En soms ‘n paar bosvarke wat rof met hom te werk gaan ook…” skryf Sophia Kapp.
Tel jou woorde: Oos, Wes, Bluff bes
“So ‘n rukkie gelede gewaar ek op ‘n taalforum ‘n vieserige vraag: Hoekom is dit alewig vir Afrikaanse taalvoorskrywers nodig om die name van stede of geboue in die buiteland te vertaal?” skryf Sophia Kapp
Tel jou woorde: Taalbybel is 100 jaar jonk
Die splinternuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls is pas op die rakke. Dié boek verskyn hierdie jaar, 100 jaar ná die eerste kopie daarvan die lig gesien het.
Tel jou woorde: Van wyke en vleiskaste
As ʼn vertaler besef ek maar te goed hoe vinnig sulke foute insluip. ʼn Mens is moeg, die dag is lank, die meeste vertalers in staatsposte is oorwerk, soms beleef ʼn mens se brein gewoon net ʼn kortsluiting en dan gebeur sulke goed…
Tel jou woorde: Belangriker as ‘spel foute’
Tensy jy ʼn taalpraktisyn is en jou brood met spelling verdien, is ʼn spelfout of ʼn anglisisme of ʼn verknoeide idioom nie iets waaroor jy as op jou voorhoof hoef te strooi nie…
Tel jou woorde: Fopnuus
Toe die inskrywing verlede jaar ingekom het, was ek opgewonde oor die woord. Dit was oulik, beskrywend, dit val lekker op die tong, en almal gaan dadelik verstaan wat dit is. “Fop” is dan so ʼn lekker woord, met ondertone van poetsbakkery en grapmakery. Ná die afgelope twee weke het my ingenomenheid met die term beduidend getaan…
Tel jou woorde: Daai liederlike loef …
“Maar niks, niks, niks is so erg soos Die Pa nie. Hy is die man in haar lewe, haar eerste liefde, haar held, haar prins, en die een wat die heel beste weet watse gevare jy alles vir haar inhou…”
[Tel jou woorde] ‘Woorde is oorgehaalde pistole’ – Jean-Paul Sartre
“Want nou gaan dit nie net meer oor die geweld nie, nou gaan dit oor die woorde. Woorde wat die geweld aanwakker, toelaat en toesmeer. Woorde wat ʼn samelewing breinspoel om te dink dat gendergeweld deel mag wees van ons daaglikse handel en wandel…”