Wanneer mense oor die Bosoorlog praat, is digkuns moontlik die laaste ding waaraan hulle dink, maar daar is ʼn nuwe digbundel wat dié opvatting kan verander.
Nubes Belli is ʼn versameling gedigte deur gevestigde digters en alledaagse volksdigters en is saamgestel om gedigte en verse uit die lewe van die Bosoorlog-veterane en hul families te bewaar.
Dawid Lotter is die samesteller van hierdie digbundel en Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Lees ook een van die gedigte wat deel vorm van Nubes Belli.
Ek is trots om te se dat my man se gedigte ook in die boek gaan verskyn!
Ek het self op die grens gebly vir baie jare en kan met Dawid Lotter se werke meeleef met wat hulle moes deurgaan en beleef.
Dawid Lotter se gedigte gelees, dit het n diepte eie aan die menswees van die wat sulke dinge ervaar het. .
Die digbundel word versprei deur Bush War Books en kan hier bestel word:
http://www.warbooks.co.za/products/nubes-belli-oorlogswolke-clouds-of-war-compiled-by-dawid-lotter
Wat die boek vir my uniek maak is die totaal verskillende maniere waarop die gedigte geskryf is, die merke wat die oorlog op elke een gelaat het, so anders, maar tog so dieselfde.
Magtige land met n magtige weermag…hoe het ons almal dit so sleg verloor! Veral aan n grootliks buitelandse heerser.