Dit is duidelik dat polisiestasies in die Overstrand nie die vermoë het om inwoners en hul eiendom te beskerm en te beveilig of om wet en orde te handhaaf nie. Die SAPD kom dus nie hul grondwetlike mandaat na nie.
Alles deur die skrywer Susan Purén
Vakansieverblyf-slenter: Vrou beken skuld
Marianne Roux het sedert verlede jaar gereeld voornemende vakansiegangers op sosiale media met vals aanbiedinge van vakansieverblyf in die Suid-Kaap (Tuinroete) mislei.
Talle SA’ners se Mauritius-drome ly glo skipbreuk
Van hulle beweer nou dat hul geld al jare lank die spoggerige leefstyl van Miranda Hartzenberg-Meyer, die ontwikkelaar se uitvoerende hoof, finansier.
Wonderboom-lughawe glo tot in die grond bestuur
Die eens besige aanloopbaan is nou meestal verlate, die huurders ontnugter en die lughawe se munisipale personeelstruktuur aan flarde.
Kommer oor ‘onwettig omgeboude’ ambulanse
Minstens 1 333 ambulanse wat daagliks pasiënte op Suid-Afrika se paaie vervoer is, na bewering, Toyota Quantum-paneelwaens wat onwettig omgebou is en volgens wet nie meer as drie persone mag vervoer nie.
Mosselbaai-grondverskuiwing: Munisipaliteit reageer
“Daarom is daar in dié stadium geen rede tot kommer vir lede van die publiek wat op ʼn dringende basis hul eiendomme hoef te ontruim nie,”
Mosselbaai-grondverskuiwing: Gebied moet dringend ontruim word
Maroela Media het twee maande gelede berig dat die huise, wat in twee ou ongerehabiliteerde gruisgroewe gebou is, steeds verder kraak en dat waterpype feitlik daagliks herstel moet word.
Woede oor plundering van melkhoutwoud
Een van die wêreld se grootste melkhoutwoude by Schulphoek buite Hermanus in die Wes-Kaap is die afgelope vyf weke feitlik geheel en al deur onwettige grondbesetters verwoes, ondanks ʼn interdik en ʼn uitsettingsbevel wat deur die hof uitgereik is.
Foto’s: Nuwe spesies in Mosambiek gevind
Meer as 1 000 nuwe dier-, voël- en plantspesies is onlangs in ʼn biodiversiteitsopname in ʼn gedeelte van die Chimanimani-bewaringsgebied in sentraal-Mosambiek ontdek.
Roodeplaatdam nou ‘een groot slikdam’
Die gemeenskap langs die erg besoedelde Pienaarsrivier en Roodeplaatdam in Gauteng het selfs onlangs die Menseregtekommissie (MRK) gevra om te help.
Plaaseienaar soek R30 miljoen maar Tshwane gee R90 miljoen
Die eienaar het sy plaas teen R30 miljoen aangebied, maar die Tshwane-metro het verkies om R90 miljoen daarvoor te betaal; mits ’n middelman met die regte politieke verbintenisse deel van die transaksie kon wees.
Toetsbeampte vas oor ‘bedrog’ met rybewyse
Die optrede teen die 60-jarige man het gevolg na inligting vroeër die week ontvang is dat hy glo bestuurslisensies uitreik sonder om die aansoekers te toets.
Hulp stroom in ná Sutherland-brand
Die brand in die droogtegeteisterde Sutherland, waarin sowat R100 000 se veevoer in vlamme opgegaan het, het skaars 24 uur later ʼn positiewe nadraai gehad.
Brandstigting vermoed ná voer in vlamme opgaan
Die emosionele uitwerking op die reeds brose boere kan nie in rande bereken word nie.”
Omstrede lokomotiewe: Saak gaan weer in hof draai
Die hof moet nou sê aan wie die lokomotiewe – wat tans op verskeie plekke in die land gestoor word – nou eintlik behoort.
Man gevonnis oor mishandeling van robwelpie
Die selfoonvideo van die hulpelose robwelpie wat op brutale wyse teen die kant van ʼn boot verbrysel word, het verlede jaar wêreldwyd opslae gemaak.
Talle maak miljoene uit Tshwane-grondaankope
Een gelukkige man het met meer as R94 miljoen weggestap sonder dat hy ’n sent van sy eie geld gewaag het.
Egpaar se moordenaar gevonnis
“Jy het voor hierdie hof gestaan sonder om hoegenaamd berou te toon en dít terwyl jy steeds ʼn web van leuens gespin het.”
Dubbele moorde: Beskuldigde hoor sy lot
Die Human-egpaar is op 14 Junie 2016 in hul huis in Groot-Brakrivier vermoor.
Human-moorde: beskuldigde se weergawe ‘onsin en belaglik’
Die regter het ook Lekoro se beskrywing van die aanval op wyle Tewie Human bevraagteken en dit “vreemd” genoem dat Lekoro se meeloper, Thamsanqa Sishuba, uit die bloute ʼn panga byderhand gehad het toe Lekoro vir Tewie met ʼn mes gesteek het.