ʼn Gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (VGK) se kerkdeure word sedert 2018 gereeld toegesweis om te verhoed dat daar ʼn kerkdiens gehou word.
Alles deur die skrywer Susan Purén
Ondersoek glo na Eureka en sy kubuskoning gedoen
“Ons wil vir ons mense ʼn veilige hawe skep en ongelukkig is daar nie plek vir mense met verskuilde agendas nie,” het Nieuwoudt gesê.
Moordverdagte se broer óók van moord aangekla
Zaheera Boomgaard, die vrou wat verdink word van die moord en verdwyning van minstens sewe mense die afgelope 20 jaar, se broer staan tans ook tereg op ʼn onverwante klag van moord.
Weermag tot in sy kern verrot, sê oudhoë
ʼn Voormalige senior offisier in militêre intelligensie beweer in ’n voorlegging aan die Zondo-kommissie dat die weermag “tot in sy kern verrot is” en onder meer kontrakte van miljoene rande op ʼn bedrieglike wyse toegeken het.
Groot onsekerheid ná kansellasie van beurse
“Vir talle van my vriende wat in dieselfde penarie as ek beland het, beteken dit trane en stres oor of ons vir ons studies sal kan betaal.”
Moordverdagte glo aan nog moorde verbind
Boomgaard is vroeër die maand by haar woonstel in Randburg in hegtenis geneem en is reeds van twee moorde, twee ontvoerings, twee sake van bedrog en een van motordiefstal aangekla.
‘Fluitjieblasers’ sê korrupsie, plundering volop in weermag
“Omkopery om tenders te kry en te manipuleer is algemeen en volop in die departement van verdediging.”
Jong Mosselbaaier wen internasionale rockkompetisie
“Dit voel eintlik surrealisties op ʼn goeie manier want die oomblik toe ek as wenner aangekondig is, het deure vir my begin oopgaan en die hoeveelheid blootstelling wat ek nou kry is net ongelooflik.”
Vrou vas vir moord op Britse burger in SA
Die vrou word ook ondersoek vir haar moontlike betrokkenheid by die verdwyning van nóg ʼn man.
Talle vrae oor megastad-ontwikkeling in Pta-Oos
Daar is die afgelope week uit verskeie oorde indringende vrae gevra oor die megastad-ontwikkeling by Mooikloof in die ooste van Pretoria wat verlede Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa van stapel gestuur is.
As die aarde bewe
Die afgelope week se aardskuddings in Suid-Afrika het opnuut weer die aandag op aardbewings gevestig en herinneringe opgeroep van die aardbewing wat die Boland op 29 September 1969 getref het.
Datalek ‘ontbloot’ SA bitcoin-handelaar
Die maatskappy se hoofkantoor is in Stellenbosch met satellietkantore in Randburg en die Strand.
Dís hoekom weermag-hoë nie oor wapen vervolg word
Die 63-jarige Dabula is in Mei by ʼn padblokkade in Temba, noord van Pretoria, in hegtenis geneem en het ʼn nag in die selle deurgebring toe hy met die vuurwapen betrap is wat nie in sy naam geregistreer was nie.
Leeubol laat kese snol
Die antwoord is om die indruk te wek dat die koning van die oerwoud naby is.
Tydelike Pta-skuiling ‘broeiplek vir misdaad’
“Dit laat ʼn mens wonder waar hulle hierna gaan intrek, want duidelik het die munisipale amptenare beheer oor die sentrums verloor.”
Weermag-rantsoenpakke: Man in hof
Die maatskappy het na bewering die datums op die voorafverpakte kos vervals deur die “beste voor”-datums te verander.
Onthul: Só lyk ʼn transitorower; die fyn beplanning agter dié rooftogte
ʼn Omvattende studie oor kontant-in-transitorooftogte (KIT) het bevind dat die polisie nie oor die intelligensievermoë beskik om dié soort misdaad suksesvol te voorkom of te ondersoek nie.
Kommer oor skade, misdaad by tydelike Pta-skuiling
ʼn Groot hoeveelheid koperkabels en gereedskap wat vir dié soort misdaad en huisbraak gebruik word, sowel as dwelms, is tydens ʼn klopjag tussen die besittings van die haweloses gevind.
Plakkers by lisensiekantoor groot kopseer
Dis nie ongewoon vir lede van die publiek om tussen ganse en hoenders in die tou te staan wanneer hulle die Tshwane-metro se Kameeldrift-lisensiekantoor besoek nie.
Hof gevra om POF te likwideer, in te gryp oor hoof
Volgens stukke voor die hof, beloop die fonds se uitstaande betalings aan slagoffers tans meer as ’n miljard rand.