“Iets is nie ligte musiek nie”, “jou kuite styf trek” en “jy kan jou nie ryk koop nie” is van die taalskatte wat reeds by Varsgebek opgeteken is. Sophia Kapp verduidelik in dié uitgawe van “Tel jou woorde” wat wat dié uitdrukkings (en meer) beteken en hoe jy ook jou eie bydrae kan lewer.
Alles deur die skrywer Sophia Kapp
Tel jou woorde: Athlone
“Ek is daar weg, ontstig oor al die goed wat ek elke dag so vanselfsprekend aanvaar: Om te kan sien, om te kan lees, om te kan naslaan, om te kan vra, om ʼn onderwyser vir elke graad te hê, om te kan weet die wolke stoot uit die weste in en as daar ʼn morrige bruin strook op die horison lê, moet jy jou sambreel saamvat skool toe…”
Tel jou woorde: ʼn Ode aan die moeder
Sondag is dit Moedersdag. ʼn Dag vir moeders. ʼn Dag van erkenning en dank en viering, waarop ons eer betuig aan die vrou wat ons nie vermoor het nie, al het sy (meer as een keer) rede gehad om dit te doen.
Tel jou woorde: Om ʼn storie te maak
As ʼn skrywer kry ʼn mens baie keer die vraag: Waar kry jy jou stories vandaan? Dis ʼn maklike en ʼn moeilike vraag om te beantwoord: Stories is oral om jou.
Tel jou woorde: Waar kry jy daardie woord?
Ek vind dikwels dat mense onrustig, ongedurig en somtyds sommer onverdraagsaam raak as hulle vermoed dat ons ʼn woord in Afrikaans gebruik wat ons uit ʼn ander taal gaan leen het.
Tel jou woorde: Oor -krasieë en kloake
En daar tref ek die -krasieë. Dis nou die stelsels. Regeringstelsels. Magstelsels. Stelsels van staatsbeheer, oor die bevolking, die land, die staat en die staatskoffers. Die “-krasie” is immers ʼn erfstuk uit Grieks, waar “kratos” beteken het “mag” of “heerskappy”…
WAT vir ʼn woord?
As jy wil weet hoe die taal in sy breë, diepe, omvangryke, ongetemperde, ongemuilbande glorie lyk, móét jy uit jou eie agterjaart klim en in erkende bronne gaan naslaan, skryf Sophia Kapp.