Lede van die Rebelle-groep op Facebook

Koos de la Rey

Koos de la Rey

Koos de la Rey

Gebore: 22 Oktober 1847

Sesde kind van Adrianus Johannes Gysbertus de la Rey en sy vrou, Adriana Wilhelmina van Rooyen.

Geboorteplek: Die plaas Doornfontein, digby Winburg in die destydse Transoranjegebied, wat tans as die Vrystraat bekendstaan.

Skool bygewoon: Tuisonderrig ontvang.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 groot roem as krygsman en as assistent-kommandant-generaal vir Wes-Transvaal verwerf.

Huwelikstaat: Tree in 1876 met Jacoba Elizabeth (Nonnie) Greeff in die huwelik. Hulle het tien kinders.

Woon op die plaas Elandsfontein vlak buite Lichtenburg in Wes-Transvaal waar hy boer.

Sedert 1910 ‘n lid van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika.

Christiaan Beyers

Gebore: 23 September 1869.

Derde kind van Christiaan Frederik Beyers en sy vrou, Anna Maria van der Bijl.

Geboorteplek: Die plaas Zorgvliet, by Banghoek digby Stellenbosch in die destydse Kaapkolonie, wat tans as die Wes-Kaap bekendstaan.

Onderrig: Stellenbosche Gimnasium en die Victoria-kollege, Stellenbosch. In Pretoria as prokureur bekwaam.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 bekendheid verwerf as ‘n Boeregeneraal en as voorsitter van die vredesbyeenkoms by Vereeniging.

Huwelikstaat: Tree in 1896 met Mathilde König in die huwelik. Hulle het geen kinders nie.

Woon in Pretoria.

Sedert 1912 die Kommandant-Generaal van die pasgestigte Unieverdedigingsmag.

Christiaan de Wet

Christiaan de Wet

Christiaan de Wet

Gebore: 7 Oktober 1854.

Sesde seun van Jacobus Ignatius de Wet en sy vrou, Aletta Susanna Margaretha Strydom.

Geboorteplek: Die plaas Leeuwkop in die distrik Smithfield van die Republiek van die Oranje-Vrystraat.

Skool bygewoon: Hoofsaaklik net tuisonderrig ontvang.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 groot roem as krygsman en as hoofkommandant van die Republiek van die Oranje-Vrystaat verwerf.

Huwelikstaat: Tree in 1874 met Cornelia Margaretha Kruger in die huwelik. Hulle het sestien kinders.

Woon op die plaas Allanvale, naby Memel in die noordooste van die Oranje-Vrystaat, waar hy voltyds boer.

Theunis Steyn

Theunis Steyn

Theunis Steyn

Gebore: 2 Oktober 1857.

Vierde kind van Marthinus Steyn en sy vrou, Cecilia Johanna Wessels.

Geboorteplek: Die plaas Rietfontein, digby Winburg in die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat.

Onderrig: Grey-kollege, Bloemfontein en die gimnasium van Deventer, Nederland. In Engeland as regsgeleerde opgelei, tot die Inner Temple en tot die balie toegelaat.

In 1896 tot staatspresident van die Oranje-Vrystaat verkies en dien met onderskeiding tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902.

Huwelikstaat: Tree in 1887 met Rachel Isabella (Tibbie) Fraser in die huwelik. Hulle het vyf kinders.

Woon op sy plaas Onze Rust, sowat tien kilometer suid van Bloemfontein, Oranje-Vrystaat.

Ondervind sedert die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog ernstige gesondheidsprobleme maar bly as openbare figuur op die voorgrond.

Barry Hertzog

Barry Hertzog

Barry Hertzog

Gebore: 3 April 1866.

Sewende kind van Johannes Albertus Munnik Hertzog en sy vrou, Susanna Maria Jacoba Hamman.

Geboorteplek: Die plaas Soetendal in die distrik Wellington, in die destydse Kaapkolonie, wat tans as die Wes-Kaap bekendstaan.

Universiteite bygewoon: Victoria-kollege, Stellenbosch; Universiteit van Amsterdam, Nederland.

Verwerf tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 groot roem as krygsman en as assistent-hoofkommandant vir die suidwestelike distrikte van die Oranje-Vrystaat.

Huwelikstaat: Tree in 1894 met Wilhelmina Jacoba (Mynie) Neethling in die huwelik. Hulle het drie seuns.

Woon in Goddardstraat, Bloemfontein, Oranje-Vrystaat.

Sedert 1910 ‘n Volksraadslid en leier van die pasgestigte Nasionale Party.

Manie Maritz

Manie Maritz

Manie Maritz

Gebore: 26 Julie 1876.

Die oudste seun van Johannes Stehanus Maritz (‘n kleinseun van die Voortrekkerleier Gert Maritz) en sy vrou, Anna Coetzee.

Geboorteplek: Kimberley, in die destydse Kaapkolonie, wat tans as die Noord-Kaap bekendstaan.

Skool bygewoon: Tuisonderrig ontvang.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 naam gemaak as Boere-offisier in die Wes-Kaap en deur generaal Jan Smuts tot die rang van generaal bevorder.

Huwelikstaat: Tree in 1907 met Emma Frances Nel in die huwelik. Hulle het vier kinders.

Sedert 1912 ‘n offisier in die Unieverdedigingsmag – aanvanklik majoor maar onlangs tot die rang luitenant-kolonel bevorder. Is op Upington gestasioneer.

Jan Kemp

Gebore: 10 Junie 1872.

Die tweede jongste seun van Jurie Johannes Kemp en sy vrou, Maria Aletta Greyling.

Geboorteplek: ‘n Plaas naby Amersfoort in die suidooste van Transvaal.

Skool bygewoon: Staatsgymnasium, Pretoria.

Tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 naam gemaak as een van die mees bekwame en waaghalsige veggeneraals onder bevel van generaal Koos de la Rey in Wes-Transvaal.

Huwelikstaat: Tree in 1903 met Anna Emma Bodenstein in die huwelik. Hulle het drie kinders.

Woon op Potchefstroom waar hy dien as ‘n offisier in die Unieverdedigingsmag met die rang van majoor.

Jopie Fourie

Gebore: 27 Augustus 1878.

Die oudste seun van Joseph Johannes Fourie en sy vrou, Anna Sophia Margaretha Pretorius.

Geboorteplek: Die familieplaas Wildebeesthoek in die destydse distrik Pretoria, aan die noordekant van die Magaliesberg, sowat 20 kilometer noordwes van die middedorp geleë.

Skool bygewoon: Grey-kollege in Bloemfontein.

Tydens die Anglo-Boereoorlog in 1901 in sy regterbeen bokant die knie gewond. Hy het herstel, maar is sedertdien mank in sy been.

Huwelikstaat: Tree in 1903 met Susan Engelmohr in die huwelik. Hulle het nie kinders nie.

Woon op sy geboorteplaas Wildebeesthoek waar hy boer en ook werksaam is as die staatsinspekteur van brandsiekte en van beeste in daardie deel van die distrik.

Sedert Julie 1913 lid van die aktiewe burgermag van die pasgestigte Unieverdedigingsmag met die rang van kaptein in die 13de Berede Skutters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.