Boek: Jesus se woorde vir mans

Jesus_se_woorde_vir_mans_Riekert_Botha.jpgRiekert Botha

In die vier Evangelies lê ’n skatkis van wyshede wat Jesus self met mense gedeel het. Met Jesus se woorde vir mans daag Riekert Botha mans uit om werklik te luister na wat Jesus gesê het.

Jesus se woorde vir mans se 366 kort en kragtige boodskappe deur die bekende radiopersoonlikheid en skrywer is die ideale dagboek vir mans. Elke dagstuk begin met ʼn teksvers wat Jesus se woorde bevat waarna mans Jesus se woorde vanuit ’n nuwe perspektief sal beskou deur dit saam met Riekert te bestudeer. Temas soos reg en verkeerd, Jesus se gesindheid en vertroosting word bespreek.

Elke dagstuk in Jesus se woorde vir mans is in bruin gedruk en word afgerond met ’n gebed vir die dag óf praktiese toepassing om Jesus se woorde te gaan lééf!

Oor die outeur:

Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel- reeks wat hul oorsprong in RSG-uitsendings gehad het. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R139.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leonard de Lange ·

R49.95 onderhewig aan R90 verandering wat dit na R139.95 verander.

Gina Slabbert ·

Ek is opsoek na die boek van Riekert. Kan enige iemand my sê waar is die naaste CUM boek handelaar ek bly in Hartbeespoort

Sune van Heerden ·

Dagsê Gina

Dankie vir jou boodskap! Daar is ongelukkig nie ‘n CUM-boekwinkel in Hartbeespoort nie. Dit lyk of jou naaste winkel in Pretoria sal wees. Hier is ‘n skakel na hulle webwerf met die verskillende takke: http://www.cumbooks.co.za/storelocator

Sterkte!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.